Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Waarom by ’n uitgewer aanklop eerder as om self te publiseer?

Kerneels Breytenbach Seminare en essays 2023-07-27

"Mens het uiteindelik spesialiste nodig op die meeste gebiede. Jy sal nie ’n ambulansman vra om jou beenmurgkanker te behandel nie."

Waarom skryf ek Afrikaans: Kaapse struggledigter gepubliseer

Izak de Vries Boeke en skrywers 2023-07-26

"Dit het hoegenaamd nie gesorg dat hy stilgebly het nie. Hy het aanhou skryf onder skuilname, en koeriers, onder wie Allan Zinn, een van die redakteurs van die bundel, het leeswerk vir hom gebring en sy skryfwerk uitgesmokkel."

Estelle Kruger gesels met Rudi Venter oor ’n Skewe, skurwe sirkel

Estelle Kruger, Rudi Venter Skrywersonderhoude 2023-07-26

"Ek hou daarvan om te verras aan die einde, die leser te laat gis op die leestog soontoe. Sodoende verseker ek dat sy of hy sal aanhou lees en nie verveeld raak einde toe nie. As jy ’n jong leser gaan verveel, gaan jy daardie leser verloor."

Pasverskyn: Die binneland in deur Dana Snyman

LitNet Boeke en skrywers 2023-07-26

Hy rou oor dié wat weggeval het, soos die ikoniese Fred Mouton. Hy gesels met Pipo die clown, die karwag wat Adriaan Vlok onthou en oom Bok Horn wat ’n leeu uitoorlê het.

Jan Smuts, 1870–1950, ’n fotobiografie: ’n resensie

Ruhan Fourie Resensies 2023-07-26

"Die skreiende ironie byvoorbeeld, dat Smuts op wêreldverhoë kon praat oor demokrasie en vryheid, maar tuis wit oppergesag en rassediskriminasie gehandhaaf het, word verdoesel."

The "real" pearl of the sea: ’n Leser se indruk van die grafiese roman Pearl of the Sea

Irene Schoonwinkel Lesersindrukke 2023-07-25

"Die uitleg, vloei en alternatiewe komposisie van die strokiesprentpanele sal dit soos ’n film laat voel wat voor die leser afspeel. As dit die vlak van kwaliteit is wat lesers van Triggerfish Animation Studios se strokiesprente kan verwag, kan ek nie wag vir die volgende een nie!"

Raaiselroman: ’n lesersindruk van Ons skulde deur PP Fourie

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-07-25

"Fourie slaag meesterlik daarin om die leser die heeltyd aan die raai te hou. En jou naels te kou."

Om ’n boek te skryf, ’n ontdekkingsreis

Estelle Kruger Boeke en skrywers 2023-07-24

"Met die skryf en herskryf van my lewensverhaal het ek ontdek dat Kammawaarwêreld die perfekte kruik is waarin ek die legkaartstukke van my herinneringe aan my belewenisse oor die jare heen kan bêre en met skryf en weer skryf kan neerpen nadat ek al die stukkies geplaas het op die plekke waar hulle hoort."

Persverklaring: NALN 50 | Met 'n pouveer in die hoed: Klinkklaar vier nege vrouedigters op Vrouedag

LitNet Musiek 2023-07-24

Toonsettings deur Joanita Erasmus-Alt met voorlesings en gesprek deur Karen de Wet vier die poësie van Sheila Cussons, Joan Hambidge, Ingrid Jonker, Antjie Krog, Bibi Slippers, Elisabeth Eybers, Heilna du Plooy, Petra Müller en Wilma Stockenström.

Jan FE Celliers (1865–1940)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-07-24

Jan FE Celliers se LitNet | ATKV-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.

’n Ander land, steeds weer: Karel Schoeman-gedenklesing

Yves T'Sjoen Seminare en essays 2023-07-24

"Geschiedenisboeken zijn niet meer maar ook niet minder dan constructies, geen één-op-één weergaven van het verleden. De schrijver van historische romans gaat met het verleden aan de haal en creëert een fictioneel verhaal waarin een visie op dat verleden tot stand wordt gebracht."

Boekbekendstelling: Ontaard deur Pieter Odendaal, Kaapstad | 27 Julie 2023

LitNet Boeke en skrywers 2023-07-21
Pieter Odendaal stel Ontaard, sy tweede bundel, bekend by Book Lounge in Kaapstad op 27 Julie 2023. Bibi Burger gesels met Pieter Odendaal en Allison-Claire Hoskins lei die gesprek.

Pasverskyn: Rapport 30 beste Bokke deur Dawie Boonzaaier

LitNet Boeke en skrywers 2023-07-21

Wie is die beste Springbok van die moderne era? Hoe kies jy tussen Bakkies Botha en Eben Etzebeth? Moet Os du Randt of Beast Mtawarira jou skrum anker?

Uitdagings en voordele van selfpublikasie: ’n onderhoud met Francine Beaton

Cliffordene Norton, Francine Beaton Skrywersonderhoude 2023-07-21

Onafhanklike outeur Francine Beaton, wat voortaan haar boeke onder die drukkersnaam Fleur Publishing sal uitgee, deel haar ervaringe en insigte oor die selfpublikasiebedryf. Sy het gekies om die selfpublikasierigting te neem nadat sy besef het dat die tradisionele publikasieproses te lank neem.

Waarom word ons opgelei om nét skrywers te wees en nie entrepreneurs nie?

Cliffordene Norton Boeke en skrywers 2023-07-21

"Die verbinding van kreatiewe en sakevaardighede is noodsaaklik vir skrywers in die moderne landskap. Aspirantskrywers moet nie net meesterlike woordkunstenaars wees nie, maar ook skerpsinnige entrepreneurs. Deur hierdie dubbele rol te omarm, kan skrywers met vertroue die veranderende uitgewersbedryf trotseer, geleenthede benut en hul volle potensiaal as suksesvolle skrywers verwesenlik."

Book discussion and interview on the Juta publication: Copyright reform or reframe?

Catrina Wessels, Owen Dean Books and writers 2023-07-20

"[The Copyright Amendment Bill] will do inestimable damage to our law of copyright and related areas. Perhaps worst of all, if made law, they will cause immense harm to the very people they purport to be assisting, namely the authors, the composers, the artists and generally the creative persons who seek to produce new and better works and make a livelihood from doing so."

Press release: One-man shows: The Mandela rainbow honeymoon (1992–1999) by Pieter-Dirk Uys

LitNet Books and writers 2023-07-20

The first volume is already being shared by school children in South Africa. They choose sketches from the revues of the 1980’s and give them life. ... Volume Two could raise similar questions for readers with humour, surprises and the enjoyment of the Mandela years. No wonder it was being launched on Madiba Day 18 July 2023.

Roman deur Cas Wepener: ’n leeskringbespreking

Chris van der Merwe Leeskringe 2023-07-20

"Dit bevat fassinerende stories, boeiende karakters en prikkelende insigte, op ’n meesterlike wyse in die struktuur van die roman geïntegreer."

Verhale van hoop: ’n onderhoud met Pieter van Zyl

Naomi Meyer, Pieter van Zyl Skrywersonderhoude 2023-07-20

"Elke dag moet ’n geestesgesondheidsdag wees ..."

Persverklaring: Digkunsleiding by ’n digtersdorp

LitNet Slypskole 2023-07-20

Sutherland se Louwhuis en -museum en die ATKV-Skryfskool bied ’n poësiewerkswinkel aan. Bernard Odendaal, Afrikaanse digter, digkunskenner en voormalige direkteur van die ATKV-Skryfskool, sal op Vrydagmiddag 18 Augustus en Saterdagoggend 19 Augustus 2023 ’n poësiewerkswinkel op die Roggeveldse plaas Klipkraal buite Sutherland lei.

Top