
Ina Rousseau: Digter van die kwiksilwerwoord, ’n huldiging deur Daniel Hugo (Naledi)
Ina Rousseau, digter van die kwiksilwerwoord: ’n huldiging
Redakteur: Daniel Hugo
Uitgewer: Naledi (November, 2023)
ISBN: 978199125644
In hierdie huldigingspublikasie word daar met vars oë gekyk na Ina Rousseau as digter, kortverhaalskrywer en vertaler. Sy was ’n eindeloos presiese en perfeksionistiese samevoeger van klinkende frases wat langsaam oor ’n tydperk van vyf dekades soos ’n koraalrif aangegroei het tot verse, digbundels en ’n indrukwekkende oeuvre. Haar heilsame, ambagtelike invloed is duidelik te bespeur in die werk van Afrikaanse digters sedert die tagtigerjare van die vorige eeu.
Rousseau se Engelse vertalings van haar eie gedigte is ook by hierdie bundel ingesluit. Dit is nog nêrens elders volledig gepubliseer nie.
Sy ontvang die Reina Prinsen Geerligsprijs voor Zuid-Afrika vir haar debuut Die verlate tuin (1954) en die Hertzogprys vir haar laaste selfstandige bundel ’n Onbekende jaartal (1995). Hierdie twee bekronings omkring as’t ware haar skrywersloopbaan: ’n kwiksilwersirkel.


Kommentaar
'n Pragtige boek: dankie, mnr. Hugo. Ek sal baie graag ook boeke oor Wilma Stockenstrom, Karel Schoeman en Ingrid Winterbach in hierdie reeks wil lees. Ek hoop daar word sulke boeke beplan.
Beste Sandra
Die Wilma Stockenström-huldigingsbundel sal (hopelik) vanjaar verskyn!
Vriendelike groete
Ronel Foster
Stellenbosch Universiteit se biblioteek probeer 'n kopie in die hande kry van Ina Rousseau, digter van die kwiksilwerwoord: ’n huldiging. Ons boekverskaffers, Clarkes Bookshop en ook Van Schaik, kry hierdie boek nie in die hande nie. Is daar 'n manier hoe ons 'n kopie van hierdie boek vir ons versameling kan kry?
Beste mnr Claasen
Die Hertzogprys-huldigingsbundels is uitgegee deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Hulle behoort nog eksemplare in hul e-winkel te hê.
Die skakel is:
https://www.akademie.co.za/products/hertzogpryswennergedenkbundels
Ek hoop daar is nog eksemplare beskikbaar!