
Romansiers Michiel Heyns en Fanie (SJ) Naudé in gesprek met boekeresensent Jonathan Amid by die eerste Oude Leeskamer Skrywersaand op 29 Februarie 2024. Foto: Laura Maggs
Die Oude Leeskamer Skrywersaande bring diverse en veeltalige skrywers bymekaar om toeganklike dog prikkelende gesprekke vir die publiek oop te stel. Die eerste gesprek in die reeks het die bekroonde romansiers en vertalers Michiel Heyns en Fanie Naudé betrek om onder andere die romankuns, identiteitspolitiek in fiksie, die vraagstuk van grense in die plaaslike letterkunde, hul proses en die vraagstuk van vertaling aan te spreek. Jonathan Amid was die gespreksleier en sal ook die res van die gesprekke in die reeks lei.
Die volgende Skrywersaand vind op 11 April plaas. Beide Andrew Brown en Lester Walbrugh, wie se boeke deur Karavan Press uitgegee word, sal deelneem.
Lees ook:
It might get loud by Ingrid Winterbach (translated by Michiel Heyns): the uncut review
UJ Prize for Literary Translation 2022: SJ Naudé’s acceptance speech