Reis met woorde, ’n onderhoud met Xanelé Puren

  • 0

Reis met woorde is ’n dagboek vir jongmense om hulle leeslus aan te wakker.

Die boek, wat lyk en voel soos die bekende Moleskine-dagboeke, is interaktief en help kinders om die storie- en ander boeke wat hulle self kies om te lees, op te som en om dan ook hulle eie idees te begin formuleer om self tekste te skryf.

Opvoeders sal Ljef Wigotski se steierwerkbeginsel raaksien in die struktuur van die teks, terwyl kinders die prentjies sal geniet.

Jonk en oud sal ook Philip de Vos se Afrikaanse versies geniet.

Izak de Vries het gaan inloer by die Otto Stigting en met Xanelé Puren gesels.

Die dagboek is ook in Engels beskikbaar.

Die boeke in albei tale kan aangekoop word by www.imagnaryhouse.com.

Fondse wat geïn word, word teruggeploeg in die werk van die Otto Stigting.

Sien ook:

Promosie: Nuwe leesdagboek neem kinders op ’n ontdekkingreis deur die wêreld van woorde

Nasionale biblioteekweek: ’n onderhoud

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top