Pasverskyn: vernietig deur Michel Houellebecq

  • 0

vernietig
Michel Houellebecq

Vertaler: Johann Rossouw
Uitgewer: Naledi
ISBN: 9781991256409

vernietig is die Afrikaanse vertaling van die jongste en stellig die snydendste, wydlopendste roman nog uit die pen van Frankryk se invloedrykste en mees omstrede lewende romansier, Michel Houellebecq.

Soos slegs hy kan, vertel Houellebecq aan die hand van die pakkende verhaal van die hooggeplaaste Franse Tesourie-amptenaar Paul Raison en sy familie ook die verhaal van hoe die Weste onder die bedreiging van vernietiging staan – sowel van sy vyande as deur sy eie wortels aan te val. Moderne begeerte, die massamedia, die stryd van bejaardes en eensames, en menslike sterflikheid word ondersoek.

Tegelyk ’n tragiese ideëroman, ’n politieke riller en ’n bytende satire van die woke kultuur en eietydse geklikhede in die naam van spiritualiteit, bied vernietig ’n unieke insig in die lot van die hedendaagse wêreld wat die leser eweseer van die lag laat uitbars as tot trane van droefheid beweeg.

Met hierdie vertaling bring die bekende Afrikaanse filosoof, romansier en openbare intellektueel Johann Rossouw hierdie groot roman na die Afrikaanse leser op soek na onvergeetlike literêre fiksie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top