
Boekomslag: Anton Rupert – Die lewe van ’n sakelegende deur Ebbe Dommisse (Tafelberg)
Anton Rupert. Die lewe van ’n sakelegende
Skrywer: Ebbe Dommisse
Uitgewer: Tafelberg (Maart, 2024)
ISBN: 9780624094739
Anton Rupert – Die lewe van ’n sakelegende handel oor die verstommende storie van ’n sakelegende wat een van Afrika se welvarendste maatskappye uit niks opgebou het.
Wat was Anton Rupert se geheim? Sy sienings oor die skepping van werk en welvaart in ’n sukkelende ekonomie is sy blywende nalatenskap met diepgaande lesse vir Suid-Afrika vandag. Sy storie is meer relevant as ooit.
Hier vertel die gesoute sakeskrywer Ebbe Dommisse die volle verhaal, met kleur en anekdotes, in dié bygewerkte uitgawe van sy hoogaangeskrewe biografie van Rupert.


Kommentaar
Ek het hierdie biografie onlangs gelees en was erg beïndruk met Rupert se moraliteit, werkywer, kulturele ingesteldheid - en al sy begaafdhede wat hy in sy werksomstandighede en gesinslewe ingespan het. Net daarna tydens 'n besoek aan die Boland het ek spesiaal na sy kunsgalery gery - ongelukkig was dit gesluit; hoe jammer tog.