
Die FAK in die Wes-Kaap nooi jou graag uit na ’n geleentheid om die 90ste herdenking van Ingrid Jonker se geboortejaar te vier. Ingrid Jonker is op 19 September 1933 op Douglas in die Noord-Kaap gebore.
Nie net is haar gedigte bekend en steeds baie gewild nie, maar talle daarvan is ook deur die jare deur verskeie kunstenaars getoonset. Voorbeelde hiervan is in FAK Sangbundel 2 opgeneem.
Kom geniet op 16 September 2023 ’n middag saam met ons wanneer ons Ingrid Jonker onthou in woord, vers en klank. Die geleentheid word aangebied in vennootskap met SASNEV.
Die program sluit in:
- ’n gedenklesing oor die lewe en werk van Ingrid Jonker deur Dorothea van Zyl
- voordrag van haar gedigte deur Amory Smith, wenner in die FAK Afrikaans-Ekspo se poësiekategorie in 2021
- sanguitvoering van toonsettings van Ingrid Jonker-gedigte deur Simoné Cloete, waarnemende toerismebestuurder van die Voortrekkermonument-erfenisterrein.
Bespreking en ’n EFT-betaling word vir logistieke doeleindes teen Donderdag 14 September 2023 vereis.
Bespreek by die volgende skakel: https://forms.gle/P2Fudc2c3ck16PUE6


Kommentaar
Onlangs is bij Stichting de Kaneelfabriek een vertaling verschenen van de biografie van Petrovna Metelerkamp 'Ingrid Jonker - Beeld van 'n digterslewe, 2003' en een aanvullende samenvatting van 'Ingrid Jonker - 'n Biografie, 2018'.
Succes met de herdenking!