Eerder as die benouende formaat van ’n tradisionele kort gesprek met een skrywer oor ’n jongste titel, plaas hierdie reeks twee skrywers en die gespreksleier in dialoog: oor die skryfkuns en hul skryfproses, hul wêreldbeskouing, die rol van die skrywer plaaslik en wyer, die betowering en uitdagings van die woord en die unieke karakter van die onderskeie skrywere se skryfkuns en stem.
Jonathan Amid, resensent, vertel meer van sy inisiatief in samewerking met Oude Leeskamer en verskeie uitgewers: “Die idee is om Stellenbosch, eers in die somer en hopelik later regdeur die jaar, as lewendige gespreksruimte oor die letterkunde te geniet en te ontgin. Skrywers, wyn, wydlopende gesprek en ’n lekker en toeganklike venue oop vir die publiek. Die gesprekke is en bly gratis. Onthou om te bespreek en kom geniet die aand saam met ons!”
Die eerste Skrywersaand met Michiel Heyns, SJ Naudé en Jonathan Amid vind 29 Februarie 2024 om 18:00 plaas.
Jannie se Leeskamer, Dorpstraat 182, Stellenbosch
Besprekings: events@oudeleeskamer.org
Kommentaar
Ek woon graag die gesprek by. Die ruimte is uitsonderlik.
Sien jou daar.
Ek woon graag die gesprek by.