Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Maart 2022

  • 0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Maart 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Maart in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

2 Maart

Audrey Jantjies: My verbeelding is my ware huis
’n Onderhoud met Audrey Jantjies

3 Maart

Boekenuus: Open Book-fees keer terug na Kaapstad
Laetitia Pople berig.

4 Maart

Boekenuus: Boek leer kinders van monsters wat oral is
’n Berig oor Cedric Vanderlinden se eerste kinderboek, Oh No, Henri! Stupid Monsters Are Everywhere

Boekenuus: Feesmaal ná woestyntyd vir Berry
’n Berig oor Elmarie Berry se eerste resepteboek, Kosbaar

7 Maart

Resensie: ’n Ensiklopedie van die VOC aan die Kaap
Fransjohan Pretorius resenseer Retoervloot deur Dan Sleigh

Resensie: ‘Die troebadoer’ se vertelling vol simboliek en metafore
Dineke Volschenk resenseer Die troebadoer deur Marié Heese

Resensie: De Vos en Grobler toor weer met 13de
Ilza Roggeband resenseer Tokkelossiebossie en ander dol gedoentes deur Philip de Vos en Piet Grobler

Resensie: Amusant, skokkend en enduit vernuftig
Jonathan Amid resenseer Serpent Crescent deur Vivian de Klerk

Onderhoud: Skrywer betrek dogter vir illustrasies in nuwe tienerboek
Elretha Britz stel vrae aan Zelda Bezuidenhout oor Anderkant die blou, geïllustreer deur Mia Bezuidenhout.

9 Maart 

Boekenuus: Pulitzer-wenner van VSA verras met 2 nuwe romans
Lesers kan uitsien na nuwe werk uit Cormac McCarthy se pen.

Boekenuus: Akademie huldig Elsa Joubert met bundel
AJ Opperman berig.

11 Maart

Profielonderhoud: Pirow Bekker gaan op herinneringsreis in nuwe boek

Boekenuus: Ferreira wen Lapa-kompetisie met jeugroman oor vriendskap
Annelie Ferreira is vir haar manuskrip “Dit het alles begin by ’n hond” aangewys as wenner van dié jeugromankompetisie

14 Maart

Boekevat: Kan Ernst van Heerden ’n ‘major poet’ word?
’n Rubriek deur Daniel Hugo

Resensie: Toxic mans word hier kompos vir sterk vroue
Ryan Pedro resenseer As die katjiepiering blom deur Audrey Jantjies

Boekenuus: Ongepubliseerde boek van wyle Kas van den Bergh bekend gestel

15 Maart

Onderhoud: Strachan sluit sy Recce-trilogie af
Elretha Britz stel vrae aan Alexander Strachan

16 Maart

Boekenuus: Andrew Murray-benoemings bekend

17 Maart

Profielonderhoud: Inperking lei tot nuwe bundel vir Lina Spies
Lina Spies in gesprek met AJ Opperman

18 Maart

Boekenuus: ‘Is die woord walvispiepie al ooit in akademiese lesing geuiter?’
Cheréne Pienaar berig oor die 35ste D.F. Malherbe-gedenklesing, gelewer deur Jaco Jacobs

21 Maart

Boekenuus: Veels geluk, liewe Bennie Griessel

22 Maart

In memoriam: ‘My pa was ’n reus’ – Louw Venter oor De Waal (79) se dood
’n Huldiging van De Waal Venter

23 Maart

Boekenuus: Nederlandse uitgewer onttrek boek oor Anne Frank

24 Maart

Sterteberig: Skrywer van ‘Lien se lankstaanskoene’ oorlede
Oor Derick van der Walt se afsterwe

In memoriam: Familie pas ‘Lien se lankstaanskoene’, ander ‘soos goud op’

28 Maart

Resensie: Tegelykertyd astrant, satiries en ernstig
Francois Bekker resenseer Kaap deur Hans Pienaar

Resensie: Storie vlieg soos ’n koeël
Stefaans Coetzee resenseer Die wet van Gauteng deur Hannes Barnard

Resensie: Loutere vreugde om te lees
Jonathan Amid bespreek Die geheim van Mussolini se kaart deur Constant van der Merwe

Boekevat: Misterie van Duitse skrywerboer en SA digter
’n Rubriek deur Jean Meiring

Boekenuus: Franschhoekse fees spog met groot skrywers op program
Laetitia Pople berig.

In memoriam: ‘Groot boek het toegemaak’ met die dood van skrywer Ronel Nel

29 Maart

Profielonderhoud: Op 82 skryf TV se Louise Smit steeds – deesdae uit Duitsland
Deur Elretha Britz

In memoriam: Hambidge bring hulde aan digter Johan van Wyk

31 Maart

Boekenuus: Joubert se ‘Ons wag op die kaptein’ dié week aanlyn bespreek
Kenners sal die Nederlandse vertaling van Elsa Joubert se debuutroman in ’n regstreekse aanlyn stroming bespreek.

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Maart op LitNet verskyn:

Anderkind deur Betsie van Niekerk: ’n resensie

Die vloek van Levitikus deur Ben Viljoen, ’n lesersindruk

Gourmetkok en troostannie: Sally Andrew se tannie Maria kook weer in The milktart murders

Antoinette sê ... deur Antoinette Pienaar: ’n lesersindruk

Ludo het sy nering gevind: Kry vir jou deur Francois Bloemhof

Die boekwinkel tussen die wolke deur Jaco Jacobs: ’n boekresensie

Skoolleierskap en die skep van produktiewe leerruimtes in skole deur Johan Burger en Aslam Fataar: ’n resensie

Uitbuiting van en geweld teenoor vroue tersaaklik: Spieëltjie, spieëltjie deur Jan Vermeulen, ’n resensie

Laat ons lees en leer: ’n resensie van Tom Moodie se AHI – Die Afrikaanse Handelsinstituut

Retoervloot deur Dan Sleigh: ’n resensie

Voorouer. Pelgrim. Berg. deur Ingrid Winterbach: ’n resensie

Poëtiese taal: Dol heuning deur SJ Naudé, ’n resensie

’n Unieke noirdebuut: Junx deur Tshidiso Moletsane

Openbarend: 1 Recce, volume 3 deur Alexander Strachan, ’n leserindruk

In die tyd van die gif deur Dana Snyman: ’n lesersindruk

Donkerberg/Bloodwood deur Dominique Botha: ’n resensie

Geheime van blitsverkopers in Afrikaans

Reis met woorde, ’n onderhoud met Xanelé Puren

KKNK 2022: ’n onderhoud met Fanie Viljoen

Moer: ’n onderhoud met Michèle Meyer

Die volgende resensies het gedurende Maart in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

6 Maart

Resensie: Annelise Erasmus resenseer Moer deur Michèle Meyer

Resensie: Die vloek van Levitikus deur Ben Viljoen, geresenseer deur Jonathan Amid

Resensie: Joan Hambidge resenseer Vrugbeginsel deur De Waal Venter

Oorsigresensie: “Kinderboeke: Reeksboeke dalk net die regte doepa” deur Magdel Vorster

(Dagboek van ’n Dork 5: Stories van ’n nie-so-slim juf. Weetalles; Speurder Kwaaikofski 14: Afbeen en lang vingers; Kattemaai 1: Die bure se nuwe dogter; en Kattemaai 2: Annabel gaan skool toe)

13 Maart

Resensie: Louise Viljoen resenseer Eugene deur Kirby van der Merwe

Onderhoud: Johan van Zyl gesels met Kirby van der Merwe oor Eugene

Resensie: The Milk Tart Murders deur Sally Andrew, geresenseer deur Jonathan Amid

20 Maart

Resensie: Ruhan Fourie resenseer Terreur en bevryding: Die ANC/SAKP, die Kommunisme en geweld (1961–1990) deur Leopold Scholtz

Resensie: Valda Jansen oor As die katjiepiering blom deur Audrey Jantjies

Resensie: Anderkant die blou deur Zelda Bezuidenhout, geresenseer deur Magdel Vorster

27 Maart

Resensie: André Wessels bespreek Van Humpata tot Upingtonia deur Nicol Stassen

Resensie: Trisa Hugo resenseer So lyk ’n vrou… My 40 jaar van hel saam met ’n narsis deur Ilse Verster

Oorsigresensie: Magdel Vorster skryf oor “Boodskappe in stories en prente”

(Wanda die dappere deur Sihle-isipho Nontshokweni; Refiloe Moahloli se Dis my naam en Jy is liefde; en Jy is ’n wens deur Jaco Jacobs)

Nuut op die rak: “Nuwe leesgoed vir nislesers”

  • Lina Spies se tiende digbundel, Aarde na firmament;
  • Wessel Pretorius se eenmanstuk Ont-;
  • Philip Rademeyer se toneelstuk Opdrifsel; en
  • Vrydagaand: Kortverhale oor die liefde met Elsa Winckler as samesteller

 

Die volgende resensies het gedurende Maart op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

2 Maart

Die Smooie en die Smoue

Hierdie lieflike, verbeeldingryke kinderboek is puik vertaal deur die immergewilde Jaco Jacobs. Hy gebruik lekkersê woorde soos “morrelborrelmeer”, “hoggelboggelbult” en “glompoffels”.

Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

9 Maart

Die net is gebreek

Hierdie boek is geskryf vir mense wat nie net as gevolg van die pandemie nie, maar ook weens ander uitdagings en probleme wat oor hulle pad gekom het, weer moet opstaan en aangaan.

Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

15 Maart

In die tyd van die gif

“Dana Snyman is bekend vir sy fyn waarneming en die besondere manier waarop hy na die wêreld en sy mense kyk. Hy het die vermoë om stories te vertel wat lesers in die karakters se leefwêreld insuig,” skryf Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

Lees die resensie.

22 Maart 2022

Die Vuil Ferdie-reeks

Die stories handel oor situasies waarmee kinders kan identifiseer en lekker oor sal giggel.

Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

23 Maart

Boek van die maand: Wit leuen

“Opvallend hoeveel karakters in die roman lag. Dié ligte aanslag waarmee Kemp werk bring nie net verposing in dié see van ellende nie, maar herinner ook aan ‘eilandjies hoop’.”

Lees die resensie deur Johan Myburg.

29 Maart

Fantasieryke avontuurverhale

As jy lief is vir fantasieryke avontuurverhale met ’n goeie skeut eer en hart in, sal jy ook baie lekker lees aan hierdie tydlose stories met ’n morele inslag wat vriendskap, lojaliteit, dapperheid, geregtigheid en die seëviering van die waarheid voorop stel.

Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van Francois Lion-Cachet.

10 Maart

Boekrubriek: Digbundels wat jy moet lees voor die apocalypse
Deur Ryan Pedro

17 Maart

Onderhoud: Imagine jy sit onder ’n boem met Ronelda S Kamfer
Deur Veronique Jephtas

26 Maart

Onderhoud: Shana Fife se memoir virrie benefit van Coloured women
Veronique Jephtas in gesprek met Shana Fife oor haar memoir

Onderhoud: Khoikhoi-leerboek: ’n gesprek saam met Toroga Denver Breda
Deur Mercy Kannemeyer

Die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam bied in samewerking met die Taalunie ’n reeks aanlyn gesprekke aan oor Afrikaanse letterkunde: ‘Boeken uit het Huis’. Die gesprekke vind in Nederlands en in Afrikaans plaas.

31 Maart

Boeken uit het Huis: Elsa Joubert, 'We wachten op de commandant'

We wachten op die commandant is die Nederlandse vertaling van Elsa Joubert se debuutroman, Ons wag op die kaptein. Dit verskyn by Uitgeverij Aldo Manuzio, is deur die PEN Afrikaans Vertaalfonds befonds en is die fokus van die jongste aflewering van Boeken uit het Huis.

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Maart op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke

Woensdag 2 Maart

Ter viering van ’n heruitgawe van ’n bundel met 30 van P.G. du Plessis se gewildste Koöperasiestories, gesels Ilse Salzwedel met prof. Hans du Plessis oor die gewildheid van hierdie kontreikunsverhale. P.G. self vertel in ’n kort argiefopname wat hy dink die rede was vir die gewildheid, en jy kan luister na grepe uit een van die gewildste episodes van die destydse TV-reeks, Koöperasiestories. Johan Myburg vertel meer oor internasionale skrywers se uitsprake oor die Russiese inval in Oekraïne, nuwe internasionale romans en die kinderboek-illustreerder Jan Pieńkowski. Jy kan ook uitvind wie op die kortlys van LAPA se jeugromanwedstryd is, en ’n goeie aanlynskryfskool.

Woensdag 9 Maart

Suzette Kotze-Myburgh gesels met Audrey Jantjies oor haar debuutroman, As die katjiepiering blom. Deborah Steinmair vertel vir Ilse Salzwedel van Iewers, êrens, ’n pragtige kuns- en storieboek oor die werk van die Rosendalse skilder Willem Pretorius. In Johan Myburg se internasionale insetsel bring hy hulde aan Shirley Hughes, die Britse kinderboekskrywer en illustreerder wat verlede week oorlede is. Jy kan ook meer uitvind oor die wenners van die PEN Amerika-letterkundepryse. Dan is daar nuus oor ’n nuwe roman uit die pen van die Ierse topverkoperskrywer Marian Keyes, en die Suid-Afrikaanse roman Chasing Marian, wat handel oor vier Marian Keyes-aanhangers, wat ook pas verskyn het.

Woensdag 16 Maart

Ilse Salzwedel gesels met Lien Botha oor Vin, haar tweede roman, en met Marié Heese, skrywer van Die uurwerk kantel, wat saans op RSG voorgelees word. Ilse vertel meer oor die wenners van die LAPA Jeugromanwedstryd. Johan Myburg het nuus oor die langlys vir die Women’s Prize for Fiction, die Booker Internationalprys vir vertaalde werk en twee nuwe boeke deur Cormac McCarthy.

Woensdag 23 Maart

Ilse Salzwedel gesels met Jan van Tonder oor sy nuwe roman Grootgeluk, wat afspeel in die Oudtshoorn-omgewing. Hy lees voor uit ’n Hooghollandse koerantberig wat hy in die C.P. Nel-museum op die dorp opgespoor het, en wat gedien het as die vonk vir die roman. Elna van der Merwe, organiseerder van die KKNK se boekprogram, vertel waarna feesgangers vanjaar kan uitsien. In Johan Myburg se internasionale bydrae gesels hy oor nuwe boeke deur Francis Fukuyama en Karen Joy Fowler, en die 100ste herdenking van die geboortedag van die Amerikaanse skrywer Jack Kerouac, skrywer van onder meer On the Road. Jy kan ook luister na ’n snit uit ‘n argiefopname waarin Kerouac self voorlees uit hierdie klassieke boek.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Maart op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi

Dinsdag 1 Maart

Akteur en dramaturg Wessel Pretorius lees van sy gunstelingverse voor. Jy kan uitsien na gedigte deur Pieter Odendaal, Sheila Cussons, Breyten Breytenbach, Antjie Krog, Johan Myburg, Wilma Stockenström en Loftus Marais.

Dinsdag 8 Maart

Ons luister ons na gedigte en liedjies uit die pen van Hanru Niemand. Hanru is ’n boorling van die Paarl, en ’n kliniese sielkundige wat in Durbanville woon en werk. As veelsydige Afrikaanse sanger en liedjieskrywer, geniet hy groot agting onder musiekliefhebbers en -kenners ter plaatse en oorsee. Van sy werk is al in Russies vertaal. Benewens ’n besondere passie vir musiek, klop sy hart ook veral sterk vir Afrikaanse letterkunde en digkuns. Verskeie van sy gedigte is al in die literêre tydskrif, Ons Klyntji, gepubliseer. Hy is ook lid van die Oopmond-span, ’n groep digters en musikante wat improvisasievertonings hou. Hy het al verskeie albums en kortspelers uitgereik. Dean Balie gaan die verse voorlees.

Dinsdag 15 Maart

Die digter en akademikus, Bernard Odendaal, is in die ateljee saam met Frieda van den Heever vir nog ’n aflewering van ’n reeks wat fokus op plekke en streke wat as tema of gebeureruimte dien in die poësie van ’n verskeidenheid Afrikaanse digters – op die digterskontreie van Afrikaans, as’t ware. Die tema en gedigte wat ons gekies het, het te make met die lieflike Overberg – dié keer die kusgedeeltes. Jy kan uitsien na gedigte deur Rosa Smit, Ronelda Kamfer, Wilma Stockenström, Wium van Zyl, Chris Lombard, Marlene van Niekerk, Marius Swart, D.J. Opperman, André le Roux, Francois de Jongh, Jolyn Phillips, Peter Blum, Uys Krige en Gerard Scholtz.

Dinsdag 22 Maart

Eben Genis lees gedigte voor deur Clinton V. du Plessis. Du Plessis word dikwels beskou as een van Afrikaans se mees onderskatte digters. Hy skryf toeganklike, deernisvolle verse en alhoewel hy lanklaas gepubliseer het, het hy vele volgers op Facebook, en plaas hy gelukkig baie van sy gedigte daar. Hy is ’n rekenmeester met ’n kop vir syfers en ’n hart vir woorde.

Dinsdag 29 Maart

André Samuels lees gedigte voor uit die bundel, Heenkoms, deur Meyer van Rensburg. Meyer het na ’n lang stilte van 38 jaar hierdie tweede bundel die lig laat sien in 2021. In hierdie bundel word geworstel met die sin van die lewe en die ouderdom. Joan Hambidge skryf in haar resensie: “Daar is wat hierdie leser betref nie een swak vers in die bundel nie. Welkom terug, Meyer van Rensburg! Dit is ’n loflike publikasie en dank aan Imprimatur wat dit gepubliseer het.”

Boekkeuse, Fine Music Radio

Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde.

In hierdie episode is die fokus op die digkuns, en meer spesifiek De Waal Venter se bundel Vrugbeginsel, en Thomas Deacon se laaste bundel, Minjonet en bitterbos, wat enkele weke na sy dood verskyn het. 

’n Potgooi van die program is hier beskikbaar: https://www.fmr.co.za/podcasts/boekkeuse/.

Prof. Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/

27 Maart

Resensie: Kaap deur Hans Pienaar
(vir Fine Music Radio)

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

2 Maart

Resensie: Marlies Taljaard resenseer Minjonet en bitterbos deur Thomas Deacon

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top