"Voor die huis was ’n appelkoosboom" deur Murray La Vita, kategoriewenner in Netwerk24 se Om te skryf-kompetisie

“Die paradys van my kinderdae was gebou op die smart en verlies van ander mense. Ek moes seker drie jaar oud gewees het toe ek saam met my ma en my ouma en oupa uit hul ou skakelhuis in Negende Laan, Mayfair, na die nuwe buurt Triomf getrek het waar ons een van die pas geboude drieslaapkamerhuise betrek het.”