
Die Lees en kyk met begrip-reeks word uitgegee deur Best Books (NB-Uitgewers)
Lees en kyk met begrip: Graad 9 Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Saamgestel deur Marnel Agenbag
Uitgewer: Best Books
ISBN: 9781776074099
Die Lees en kyk met begrip-reeks fokus op visuele tekste asook leesbegrip, en is perfek vir addisionele materiaal. Dit is gemik op leerders in graad 7 tot 9 vir Afrikaans Eerste Addisionele taal. Hierdie titel sluit artikels asook visuele tekste soos advertensies, strokiesprente en opsommings met vrae in om leesbegrip te oefen. Dit is KABV-gerig.

