Die Kaapse Vlakte-boekefees 2023: Diana Ferrus se indrukke

  • 1
..........
Op die feespamflet staan geskryf: "This is no ordinary book festival, it comes with a vision of transforming a seeming desert into a magnificent forest. This is the Cape Flats Book Festival."
...........

Diana Ferrus (foto: verskaf)

Hierdie fees word jaarliks deur Athol Williams en sy vrou Taryn Lock gereël.

Dit is die enigste fees waaraan ek kan dink wat aangebied word vir die mense tussen die mense. Die Weseinde Primêre Skool (Westend Primary School), Merrydalelaan, Lentegeur, Mitchells Plain, is waar die fees plaasvind. Dit maak my opgewonde, omdat dit 'n fees is waar mense nie hekgeld betaal of ver moet loop om in te kom nie. Die gemeenskap bly om die skool en vir besoekers is daar genoeg parkeerplek op die skoolterrein.

Mia Arderne, Karina Szczurek and Chantal Steward (foto: verskaf)

Ek het die fees op Sondag 5 November bygewoon en ook opgetree. Voor my optrede het Naomi Meyer en Elsibe McGuffog stories vir kinders gelees. Dit was 'n interaktiewe sessie en die kinders het dit geniet.

.........
Hierdie fees het vir my vinnig verrys na 'n  volwaardige boekefees. Boekbesprekings, optredes, boekverkopers – almal was daar. Gesogte en belowende skrywers was daar. Die lokale waarin die aktiwiteite plaasgevind het, was naby mekaar met 'n sentrale uitstallingsruimte wat heerlik koel was onder beskutting teen die son.

Wat egter gepla het op die Sondag, was dat daar nie so baie feesgangers was nie. Miskien was dit omdat mense kerk toe gaan, maar ek wil tog die hoop uitspreek dat dit volgende jaar ook op die Sondag so vol sal wees soos dit op die Saterdag was.

Desnieteenstaande moet die organiseerders gelukgewens word met 'n fees vir die mense tussen die mense wat definitief die potensiaal het om een van die grootste feeste in ons land te word.

Op die feespamflet staan geskryf: "This is no ordinary book festival, it comes with a vision of transforming a seeming desert into a magnificent forest. This is the Cape Flats Book Festival."

Lees ook:

An interview with Taryn Lock on Read to Rise and The Cape Flats Book Festival on 4 and 5 November 2023

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

    Top