Boekbekendstellings: Onkant! deur Hendrik Hancke | 9 September, Stellenbosch en 14 September, Pretoria

  • 0
Onkant! ’n Rugbyliefdesverhaal deur Hendrik Hancke
Boekbekendstellings in Stellenbosch en Pretoria

Het jy al ooit gewonder hoe dit moet voel om vir die Springbokke gekies te word of hoe 50 000 ekstatiese ondersteuners op die pawiljoen klink?

Met die Rugbywêreldbeker om die draai, het Hendrik Hancke die land deurkruis om met oud-Springbokke en ander rolspelers, insluitend breiers en’n skeidsregter, te gesels oor hul liefde vir rugby. Hulle deel oomblikke in die kleedkamer, persoonlike oorwinnings en voorheen ongepubliseerde stories oor wat van die veld af en op toer gebeur.

Schalk 'Schalla' Brits verduidelik waarom dit so noodsaaklik vir ’n Springbok is om ’n spanspeler te wees, terwyl Gcobani Bobo aangrypend vertel van sy reis met rugby van King Williamstown tot Nieu-Seeland. Frik du Preez verklap weer hoe hy en ’n voormalige Nobelpryswenner mekaar gevind het oor hul gedeelde afkeer van Brusselse spruite en Jean de Villiers gesels oor die hoogtepunte en uitdagings van Springbok-kaptein wees.

As jy Saterdagmiddae kliphard vir die televisie skree of op die sypaadjie sal slaap vir ’n kaartjie na ’n groot wedstryd, dan is dié boek vir jou!

  • 9 September, Stellenbosch
    Hendrik Hancke in gesprek met Emile Joubert, joernalis en skrywer 

  • 14 September, Pretoria
    Hendrik Hancke in gesprek met Jody Hendricks, RSG-sportaanbieder


Oor die skrywer

Hendrik Hancke is ’n joernalis by die Sunday Times in Johannesburg. In ’n vorige lewe was hy ’n digter, dramaturg en ’n bestuurder van kunstenaars. Hendrik was sedert sy kinderdae nog altyd mal oor rugby.  

Hendrik het etlike jare by Rapport gewerk waar hy in 2017 twee Legend24-toekennings ontvang het vir ondersoekende joernalis en feature-skrywer van die jaar. Hy het ook talle sportstories vir Rapport geskryf.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top