Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Boeke24
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Junie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
4 Junie
Boeke: Vir boeksnuffelaars en liefhebbers van digkuns
Joan Hambidge resenseer Vers & kapittel: Artikels, rubrieke en naskrifte oor die digkuns deur Daniel Hugo
Boeke: ’n Reis van mens tot mens
Francois Bekker resenseer Patagonië deur Maya Fowler
Boeke: Omvattend wetenskaplik
Francois Verster resenseer Die stranding van die VOC-skip Schoonenberg deur Jan Malan
Boekevat-rubriek (Herman Lategan): ‘Churnalism’, mikrogolfjoernalistiek ná Wolfe
5 Junie
Profiel: Die ‘bloedwerke’ van ’n speurhoof
Willemien Brümmer in gesprek met Jeremy Vearey
11 Junie
Boeke: Oneerbiedigheid van vroeër steek net plek-plek kop uit
Rudolf Stehle resenseer Koos Kombuis se Vandag wil ek my blou skoene dra
Boeke: ‘Tweede kanse’ nie vir die suurpruim
JB Roux resenseer Tweede kanse deur Stefan Enslin
Boeke: Navorsing skitterend by teks ingeskakel
Jonathan Amid resenseer Uit die bloute deur Chanette Paul
13 Junie
Nuus: Afrikaanse romans in Nederlands uitgegee
14 Junie
Nuus/Kuns: Van Niekerk, Pauw en Venter wen (Media24-boekpryse)
17 Junie
Nuus: Cecile Cilliers dood op 85
18 Junie
Boeke: Dae toe mans mekaar nog op baadjie kon gee
Jean Meiring resenseer Die rooikop en die redakteur deur André P. Brink
Boeke: Nooit te laat vir eie droom
Raymond Willemse resenseer Die DJ deur Simon Bruinders
Boeke: Van stofstraatkind tot hardegat-polisieman
Ronelle Simmons resenseer Jeremy vannie Elsies deur Jeremy Vearey
Nuus: Cecile Cilliers se bundel was ’n ‘soort swanesang’
23 Junie
Nuus: Kalmer wen Ronge-prys vir fiksie
Nuus/Kuns: Gunter pak ‘white liberals’ in derde bundel
25 Junie
Boeke: Vertaling tussen die verhewe en verwerplike
Joan Hambidge resenseer Tussen die abjekte en die eteriese deur Michel Houellebecq, vertaal en ingelei deur HJ Pieterse
Boekevat-rubriek (Jo Prins): Die Dao van Daan, Lodewyk, Etienne, Frederik
29 Junie
Nuus/Kuns: Eerste fietsryboek vir tieners
Die Groot Ontbyt
Willie Burger het in Junie die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:
5 Junie
- Wit issie ’n colour nie deur Nathan Trantraal
12 Junie
- John Miles se werk, met verwysing na veral Kroniek uit die doofpot en Op ’n dag, ’n hond
19 Junie
- Ingrid Jonker: ’n biografie deur Petrovna Metelerkamp
26 Junie
- Huppelkind deur WO Kühne met illustrasies deur Dorothy Hill Kühne
LitNet
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Junie op LitNet verskyn:
![]() |
Jong lesers: Nina en die wacky hare deur Elizbè van der Colff en Chris Venter
Carli le Grange 2018-06-27 "Dis ’n goeie boek wat my lekker laat lag het, en ook op plekke laat bang word het." |
![]() |
Vers & kapittel deur Daniel Hugo: ’n lesersindruk
Francois Bekker 2018-06-27 "Gerusstellend het ek geweet dat Hugo met wyd erkende gesag oor die onderwerp skryf. Vers & kapittel bevestig hom as ’n kenner van dié genre." |
![]() |
Pioneers of the Dorsland deur PJ van der Merwe: ’n resensie
François Verster 2018-06-25 "Vir my persoonlik het die bewaring van elke stukkie van ons landgenote se stories besondere betekenis, want ek is bekommerd dat ons hulle gaan vergeet." |
![]() |
Wit issie ’n colour nie deur Nathan Trantraal: ’n resensie
Izak de Vries 2018-06-25 "Nathan Trantaal se Wit issie ’n colour nie, behoort verpligte leesstof te wees. Vir wie? Wel, alle politici, alle kerkgangers en almal wat in die onderwys belangstel. Gooi sommer mediese mense en regsmense ook hierby in. Waarom? Want, dit is bitter min dat armoede van binne beskryf word." |
![]() |
Polemieke – Bekgevegte in Afrikaans deur Gabriël J Botma: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe 2018-06-25 ""Hierdie boek is ’n historiese studie van die grootste polemieke wat oor honderde jare in Afrikaans gevoer is, en dit fokus dus nie net op kontemporêre debatte nie." |
![]() |
Die stranding van die VOC-skip Schoonenberg: Struisbaai 1722 deur Jan Malan: ’n resensie
Wium van Zyl 2018-06-25 "Malan probeer in sy boek agter die kap van die byl kom van die mees romantiese van al die verdigsels wat oor die jare uit hierdie kontrei ontstaan het. Dit is die storie van die stranding van die VOC-skip die Schoonenberg in 1722 in uitstekende weersomstandighede in die baaitjie naby die huidige Northumberlandpunt." |
![]() |
Blinde sambok en Meerkat Maantuig: Die aanpassing van boek na fliek
Suzette Kotzé-Myburgh 2018-06-22 "Lank lewe skrywers en hul verbeelding, en lank lewe filmmakers wat ons sinne betower!" |
![]() |
Tot die dood ons skei deur Schalk Schoombie: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe 2018-06-20 "Daarteenoor lyk die bloedbad in Tot die dood ons skei na ’n onoorkombare berg, en miskien is dit nie meer genoeg om net met onsself nie, maar met die saak van die bevordering van vroueregte te identifiseer." |
![]() |
Ys deur Rudie van Rensburg: ’n resensie
Elzette Steenkamp 2018-06-20 "Wat van Ys ’n uitstekende speurverhaal maak, is egter Van Rensburg se vermoë om fyn verwikkelde verhaallyne, komplekse karakters en vlymskerp sosiale kommentaar te verweef in ’n roman wat bloot net lekker is om te lees." |
![]() |
Jong lesers: Swemlesse vir ’n meermin deur Marita van der Vyver
Elena Duvenage 2018-06-18 "Dit was ’n absoluut wonderlike boek en ek kon as gevolg van al die opwinding en spanning dit amper nie neersit nie. Daar was selfs vir my – en dalk ook vir Hanna – ’n klein verrassinkie in wat ek nie voorspel het nie." |
![]() |
Die ou vrou en die priester deur Cecile Cilliers: ’n resensie
Martie Retief-Meiring 2018-06-18 "Veel gewag word gemaak van die sg ouderdom in Cilliers se versameling. Immers het sy dit op 84 geskryf. Maar dis ’n fout om verhale van verweer, verdriet, verslaenheid – kenmerke van die ouderdom – te verwag. Daarvoor is Cilliers te veel van ’n woordskilder, ’n eerlike ondersoeker na die twyfel, woede, oneerlikheid van ’n bestaan." |
![]() |
Wierook en sigare deur Sebastiaan Biehl: ’n resensie
Barbara Potgieter 2018-06-14 "Die skrywer is ’n sendeling en gee heelwat aandag aan die gelowe en hoe hulle uitgeleef word. Hy reis uitgebreid in die streke waar elke dorp of stad sy eie gewoontes en voorkoms het: van uiterste armoede tot ’n soort Westerse welvarendheid." |
![]() |
Spieëlbeeld deur Franz Marx: ’n resensie
Barbara Potgieter 2018-06-13 "Ek voorspel dat wanneer hierdie boeiende storie jou eers beetgepak het, sit jy die boek nie neer voor die laaste bladsy nie." |
![]() |
Tweede kanse deur Stefan Enslin: ’n resensie
Elkarien Fourie 2018-06-13 "Tweede kanse met sy ongekompliseerde boodskap van geloof in ware liefde sou beter tot sy reg kom op die silwerdoek, want dit is duidelik hier waar Enslin se talent lê." |
![]() |
Die dao van Daan van der Walt deur Lodewyk G du Plessis: ’n resensie
Marietjie Lambrechts 2018-06-13 "Die dao van Daan van der Walt voeg ’n ander dimensie by deurdat dit spesifiek fokus op ’n ouer Afrikaner-man vir wie dit as gevolg van institusionele handhawing van kollektiewe identiteit nooit voorheen nodig was om eie identiteit te bevraagteken nie. Die roman lewer op verskillende vlakke ’n bydrae tot die debat en verdien ’n plek op elke leser se boekrak." |
![]() |
Die pasiënt as vennoot deur Dawie van Velden: ’n resensie
Dave Pepler 2018-06-12 "Wat hierdie werk nog meer indrukwekkend maak, is die eenvoud en toeganklikheid van die teks. Ek wil graag voorstel dat dit verpligte leesstof word vir jongmense juis omdat die skrywer pleit vir ’n lewenslange betrokkenheid en verantwoordelikheid vir ons eie gesondheid." |
![]() |
Rian – 16 dinge wat ek nié moes sê nie deur Rian van Heerden: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe 2018-06-12 "Die lief en leed van Rian van Heerden se openbare lewe het selfs my verwagtinge ’n bietjie oortref." |
![]() |
Kringloop deur Bets Smith: ’n resensie
Org Potgieter 2018-06-12 "Reine is ’n student en semifinalis in ’n skoonheidskompetisie. Dit bring haar in aanraking met verskeie instansies, soos ’n kleremaker, grimeerkunstenaar en ’n gesondheidspa." |
![]() |
In glas deur Nicola Hanekom: ’n resensie
Temple Hauptfleisch 2018-06-08 "In glas is daardie betreklik rare verskynsel, ’n aanbiedinggerigte en hoogs speelbare verhoogteks wat absoluut vrá om in opvoering beleef te word, maar een wat terselfdertyd ook ’n uitdagende, dog leesbare, drama is wat net so dringend vra om indringend ontleed en bespreek te word." |
![]() |
Op pad: Snyman se groot trek deur die ruimtes tussen mense
Thys Human 2018-06-07 "Tog word dit gou duidelik dat hierdie geografiese reis vir Snyman ook ’n reis van selfkonfrontasie word. Nie net ’n reis dieper die binneland in nie, maar ook ’n reis dieper die land van sy binneste in." |
![]() |
Yes, really! A life deur Kate Turkington: ’n resensie
Martie Retief-Meiring 2018-06-05 "Turkington is onthutsend eerlik, maar sy vertel haar storie soos enige goeie rillerskrywer sou." |
![]() |
Die vyfde Aspoester deur Jan Vermeulen: ’n lesersindruk
Irene van Staden 2018-06-05 "In die geheel is Vermeulen se roman ’n baie goeie speurverhaal wat sy lesers elegant na die antwoorde toe lei, maar wat terselfdertyd ook die leser míslei. Die roman bevat ook ’n universele boodskap van hoe monsters in die samelewing gekweek word en ongesiens kan rondloop." |
![]() |
Ingrid Jonker: ’n biografie, a review essay
Leon de Kock 2018-06-05 "Reading a biography such as Petrovna Metelerkamp’s Ingrid Jonker: ’n biografie provides a fine example of what I am talking about. This is a nice fat book, chock-full of stories and reported data about the enigma that is Ingrid Jonker. Apart from anything else, it is clear that Metelerkamp’s 437-page tome is the product of many years of unstinting work ..." |
![]() |
Stroomop – Herinneringe van ’n koerantman in die apartheid-era deur Harald Pakendorf: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe 2018-06-05 "Stroomop dokumenteer ’n interessante stuk verlede van die Afrikaanse media, en het beslis my perspektief verruim." |
![]() |
Patagonië: ’n onderhoud met Maya Fowler
Maya Fowler, Naomi Meyer 2018-06-13 "Selfs toe ek aan Karin Brynard se Plaasmoord vertaal het, het ek die Griekwastad-omgewing besoek, want ek wou die wind hoor, die bossies ruik, die stof proe. Ek het gedink dis belangrik om dinge op daardie vlak te verstaan om outentiek te kan vertaal. En so is dit met die skryf ook." |
![]() |
Die Afrikaners: ’n onderhoud met Hermann Giliomee oor die boek en die kykNET-reeks
Naomi Meyer, Hermann Giliomee 2018-06-12 "Ek dink die term Afrikaner is vandag veel minder gelaai as 30 of 40 jaar gelede." |
![]() |
Truitjie roer my nie: ’n onderhoud met Schalk Bezuidenhout en Erns Grundling
Naomi Meyer, Schalk Bezuidenhout, Erns Grundling 2018-06-07 "So dit is nie ’n Schalk-boek deur Erns nie, maar ’n Schalk-boek deur Schalk, in samewerking met Erns." |
![]() |
Selma en Louise: ’n onderhoud met Susan Coetzer
Naomi Meyer, Susan Coetzer 2018-06-04 "Elk dien as ’n spieël vir die ander – by tye word die lig gereflekteer; ander kere die donker. Die Bostik van die vriendskap is die deurlopende humor en meelewende deernis tussen die twee vroue wat die toets van die tyd en veranderlikes deurstaan." |
Rapport
Die volgende resensies het gedurende Junie in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
3 Junie
Resensie: Andries Gouws resenseer Enlightenment Now: The Case for Reason, Science, Humanism and Progress deur Steven Pinker
Resensie: Deborah Steinmair resenseer Sunset Claws: The Chronicle of a Generation deur Brent Meersman
Resensie: Schalk Jonker bespreek ’n Luiperd in my bed deur Annelize Slabbert
Nuut op die rak: Kat se blad: Stuitige strokies deur Philip de Vos en Piet Grobler en Net die oortjies van die seekoei en ander Afrikaanse idiome deur Kobus Galloway
10 Junie
Resensie: Herman Lategan bespreek Ingrid Jonker: ’n Biografie deur Petrovna Metelerkamp
Resensie: Bill Nasson resenseer Verwoerd aan die woord II: Die laaste vier jaar – Toesprake 1963-1966 (saamgestel deur Wilhelm J. Verwoerd)
Nuut op die rak: Bloedbande: ’n Donker toekoms deur Wilhelm Verwoerd
Resensie: Johan van Zyl resenseer Kalmte in die malle gejaag: Mindfulness vir besige mense deur Johannes de Villiers
17 Junie
Resensie: Christi van der Westhuizen bespreek Feminism is: South Africans Speak Their Truth (saamgestel deur Jen Thorpe)
Resensie: Joan Hambidge resenseer Insektarium en ander gedigte deur Johann Lodewyk Marais
Nuut op die rak: ’n Viertal verskuns: Vers & Kapittel (Daniel Hugo), Tussen die abjekte en die eteriese: ’n Keur uit die poësie van Michel Houellebecq (vertaal deur Henning Pieterse), weer-lig (Fransi Nieuwoudt) en The Coroner’s Wife (Joan Hambidge)
Resensie: Riette Rust resenseer Dors deur Marinda van Zyl
Resensie: Deborah Steinmair resenseer Redelike twyfel deur Chris Marnewick
24 Junie
Resensie: Valda Jansen resenseer Jeremy vannie Elsies deur Jeremy Vearey
Resensie: Abel Esterhuyse bespreek Ystervuis uit die see: Uiters geheime seewaartse Recce-operasies (1978-1988) deur Arnè Söderlund en Douw Steyn
Resensie: Dave Pepler resenseer Homo sapiens en ander diere deur Erik Holm
Oorsigresensie: Magdel Vorster bekyk vyf kinderboeke: Amok op ’n besemstok, Tirannosourus Sot, Kyk hoe mooi is Panama, Kattekwaad en Die stormwalvis in die winter
Maroela Media
Die volgende resensies het gedurende Maart op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
5 Junie
Liewe Heksie en die helikopter deur Verna Vels
Die Liewe Heksie-stories is tydloos en hedendaagse kinders sal haar avonture amusant vind. Lees die resensie.
7 Junie
Dans, Jenna deur Noreen Nolte
Wat ’n lieflike, onopgesmukte storie oor ’n talentvolle graadsewe meisie wat versot is op dans, maar goed besef dat balletklasse eintlik ’n luukse is wat haar enkelma – wat twee werke doen om vir hulle te sorg – nie kan bekostig nie! Lees meer.
12 Junie
Pienk is nie vir sissies nie deur Christien Neser
Dié aksiebelaaide jeugverhaal ontvou in ’n briljante kragtoer van vergifnis, selfaanvaarding en ook tweede kanse. Dit leer ook dat jy kan triomfeer en steeds sukses kan behaal ná ’n teleurstelling, al beteken dit jy sal moet harder werk en meer kreatief dink, skryf Louise Viljoen.
19 Junie
Knip, verf, plak – 50 prettige kunsprojekte deur Susie Brooks
Die verbeeldingryke dog eenvoudige projekte is pragtig geïllustreer en die instruksies maklik om te volg. Kinders (én grootmense!) kan na hartelus knip, stempel, plak, verf, skep en sommer baie pret hê wanneer hulle die fassinerende aktiwiteite aanpak en kuns maak uit weggooigoed. Lees die resensie.
21 Junie
Grilgrypers 2: Web van die mummie deur De Wet Hugo
Die tema van die boek is dat mens sterker as jou vrees moet wees; dat jy jou ergste vrese in die gesig moet staar en dit teenstaan. Die goeie oorwin wel die bose, verduidelik Louise Viljoen.
28 Junie
Hoezit! Die wonderwêreld van die ruimte deur Jaco Jacobs en Fanie Viljoen
Skaf gerus hierdie leersame boek aan vir ’n weetgierige kind. Jy sal hiermee sy of haar algemene kennis oor die ruimte verbreed, skryf Louise Viljoen.
Skrywers en boeke (RSG)
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Junie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270
Woensdag 6 Junie
Die Britse skrywer Kate Mosse was onlangs in Suid-Afrika om haar nuwe roman The Burning Chambers, wat in Franschhoek afspeel, te kom bekendstel. Mosse is ook een van die stigterslede van die Orange Prize for Fiction, en gesels oor dié gesogte prys en haar eie skryfwerk. Rudie van Rensburg gesels oor sy nuwe spanningsroman Ys. Johan Myburg deel oudergewoonte interessanthede uit die internasionale boekewêreld.
Woensdag 13 Junie
Ilse Salzwedel gesels met Anneliese Burgess oor Heist, haar boek oor transitorooftogte. Annemarie van der Walt vertel waarna feesgangers kan uitsien by die ATKV-Boeke-oase by Innibos. Johan Myburg deel nuus uit die internasionale letterkunde, en praat onder meer oor ’n bekende skrywer se woede omdat sy nie vir ’n internasionale prys benoem is nie.
Woensdag 20 Junie
Ilse Salzwedel gesels oor kinder- en jeugboeke, en drie jong lesers vertel wat hulle dink van die Afrikaanse boeke wat hulle onlangs gelees het. In sy insetsel oor die internasionale boekwêreld gesels Johan Myburg onder meer oor die PEN Pinter-prys en die wenner van die Women's Prize for Fiction, Kamila Shumzi. Sy lees ook voor uit haar wenboek.
Woensdag 27 Junie
Kuier saam by die AKTV-Boeke-oase by Innibos! Paul Eilers, oud-radioman en akteur, lees ’n kortverhaal voor. Die geskiedkundige en skrywer Fransjohan Pretorius gesels oor storielegendes van die Laeveld. Annemarie van der Walt, organiseerder van Innibos se boekeprogram, vertel waarna boekliefhebbers kan uitsien. Die akoestiese groep, Hummingbirds, sorg vir musikale vermaak.
Vers en klank (RSG)
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Junie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102
Dinsdag 5 Junie
Karen Hougaard lees sonnette van William Shakespeare.
Dinsdag 12 Junie
Joanie Combrinck lees verse uit die bundel, Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte.
Dinsdag 19 Junie
Johann Nel lees NP van Wyk Louw se gedig, Die hond van God.
Dinsdag 26 Junie
Frieda van den Heever lees verse wat in haar studentejare ’n invloed op haar liefde vir verse gehad het.
Woorde wat weeg
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/
Versindaba
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
Die volgende resensies en onderhoude het in Junie verskyn:
Gisela Ullyat resenseer Weer-lig deur Fransi Nieuwoudt
Vrouekeur
Willie Burger het gedurende Junie die volgende resensies en rubrieke gelewer:
17 Junie
Kies ’n boek: Die dao van Daan van der Walt deur Lodewyk G du Plessis
24 Junie
Kies ’n boek: ’n Bespreking van werke van Tom Wolfe en Philip Roth
30 Junie
Kies ’n boek: Wit issie ’n colour nie deur Nathan Trantraal