Skrywersonderhoude
LitNet gesels met skrywers, vir die storie agter die stories.
LitNet talks to writers, for the story behind the stories.
Mentor Rachelle Greeff sien uit na LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool
2020-08-27"Skryf is skryf is skryf, het Deon Meyer vroeër vanjaar vir studente gesê. Dit moet helder, opwindend, energiek, interessant en prikkelend wees, want jy wil jou leser verlei om enduit te lees. En dit geld vir fiksie en niefiksie."
Korona-kortverhaalfees: Elias P Nel oor “Die heks van Gelukspoort”
2020-08-26"Kontreikuns werk egter baie goed wanneer dit universele kwessies wat die mensdom oor die eeue heen interesseer, aanspreek."
Aanspreeklikheid: ’n onderhoud met Jaco Fouché
2020-08-26"Dit moenie nodig wees vir ’n skrywer om te sê: Ek is nie soos die karakter nie. En terselfdertyd is jy natuurlik inderdaad soos daardie maaksel van jou. Jy plaas jouself in die vel van iemand wat seker boos is. Jy lig jou eie boosheid na die lig en staar deur die dun porselein na die son."
Middeleeuse filosofie: ’n onderhoud met Johann Beukes
2020-08-21"Dit is die soort filosofie, synde (vir my) opnuut wysbegeerte, wat sedert twee dekades gelede ’n aanspraak op my hele wese gerig het: Ek het sedertdien net een begeerte en dit is om die metafisies beste in filosofie as (vir my) ten diepste ’n hermeneuties-ideehistoriese dissipline tot uitdrukking te bring ..."
Olivia Coetzee gesels oor die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020
2020-08-21"Die proeses om ’n idee te groei tot in ’n volle storie is die lekkeste ding op die aarde. Die proeses roep ’n mens om jouself net oep te maak vi die storie om deu te kô, en al die editors in my kop te vra om ees stil te bly."
Skrywersonderhoud: Sidney Gilroy oor Middernag
2020-08-20"Ek put genot daaruit om te weet dat almal met ’n visuele biblioteek in hul koppe rondloop en dat ek as skrywer sekere beelde en assosiasies met sinne en woorde kan uitlok sodat die leser ’n absolute suiwer beeld in hul geestesoog kan vorm van ’n toneel of karakter. Ek vermoed ek skryf flieks sonder die noodwendige draaiboek."
Tweegevreet – ’n Aksieverhaal vir fynproewers
2020-08-20"As dit om tegniese vernuwing of filosofiese mymeringe gaan, is ek allermins literêr. Vir my gaan dit daaroor om eerlik en onderhoudend oor mense en dinge te skryf, en om clichés te vermy."
Korona-kortverhaalfees: Frederik de Jager oor "Maer vir net een dag"
2020-08-17"Waar mense is, is daar altyd stories. Waar hulle saam eet, is daar nog meer stories. Kos en storie is keerkante van dieselfde munt."
Korona-kortverhaalfees: Wilken Calitz oor "RE:"
2020-08-12"'RE:' is basies ’n klomp back-and-forth e-posse tussen al die rolspelers wat hy betrek om sy plan te laat slaag. Mister X is ’n bedenklike figuur uit die onderwêreld wat die mediese fonds se vervalsing behartig."
Francois Smith se Kleinste ramp denkbaar gaan boei, terroriseer
2020-08-12"Dinge werk op papier ietwat anders as in die werklikheid, en skryf is allermins ’n spieël wat jy op die sypaadjie voor Pep Stores opstel. Jy moet wel agterkom wat om te doen om daardie spieëlillusie te skep."
Korona-kortverhaalfees Maryna Blomerus oor "Doodsnaaks"
2020-08-03"Ek kies ’n plek of gebeurtenis uit my eie lewe wat storiewaardig is. (In 'Doodsnaaks' was dit die Aprilgek-poets op my eks.)"
Wilken Calitz oor sy musiekloopbaan en oor sy debuutroman
2020-08-03"Ek is nie heilig op my werk nie. As jy die regte mense kies, word jou teks net beter."
Wolk: ’n onderhoud met Hannes Barnard
2020-07-28"Jou tienerjare is so ’n belangrike deel van jou lewe; so ’n interessante, deurmekaar, soekende deel van ons lewens, dat dit ’n fantastiese plek is om kleurvolle en betekenisvolle karakters te gaan soek."
Korona-kortverhaalfees: Moryn Hanzen oor "Rigting"
2020-07-27"Ons mense leer dink kreatief om ons uitdagings te bowe te kom. En ons mense kán stories vertel."
The fall: an interview with Jen Thorpe
2020-07-24"I think the way we think about and talk about protests and why they happen has the ability to shape our receptiveness to listening, and I wanted to explore this idea in The fall."
Jakes se geheim: ’n onderhoud met Francine Beaton
2020-07-22"Dis asof mens net meer attent is op alles rondom jou sodat jy nie dalk iets misloop wat jy in ’n storie kan gebruik nie."
"Slimgeit lê in eenvoud" – Wilken Calitz gesels oor sy debuutroman Swart swaan
2020-07-22"Lesers stel nie belang in skrywers nie. Hulle is op soek na karakters wat onverwagse goed aanvang."
Korona-kortverhaalfees: Wilmarie Pekeur oor "Die hemel se deure staan wawyd oop"
2020-07-21"Ek het ook baie dinge van kindsdae af sien gebeur en waargeneem. Dit kan ook ’n rede wees hoekom ek dit alles op papier wil vaslê. Skryf voel ook al hoe meer vir my soos comfort en ’n wegkruipplek."
"Om die spoor van jou verlore onskuld te volg, is om jouself vorentoe beter te verstaan" – ’n onderhoud met Johann van der Walt
2020-07-16"Hierdie is ons grootste toets – ja, jy gaan jou onskuld verloor, maar jy kan ten spyte daarvan nog steeds kinderlik glo in die dinge wat vir jou saak maak."
Sea star summer: an interview with Sally Partridge
2020-07-15"It was during a morning beach walk on one of these trips that he pointed out all the 'sea stars' in a rock pool. I was already writing the book, and that scene automatically made it in."
