Skrywersonderhoude

LitNet gesels met skrywers, vir die storie agter die stories.

LitNet talks to writers, for the story behind the stories.

Wys my jou Waarheid met Lidia: ’n onderhoud met Ivor Swartz

Lidia Rauch, Ivor Swartz Skrywersonderhoude 2020-11-13

In haar eerste maandelikse podsending gesels Lidia Rauch met die skrywer (Die verlore seun vannie Gaatjie, Lux Verbi 2020) en jeugdominee Ivor Swartz.

Inter-review with Colleen Higgs about her memoir, My mother, my madness

Janet van Eeden, Colleen Higgs Books and writers 2020-11-13

"I think my mother’s death released me; I felt the burden of responsibility lift from me."

23-jarige student Joha van Dyk se debuutroman landswyd gepubliseer

Marli van Eeden, Joha van Dyk Skrywersonderhoude 2020-11-13

"Ek was al aan die skryf vanaf ’n jong ouderdom en dit was nog altyd my droom om ’n skrywer te wees. Ek het op ’n punt gekom in my derde jaar op universiteit waar ek net besef het, 'Wel, ek wou nog altyd ’n skrywer wees; hoe lank wil ek nou nog wag voordat ek kanse begin waag en my manuskripte instuur vir publikasie?'"

Met die Vierkleur in Parys deur Renée Conradie: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Renée Conradie Skrywersonderhoude 2020-11-12

"Ek het eerlikwaar nie ’n doel voor oë gehad buiten om ’n storie te skryf wat hom by my aangemeld het nie."

Pharos-blokraaiwoordeboeke: ’n onderhoud vir blokraaiselliefhebbers

Naomi Meyer, Annemie Stoman Skrywersonderhoude 2020-11-11

"Elke blokraaigeesdriftige sal vir jou kan vertel van frustrasie. ... Dit was die vernaamste rede vir die skryf van Blokraai-antwoorde. Die geheim is om eers jou kennis te toets en wanneer jy op die punt is waar jy hande in die lug gooi, die boek as hulpmiddel in te span."

Boekbekendstelling: Kom hier dat ek jou soen deur Griet op de Beeck

LitNet Skrywersonderhoude 2020-11-09

Hier is nog inligting rondom die digitale boekbekendstelling op 18 November 2020.

ATKV-Woordveertjiewenner Dina Botha: ’n Gesprek

Izak de Vries, Dina Botha Skrywersonderhoude 2020-11-09

"My uitgewer het al ’n manuskrip teruggestuur omdat sy nie op die held verlief kon raak nie. Daar het jy dit. Almal moet op die held verlief raak. Van skrywer tot leser."

Voëlvrou: ’n onderhoud met Marlize Hobbs

Naomi Meyer, Marlize Hobbs Skrywersonderhoude 2020-11-04

"Ons skep ons eie waarhede. Lesers besluit self wat hulle wil glo en wat hulle nie wil glo nie, maar glo mý dan: Die emosies in die verhaal is universeel vir ons almal."

Pienk ceramic-hondjies deur Ryan Pedro: ’n onderhoud

Liné Loff, Ryan Pedro Skrywersonderhoude 2020-10-21

"So much soos wat die boek ’n vraagstuk oor coloured masculinity is, is dit ook ’n portrait van hoe ek dit observe het as ’n laitie."

Staatskaping maak korrupsiemodder nóg taaier

Melt Myburgh, Johann van Loggerenberg Onderhoude 2020-10-19

"Ek moet byvoeg dat die effek van staatskaping die klimaat vir korrupsie geweldig aangewakker het. Skielik was ons krimineleregstelsel en die SAID gebreek en was daar geen ware bedreiging vir skelms nie, en dit het hulle net meer aangespoor."

Senekal: Vigilantes, speurders en die stadige aksie van regsake

Izak de Vries, Dibi Breytenbach Skrywersonderhoude 2020-10-08

"Op daardie stadium was die landbougemeenskap in my distrik op breekpunt. Die mense – boere en plaaswerkers – het gevoel dat daar nie ag geslaan word op hulle vrese nie, dat niemand vir hulle luister nie en dat niemand omgee of hulle aangeval word of nie."

Emigreer of bly: ’n onderhoud met Stephan Joubert

Naomi Meyer, Stephan Joubert Skrywersonderhoude 2020-10-07

"Daarom wou ek nie voorskriftelik wees rondom ry-of-bly-keuses nie. Maar ek wou ten minste darem ook bydra daartoe dat mense hulle eie beginsels, motiewe en beweegredes goed in die oë kyk oor hoekom hulle dit wil doen, of nie wil doen nie, of hoekom hulle dit alreeds gedoen het. Eerlikheid bring gewoonlik ’n stuk nugterheid en deursigtigheid mee."

Wolk se Hannes Barnard nou ook internasionaal

Izak de Vries, Hannes Barnard Skrywersonderhoude 2020-10-05

Hannes Barnard se eerste roman, Halley se komeet, is pas deur ’n Amerikaanse uitgewer gekoop om dit wêreldwyd in Engels te versprei. Sy tweede roman, Wolk, maak tans opspraak.

Storieboeke vir "vrylees" net so belangrik as Wiskunde in Nederlandse skole

Izak de Vries, Solet Scheeres Onderhoude 2020-09-29

In Suid-Afrika mor baie leerders oor die boeke op voorgeskrewe lyste wat hulle moet lees. Hoe dink Nederlandse skole oor die boeke wat hul leerders in die klas lees? Izak de Vries het dié vraag aan Solet Scheeres gevra. Sy is ’n dosent in Engels by d’Oultremontcollege in Drunen, Nederland.

Laaste lewe: ’n Zoom-gesprek met Fanie Viljoen

Johannes Meyer, Fanie Viljoen, Izak de Vries Skrywersonderhoude 2020-09-29

In hierdie Zoom-gesprek praat Fanie Viljoen met Izak de Vries en Johannes Meyer oor Fanie se jongste boek – die grafiese roman, Laaste lewe.

kykNET-Rapport-boekpryse 2020: ’n onderhoud met Carel van der Merwe

Naomi Meyer, Carel van der Merwe Skrywersonderhoude 2020-09-23

"Die doel van ’n biograaf is natuurlik om kliniese feite bloot te lê, maar dit is nie naastenby genoeg nie, want ’n biografie wat net daaruit bestaan, sou baie vervelig wees. ’n Biograaf se taak is om vlees en bloed aan sy of haar subjek te gee."

Wini se Krismisboks vol stories!

Melt Myburgh, Wini Esterhuizen Skrywersonderhoude 2020-09-22

"Ek glo mos ’n mens moenie sonde in alles probeer sien nie. As jy ’n vurk sien lê, is daar nie noodwendig ’n duiwel naby nie!"

kykNET-Rapport-boekpryse 2020: ’n onderhoud met Zirk van den Berg

Naomi Meyer, Zirk van den Berg Skrywersonderhoude 2020-09-21

"Dit was soos om iets by kerslig te sien – jy sien die idee van die man wat een wens het om te wens, en dat hy ʼn begrafnisondernemer is. Dit was met een oogopslag duidelik. Alles rondom was duisternis."

kykNET-Rapport-boekpryse 2020: ’n onderhoud met Theo Kemp

Naomi Meyer, Theo Kemp Skrywersonderhoude 2020-09-21

"Met Skool het ek berekend gewerk: Ek was vir ’n kort rukkie in die onderwys en ek wou met verbetenheid die skoolstelsel, en hoedat ons kinders in die steek gelaat word, ontbloot. Strafjaart het regtig na my toe gekom."

The ANC spy Bible: An interview with Mike Nicol on writing and editing

Naomi Meyer, Mike Nicol Books and writers 2020-09-17

"However, when you are the editor, the relationship with the people mentioned in the story is different: you do not think of them as characters. Your focus is on the structure of the book and the prose, the sound of the sentences. Consequently, I never thought of Moe Shaik as a character; he was the writer."

Top