In gesprek met Johannes de Villiers oor Op pad na ’n klooster in die sneeu

“Ek het in kloosters gewoon, talle geestelike begeleiers gehad, aan die voete van wysgere in die VSA, Birma, Frankryk en Spanje geleer. Al daardie dinge en insigte dam oor die jare heen in jou kop op. Toe ek gaan sit en skryf, was dit soos om ’n sluis oop te trek en het baie daarvan op die bladsye uitgespoel.”