’n Onderhoud met Michael Green, kategoriewenner in Netwerk24 se Om te skryf-kompetisie

“’n Skrywer moet seker nie in ’n boksie pas nie, maar in my geval het ek nie ’n ander keuse nie. Ek is eerstens ’n sportskrywer en dit betaal die rekeninge. Al die ander goed wat ek skryf (boeke, kortverhale, musiekvideo’s, whatever), is om kreatiewe bevrediging te probeer kry.”