Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Julie 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Julie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
1 Julie
Onderhoud: Merang-poësiebloemlesing ‘laat Afrikaans soos ’n fontein borrel’
AJ Opperman in gesprek met Alwyn Roux en Neil Cochrane, samestellers en redakteurs.
Onderhoud: ‘Die dood van Rachel April’ ontrafel identiteit met raaisel in ’n raaisel
Karla van der Merwe in gesprek met Pieter P Fourie
2 Julie
Boeke: Op 83 vind beurswennner ’n nuwe lewe in MA in kreatiewe skryfwerk
AJ Opperman gesels met Johannes Hamman
3 Julie
By my lees: Herschelle Benjamin
4 Julie
Profielonderhoud: ‘Waansin, onsekerheid en wat dit is om ’n mens te wees’
Murray La Vita in gesprek met Sean Baumann
Onderhoud: Die soeke na ’n gevoel van behoort in ’n tyd van geweld
Laetitia Pople in gesprek met Claire Robertson
7 Julie
Resensie: ‘Nagdier’ hou lesers op die punt van hul stoel
Stefaans Coetzee resenseer Nagdier deur Marie Lotz
Resensie: ’n Lieflike, komplekse storie
Ilza Roggeband resenseer Favourite daughter deur Morgan Dick
Resensie: ‘Canary’ ’n behoorlike riller
Jonathan Amid resenseer Canary deur Onke Mzibuko
Boeke: Netwerk24 se topverkopers vir Junie
Uittreksel: ‘Die internet is jou giftige vennoot en vergeet nooit’
’n Uittreksel uit How not to mess up online deur Emma Sadleir en Rorke Wilson
Boeke: Op 25 wys Themba die pad na hoop aan met 25 wyshede
11 Julie
14 Julie
Boekevat: Mandela-kunswerk vra ’n ander perspektief
’n Rubriek deur Jo Prins
Resensie: ‘Vlinder’ is ’n heerlike riller
Stefaans Coetzee resenseer Bloed van ’n vlinder deur Marieta Carrick
Resensie: Kuns van die liefdesverhaal
Jonathan Amid resenseer Die boekengel deur Malene Breytenbach
Resensie: Dalk is weemoed oral ’n universele konstante
Johann Rossouw resenseer Op pad na ’n klooster in die sneeu deur Johannes de Villiers
Uittreksel: ‘Goeie dade is baie kostedoeltreffend’
Uittreksel uit Moral ambition deur Rutger Bregman
Boeke: Oude Leeskamer op Stellenbosch bied ryk verweefde program vir kuns en kultuur
15 Julie
Boeke: Bekroonde skrywer hoop sy ‘Patmos’ is ‘ook net ’n boek’
’n Onderhoud met Willem Anker
18 Julie
Boeke: Nobelpryswenner by boekvoorlesing wat solidariteit met Gasa toon
19 Julie
Profielonderhoud: Samuel Daniell, ‘’n enigma wat kon sién’
Murray La Vita in gesprek met Michael Stevenson
21 Julie
Boekevat: ’n Vuurwarm kouter teen die groot vergeet
’n Rubriek deur Jean Meiring
Resensie: Skeppende energie borrel hier in Afrikaans
Louise Viljoen resenseer Merang, saamgestel deur Alwyn Roux en Neil Cochrane
Resensie: Nóg kos vir King se dissipels
Anschen Conradie resenseer Never Flinch deur Stephen King
Resensie: ’n Juweel in Viljoen se kroon
Ilza Roggeband resenseer Sny hulle in sterre uit deur Fanie Viljoen
23 Julie
Boeke: Annelie Botes op Prins Albert Leesfees gehuldig
26 Julie
Boeke: Open Book Festival veg vir voortbestaan – en verdien steun
28 Julie
Resensie: Baker se Rooi angelier heerlike heruitgawe
Joan Hambidge resensee Die rooi angelier deur Eleanor Baker
Resensie: Twee beskadigdes se aarselende verhouding
Marni Bonthuys resenseer Patmos deur Willem Anker
Uittreksel: Ernstige vrae oor jou tiendes aan die kerk
31 Julie
Sterfteberig: Pirow Bekker (89) sterf
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Julie op LitNet verskyn:
Gevarieerdheid en inklusiwiteit laat Merang vonkel: ’n lesersindruk
The shortest history of China deur Linda Jaivin: ’n resensie
Die moord op Deveney Nel deur Julian Jansen: ’n lesersindruk
Francois Verster praat met Naomi Meyer oor sy jongste boek, Ill at ease.
In gesprek met Johannes de Villiers oor Op pad na ’n klooster in die sneeu
Die volgende resensies en rubrieke het gedurende Julie in Rapport verskyn:
6 Julie
Boeke: 100 beste Afrikaanse boeke om ’n eeu van Afrikaans te vier
Uittreksel: Vredemaker deur Reggie Peace
Resensie: Hoop, vergiffenis, genesing en ’n helse kinkel in die stert
Deborah Steinmair resenseer Air deur John Boyne
Resensie: Vir tieners: Lees hier voor jy spog met jou vakansie of stoute foto’s neem
Fanie Viljoen resenseer How not to mess up online deur Emma Sadleir en Rorke Wilson
12 Julie
Boeke: Nr 91: ‘Die man wattie kinnes vang’ is bondig, kragtig en dig
Deur Bibi Slippers
Boeke: Nr 92: ‘Beertjie en sy boytjies’ moet ’n movie word
Deur Erns Grundling
Boeke: Nr 95: André P Brink oor sy ‘gewelddadigste boek’
Boeke: Nr 96: Kan Vos ooit aan die magte van die Bose ontkom?
Deur Joan Hambidge
Boeke: Nr 97: Knoop maar Kirby van der Merwe se naam iewers vas
Deur Fanie Olivier
Boeke: Nr 98: ‘’n Groot plesier’ – Jan Rabie verras met sy roman
Deur WEG Louw
Boeke: Nr 99: ‘Die mugu’ – daai gelukskoot met ’n donker kant
Deur Joan Hambidge
Boeke: Nr 100: ‘Geknelde land’ – hier is lewendige, fris Afrikaans
Deur WEG Louw
13 Julie
Resensie: Johannes de Villiers se kloosterboek seën jou met stilte, sin en betekenis
Bibi Slippers resenseer Op pad na ’n klooster in die sneeu
Resensie: Die hoopvolle verhaal van twee susters se vlugtog uit die DRK
Riette Rust resenseer The smallest ones deur Popina Khumanda
19 Julie
Nr 81: Dís hoe André Brink Barbier in ’n onthou-naam verander het
Deur Coenie Slabber
Nr 84: Met ‘Plaasmoord’ bestorm Karin Brynard ’n moeilike tema
Deur Jaybee Roux
Nr 85: ‘Moerbeibos’ is ’n gesanik rondom ’n storie – André P Brink
Nr 85: ‘Moerbeibos’ bly na 40 jaar steeds relevant
Deur Stefan van Zyl
Nr 87: ‘Dis ek, Anna’ se verhaal tref diep
Deur Erika Oosthuysen
Nr 88: ‘Klaaglied vir Koos’ is van die beste prosa in jare
Deur André P Brink
Nr 89: Dié Matthee-roman dis geskiedenis op as ’n smulmaaltyd
Deur Barrie Hough
20 Julie
Resensie: Skrywer pak laag vir laag lewe aan suidpunt van Afrika
Annelise Erasmus resenseer The immortalites deur Claire Robertson
Resensie: Boeiende boek oor ged het sente vir swiets, maar min goud
Johan Fourie resenseer Money: A story of humanity deur David McWilliams
Resensie: Blitssnel tempo, kort hoofstukke gee aan dié boek vlerke
Stefaans Coetzee resenseer Donkermaan deur Jaco Wolmarans
26 Julie
Nr 71: Etienne Leroux se jongste is ’n boeiende werk
Deur FIJ van Rensburg
Nr 72: ‘Die uurwerk kantel’ is ’n lewensblye klein roman
Deur André P Brink
Nr 73: ‘Sirkusboere’ – ’n Goeie boek daag die leser uit
Deur Izak de Vries
Nr 74: ‘Laat vrugte’: Hy gaan terug plaas toe, maar dit bly ’n pessimistiese boek
Deur G Dekker
Nr 75: Plaasnovelle bied ná 90 jaar steeds aktuele kwessies
Deur Stefan van Zyl
Nr 76: Heerlike novelle toon Goosen se vakvernuf
Deur André P Brink
Nr 77: ‘Bidsprinkaan’ vertel boeiende storie met humor
Deur Willie Burger
Nr 78: Lof vir Langenhoven se ‘Loeloeraai’
Nr 80: ‘Bloedrooi hemel’ bring harde waarhede na die lig
Deur Elna van der Merwe
27 Julie
Resensie: Afrikaans gevier – dié mirakel hoort op jou bedkassie
Deborah Steinmair resenseer Merang, saamgestel deur Alwyn Roux en Neil Cochrane
Uittreksel: Dana se nuwe boek: ‘Ek, Pa en die Griekwas se grootste triomf’
Deur Dana Snyman
Die volgende resensies en onderhoude het in Julie onder redaksie van Suné van Heerden op Maroela Media verskyn.
4 Julie
Rocker, skrywer pen saam treffende outobiografie
Annie Klopper en Francois van Coke het op die eerste dag van Toyota se Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees met Maroela Media gesels oor sy outobiografie “Hoe ek dit onthou”.
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/rocker-skrywer-pen-saam-treffende-outobiografie/
Lesersindruk | Fanie Viljoen se ‘Sny hulle in sterre uit’ kloof diep met spanning
Wat gebeur as ʼn gewone skooldag in ʼn nagmerrie ontaard, wanneer die aarde om jou bewe en jou bekende wêreld letterlik om jou ineenstort?
Luister hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/lesersindruk-fanie-viljoen-se-sny-hulle-in-sterre-uit-kloof-diep-met-spanning/
6 Julie
Luister | Elke vrou se storie waardig, veilig in God se hande
“My boodskap aan vroue is dat jy God se geliefde is. Hy het ʼn plan met jou lewe en jou storie.”
Luister hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-elke-vrou-se-storie-waardig-veilig-in-god-se-hande/
11 Julie
Luister | Demi-Leigh vind identiteit in hemelse kroon
“Dit is so spesiaal om te weet dat hierdie boek ook op my eie dogtertjie se boekrak gaan wees.”
Luister hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-demi-leigh-vind-identiteit-in-hemelse-kroon/
13 Julie
Boekresensie: ‘Patmos’ deur Willem Anker
Melancholies is die gevoel wat ʼn mens oorhou na die lees van die boek. Maar ook nie net dít nie. Die vermoë wat die mens het om sin te maak bied immer hoop, skryf Johan Myburg.
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-patmos-deur-willem-anker/
27 Julie
Knysna-olifante | Boek teken ryk geskiedenis, stories op
“Ek het vasgestel dat Oupoot, die laaste oorlewende Knysna-olifant, in 1970 gebore is en vanjaar dus 55 jaar oud word.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/knysna-olifante-boek-teken-ryk-geskiedenis-stories-op/
Oudword wag op ons almal – as ons gelukkig is
Weet ons genoeg van oudword, of is dit steeds iets waaroor ons nie graag lees nie en skrywers nie graag skryf nie?
Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/oudword-wag-op-ons-almal-as-ons-gelukkig-is/
Klyntji.com is ’n voortlewing van Ons Klyntji, die eerste en oudste Afrikaanse tydskrif. Klyntji.com bestaan van 2014 af en is ’n onafhanklike webjoernaal wat fokus op diverse en progressiewe Suid-Afrikaanse kuns en kultuur.
28 Julie
Huldeblyk: Mag nog vele hoopvolle queers Johann de Lange se werk met oorgawe lees
Deur Zian Viviers
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Julie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by: https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/skrywers-en-boeke/
Woensdag 2 Julie
Wie was die man agter die legende? C Johan Bakkes, die bekende en gewilde reisskrywer, se vrou Nanna, ander familielede en Johan se heel naaste vriende onthou hom. Jy kan ook luister na uittreksels uit ’n 2010-onderhoud waarin Daniël Hugo met Johan gesels het.
Woensdag 9 Julie
Wil jy ’n radiodrama skryf? Hoor hoe skrywers Hendie Grobbelaar en Annerle Barnard dit aangepak het. Estel de Beer, RSG se dramahoof, het ook praktiese inligting oor vanjaar se radiodramaskryfkompetisie. Jy kan ook meer uitvind oor Hendie se debuutroman, Wilde vere. Johan Myburg het interessante nuus uit die internasionale boekwêreld, en gesels onder andere oor die Orwell-pryse.
Woensdag 16 Julie
Suzette Myburg praat met Reginald Hufkie, ‘n suksesvolle akteur wat ewe bekend is as die musikant Reggie Peace, oor sy inspirerende lewensverhaal, Vredemaker. Ons onthou vir Jeanne Goosen, wat op die 13e Julie haar verjaarsdag sou vier. Johan Myburg het nuus van regoor die boekewêreld. Hy gesels oor die invloed van kunsmatige intelligensie op letterkundige vertaling, die wenner van vanjaar se PEN Pinterprys, en ‘n groot letterkundige prys spesiaal vir skrywers uit Brics-lande.
Woensdag 23 Julie
Ilse Salzwedel gesels met Marthinus van Bart, oud-joernalis en kultuurskrywer, oor sy boeke oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis (Die Kaap van slawe, Songs of the veld-heruitgawe, Die Wolraad Woltemade gedenkboek). En as jy hou van boeke wat jou laat lag, Johan Myburg het ’n paar aanbevelings van boeke wat al vir die Bookerprys benoem is. Hy bring ook hulde aan Andrea Gibson, digter en aktivis, wat onlangs oorlede is, en vertel meer oor drie nuwe nie-fiksie boeke wat binnekort internasionaal verskyn. Jy kan ook luister na ’n kort uittreksel uit ’n onderhoud wat in 1999 met Eleanor Baker gevoer is.
Woensdag 30 Julie
Ilse Salzwedel gesels met Maretha Maartens, wat onlangs haar 80e verjaarsdag gevier het. Maretha het meer as 160 boeke in verskeie genres geskryf, en gesels oor haar loopbaanhoogtepunte en -uitdagings. Johan Myburg vertel meer oor Woody Allen (wat vanjaar 90 word) se roman, internasionale misdaadfiksie en rillers, en die Noorweegse skrywer Linn Ullmann se biografiese roman, GIRL1983.
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Julie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by: https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/vers-en-klank/
Dinsdag 1 Julie
Elisabeth Eybers se gedig oor Maria is sekerlik die mees bekende vers oor ’n Bybelfiguur. Daar is ook heelwat ander gedigte oor bekendes uit die Ou én Nuwe Testament geskryf – soos Kaïn, Moses, Simson, Lasarus en Judas. Pieter van Zyl lees gedigte voor oor bekende Bybelfigure.
Dinsdag 8 Julie
Sophia van Taak praat met professor Joan Hambidge oor die nalatenskap van haar goeie vriend, die digter Johann de Lange, wat in Maart vanjaar oorlede is. De Lange het in sy leeftyd 15 digbundels gepubliseer, hy het kortverhale geskryf en ook ander Afrikaanse digters se werk na Engels vertaal. Hy was die samesteller van menige bloemlesing uit die werke van, onder andere, Hennie Aucamp, Wilhelm Knobel en Lina Spies, en ook die oorhoofse redakteur van AVBOB se jaarlikse poësieprojek. As digter het hy grensverskuiwende werk gelewer, veral in sy bundels waarmee hy ’n weg gebaan het vir die erotiese digkuns. Buiten dié liefdesverse het hy ook met groot vernuf oor ander temas gedig. Joan gesels oor sy pa-gedigte, die verse oor Marylin Monroe, en die invloed wat ’n ouer generasie Afrikaanse digters op De Lange gehad het.
Dinsdag 15 Julie
Kan jy onthou wat jy laasnag gedroom het? Almal droom elke liewe nag, maar met die wakkerwordslag is ’n mens se droom dikwels reeds vergete. As jy jou droom wel kan onthou, is dit soms so absurd jy weet nie wat om daarvan te dink nie, en kan maar net lag! Ander kere is ’n droom weer baie rasioneel en voel dit soos die werklikheid. Karli Heine lees gedigte voor oor drome.
Dinsdag 22 Julie
Oorlog is en bly ’n vreeslike wreedheid. Dis dalk nie op die oomblik vir ons in Suid-Afrika ’n realiteit nie, maar elders staan die wêreld op sy kop gekeer, en ons durf nie afgestomp raak vir die verskrikking en ellende wat miljoene ander mense daagliks ervaar nie. Pieter van Zyl en Karli Heine lees gedigte voor oor oorlog. In hierdie eerste program van twee, luister ons na gedigte oor oorloë wat in die vorige eeu geveg is: die Tweede Vryheidsoorlog, die twee Wêreldoorloë, die oorlog in Viëtnam en ook die Grensoorlog in Namibië en Angola.
Dinsdag 29 Julie
Karli Heine en Pieter van Zyl sit die reeks oor oorlog voort. Hulle lees gedigte oor die oorlog in Oekraïne, en die sielkundige impak wat ’n oorlog op soldate en hulle naasbestaandes het.
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied. Ons lys hier enige resensies wat op radio voorgelees is of op ander mediaplatforms verskyn het wat nie reeds by die oorsig ingesluit is nie. Klik op die skakel na die tuisblad vir alle ander inhoud op die blog: http://joanhambidge.blogspot.co.za/
Versindaba
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
4 Julie
Resensie: Merang saamgestel deur Neil Cochrane en Alwyn Roux
Resensent: Marlies Taljard
17 Julie
Resensie: Skulpkrale deur Marié Heese
Resensent: Marlies Taljard
Die volgende resensies, skrywersonderhoude en boekuittreksels het in Julie verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:
Onderhoud: Phyllis Green gesels met François Loots oor Twyfelbos
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Veruska de Vita oor Deep blue
Resensie: Marguerite van Wyk resenseer Sigrid Rides deur Travis Nelson
Twee boeke waarin geloof ’n rol speel:
- Surene Esterhuizen resenseer Die huis op die hoek deur Madeleine Louw Blignault
- Mariette Postma resenseer The prophets deur Robert Jones
Drie jeugromans net reg vir die winter:
- Irma Steffens resenseer Bloedblou, Jan Vermeulen
- Retha Kotzé resenseer Bravo! Charlie deur Jacolet van den Berg en Ons laaste legendariese somer deur Fanie Viljoen
Ons resenseer vier boeke op Barack Obama se leeslys:
- Tina Swiegers resenseer Help wanted deur Adelle Waldman, asook Intermezzo deur Sally Rooney.
- Marguerite van Wyk resenseer Jesmyn Ward se Sing, unburied, sing.
- Antonio Cantoni resenseer Samantha Harvey se Orbital
Vier boeke gelaai met spioene wat alte lekker in die donker konkel:
- Irma Steffens resenseer The summer guests deur Tess Gerritsen en Foul Lady Fortune deur Chloe Gong
- Tina Swiegers resenseer Gabriel’s moon deur William Boyd
- Nadia de Jongh resenseer The blonde identity deur Ally Carter