Skrywersonderhoude

LitNet gesels met skrywers, vir die storie agter die stories.

LitNet talks to writers, for the story behind the stories.

ATKV-Woordveertjiewenner Dina Botha: ’n Gesprek

Izak de Vries, Dina Botha Skrywersonderhoude 2020-11-09

"My uitgewer het al ’n manuskrip teruggestuur omdat sy nie op die held verlief kon raak nie. Daar het jy dit. Almal moet op die held verlief raak. Van skrywer tot leser."

Voëlvrou: ’n onderhoud met Marlize Hobbs

Naomi Meyer, Marlize Hobbs Skrywersonderhoude 2020-11-04

"Ons skep ons eie waarhede. Lesers besluit self wat hulle wil glo en wat hulle nie wil glo nie, maar glo mý dan: Die emosies in die verhaal is universeel vir ons almal."

Pienk ceramic-hondjies deur Ryan Pedro: ’n onderhoud

Liné Loff, Ryan Pedro Skrywersonderhoude 2020-10-21

"So much soos wat die boek ’n vraagstuk oor coloured masculinity is, is dit ook ’n portrait van hoe ek dit observe het as ’n laitie."

Staatskaping maak korrupsiemodder nóg taaier

Melt Myburgh, Johann van Loggerenberg Onderhoude 2020-10-19

"Ek moet byvoeg dat die effek van staatskaping die klimaat vir korrupsie geweldig aangewakker het. Skielik was ons krimineleregstelsel en die SAID gebreek en was daar geen ware bedreiging vir skelms nie, en dit het hulle net meer aangespoor."

Senekal: Vigilantes, speurders en die stadige aksie van regsake

Izak de Vries, Dibi Breytenbach Skrywersonderhoude 2020-10-08

"Op daardie stadium was die landbougemeenskap in my distrik op breekpunt. Die mense – boere en plaaswerkers – het gevoel dat daar nie ag geslaan word op hulle vrese nie, dat niemand vir hulle luister nie en dat niemand omgee of hulle aangeval word of nie."

Emigreer of bly: ’n onderhoud met Stephan Joubert

Naomi Meyer, Stephan Joubert Skrywersonderhoude 2020-10-07

"Daarom wou ek nie voorskriftelik wees rondom ry-of-bly-keuses nie. Maar ek wou ten minste darem ook bydra daartoe dat mense hulle eie beginsels, motiewe en beweegredes goed in die oë kyk oor hoekom hulle dit wil doen, of nie wil doen nie, of hoekom hulle dit alreeds gedoen het. Eerlikheid bring gewoonlik ’n stuk nugterheid en deursigtigheid mee."

Wolk se Hannes Barnard nou ook internasionaal

Izak de Vries, Hannes Barnard Skrywersonderhoude 2020-10-05

Hannes Barnard se eerste roman, Halley se komeet, is pas deur ’n Amerikaanse uitgewer gekoop om dit wêreldwyd in Engels te versprei. Sy tweede roman, Wolk, maak tans opspraak.

Storieboeke vir "vrylees" net so belangrik as Wiskunde in Nederlandse skole

Izak de Vries, Solet Scheeres Onderhoude 2020-09-29

In Suid-Afrika mor baie leerders oor die boeke op voorgeskrewe lyste wat hulle moet lees. Hoe dink Nederlandse skole oor die boeke wat hul leerders in die klas lees? Izak de Vries het dié vraag aan Solet Scheeres gevra. Sy is ’n dosent in Engels by d’Oultremontcollege in Drunen, Nederland.

Laaste lewe: ’n Zoom-gesprek met Fanie Viljoen

Johannes Meyer, Fanie Viljoen, Izak de Vries Skrywersonderhoude 2020-09-29

In hierdie Zoom-gesprek praat Fanie Viljoen met Izak de Vries en Johannes Meyer oor Fanie se jongste boek – die grafiese roman, Laaste lewe.

kykNET-Rapport-boekpryse 2020: ’n onderhoud met Carel van der Merwe

Naomi Meyer, Carel van der Merwe Skrywersonderhoude 2020-09-23

"Die doel van ’n biograaf is natuurlik om kliniese feite bloot te lê, maar dit is nie naastenby genoeg nie, want ’n biografie wat net daaruit bestaan, sou baie vervelig wees. ’n Biograaf se taak is om vlees en bloed aan sy of haar subjek te gee."

Wini se Krismisboks vol stories!

Melt Myburgh, Wini Esterhuizen Skrywersonderhoude 2020-09-22

"Ek glo mos ’n mens moenie sonde in alles probeer sien nie. As jy ’n vurk sien lê, is daar nie noodwendig ’n duiwel naby nie!"

kykNET-Rapport-boekpryse 2020: ’n onderhoud met Zirk van den Berg

Naomi Meyer, Zirk van den Berg Skrywersonderhoude 2020-09-21

"Dit was soos om iets by kerslig te sien – jy sien die idee van die man wat een wens het om te wens, en dat hy ʼn begrafnisondernemer is. Dit was met een oogopslag duidelik. Alles rondom was duisternis."

kykNET-Rapport-boekpryse 2020: ’n onderhoud met Theo Kemp

Naomi Meyer, Theo Kemp Skrywersonderhoude 2020-09-21

"Met Skool het ek berekend gewerk: Ek was vir ’n kort rukkie in die onderwys en ek wou met verbetenheid die skoolstelsel, en hoedat ons kinders in die steek gelaat word, ontbloot. Strafjaart het regtig na my toe gekom."

The ANC spy Bible: An interview with Mike Nicol on writing and editing

Naomi Meyer, Mike Nicol Books and writers 2020-09-17

"However, when you are the editor, the relationship with the people mentioned in the story is different: you do not think of them as characters. Your focus is on the structure of the book and the prose, the sound of the sentences. Consequently, I never thought of Moe Shaik as a character; he was the writer."

Fourie Botha – Penguin se geheime wapen uit die Marico

Melt Myburgh, Fourie Botha Skrywersonderhoude 2020-09-10

"Gedigte skryf is ’n klein venster wat ek oophou vir my eie persoonlikheid, want wanneer ek werk wil ek ’n skoon lei wees wat nie afgee aan ’n skrywer se skepping nie."

So byna blou: ’n onderhoud met Emile Joubert

Maryke Roberts, Emile Joubert Skrywersonderhoude 2020-09-03

"Klein flenters van die alledaagse lewe, gedagtes, gebeure ... dit steek vas, iewers. En dan, as die drang opduik, word hulle gepluk."

Geloof en die digkuns: ’n gesprek met Heilna du Plooy

Pieter GR de Villiers, Heilna du Plooy Skrywersonderhoude 2020-09-03

"Die Afrikaanse kritiek is nog steeds baie afwysend en skerp teenoor werk met ’n christelik-godsdienstige inhoud terwyl werk met ’n ideologiese inhoud weer baie hoog aangeskryf word. Dit terwyl albei gaan oor oortuigings wat nie tasbaar of bewysbaar is nie."

André Trantraal gesels oor die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020

Menán van Heerden, André Trantraal Skrywersonderhoude 2020-09-03

"Kaaps is soes een van hai ancient cities wat hulle onnerie grond ytgrawe ná iemand ’n precious ou koppie by accident daa discover et. Ôs het nou ees begin grawe en gan nog lank vat voo ôs by die foundations ytkom."

Plek van poue: ’n onderhoud met Henriëtte Linde-Loubser

Naomi Meyer, Henriëtte Loubser Skrywersonderhoude 2020-09-01

"Die pou was nog altyd vir my fassinerend, en alhoewel ek hom aanvanklik nie bewustelik gekies het nie, het ek gou begin verstaan hoekom hy met Stela se aankoms by die kasteel reeds vir haar op die muurtjie sit en wag het." 

Jeremeo Le Cordeur gesels oor die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020

Menán van Heerden, Jeremeo Le Cordeur Skrywersonderhoude 2020-08-27

"Ek het die huis met skrywers van kleur gedeel en dit het ruimte gebied vir ingewikkelde gesprekke en die deel van verskeie perspektiewe. Die konfrontasie van perspektiewe was uitdagend, maar wel ’n uiters lonende prosedure."

Top