PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Junie 2021

  • 0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2021 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Junie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

1 Junie

Uittreksel: Marita van der Vyver peins oor kombi’s en oorgange
Willem Pretorius se olieverfskildery ‘Bright Eyes’ was die inspirasie vir Marita van der Vyver se skrywe. 

2 Junie

Boekenuus: Joubert se ‘Ons wag op die kaptein’ eersdaags in Nederlands
Die PEN Afrikaans Vertaalfonds befonds die Nederlandse vertaling

3 Junie

Boekenuus: Nuwe bundel met kinderverse van Tienie Holloway uitgereik 

4 Junie

Boekenuus: Leesboek van 1899 by Erfenisstigting bewaar

4 Junie

Boekenuus: Chris Mann se laaste bundel eersdaags uitgereik

Oor die laaste bundel van die digter Chris Mann wat in Maart aan kanker oorlede is.

Boekenuus: Marita van der Vyver gas in program van Zuid-Afrikahuis

7 Junie

Boekevat: Die onblusbare speelsheid van menslike gees
’n Rubriek deur Daniel Hugo

Resensie: Roman meedoënloos, manjifiek, meesleurend
Joan Hambidge resenseer Voorouer. Pelgrim. Berg. deur Ingrid Winterbach

Boekenuus: Fransman maak geskiedenis met Booker-prys
Die Internasionale Booker-prys is vir die eerste keer sedert sy ontstaan in 2005 aan ’n Franse burger toegeken. David Diop is as wenner aangewys.

10 Junie

Boekenuus: Takealot verkoop nie meer e-boeke, sê nie hoekom
Takealot wil nie ’n woord rep oor die rede vir sy besluit om nie meer e-boeke te verkoop nie, berig Christiaan Boonzaier.

11 Junie

Boekenuus: Akademie huldig Anna M. Louw met bundel
Die SA Akademie publiseer ’n huldigingsbundel oor dié Hertzog-bekroonde skrywer.

Boekenuus: Afrikaanse pandemie-bundel vandag bekend gestel
Oor die bekendstelling van Maskers en mure.

Sterfteberig: Bekende skrywer van ‘7 Sisters’-reeks sterf aan kanker
Die gewilde Ierse skrywer Lucinda Riley is oorlede.

14 Junie

Resensie: Daisy gaan jou goed aan hart ruk
Ilza Roggeband resenseer Daisy Jones & The Six deur Taylor Jenkins Reid

Resensie: Ryk ‘ensiklopedie’ belig insekte, biome in fynste detail
Elise Tempelhoff resenseer Pollinators, Predators & Parasites deur Clarke Scholtz, Jenny Scholtz en Hennie de Klerk

Resensie: Lekker debuut vir onder die komberse
J.B. Roux oor Hier verlaat ek jou deur Miriam Telanie

Resensie: Moordmasjien was eens gekweste kind
Neil van Heerden resenseer Hartedief deur Rudie van Rensburg

15 Junie

Prysnuus: Hier is kortlys vir Ingrid Jonker-prys

16 Junie

Kyk weer: Susan Coetzer gesels oor haar nuwe boek

Profiel: Irma Joubert gesels oor laaste boek in oorlog-trilogie
Elretha Britz in gesprek met Irma Joubert oor Na ’n plaas in Afrika

17 Junie

Sterfteberig: SA ‘verloor literêre reus’ van Afrika-letterkunde
Prof. Bhekizizwe Peterson gehuldig 

Kunsnuus: Mthethwa se MAT beding reddingsboeie vir kunstenaars

19 Junie

Boekenuus: ‘Raka’ weer in Engels vertaal
’n Nuwe Engelse vertaling van Raka, die bekende epos deur N.P. van Wyk Louw, is onlangs deur Naledi uitgereik.

21 Junie

Resensie: Vars, nuwe stem boei enduit
Jonathan Amid resenseer Suitcase of Memory deur A’Eysha Kassiem

Resensie: Meesleurende, donker baanbreker
Sonja van der Westhuizen resenseer My Brother deur Karin Smirnoff

Resensie: ’n Bundel waarin die woordrose geil rank
Johan Myburg resenseer Disteltyd deur Marlise Joubert 

Resensie: Vasgenael agter ’n aangrypende storie aan
Francois Bekker resenseer Een of ander held deur Zirk van den Berg

24 Junie

Skrywersgesprek: Winterbach praat oor berge, politieke korrektheid, resensies
Ingrid Winterbach gesels per e-pos met Joan Hambidge

25 Junie

Sterfteberig: Petra Müller in Kaapstad oorlede
Die skrywer, digter en joernalis Petra Müller (85) het gesterf.

Profiel: Petra Müller: Die vrou wat nie wou mak word nie
’n Profielonderhoud uit 2007 deur Murray la Vita

Huldiging: Bekroonde Petra Müller: Vlymskerp, maar ‘sonder airs’

28 Junie

Resensie: Roman met lieflike beelde, kleurryke karakters
Trisa Hugo resenseer Die uil in die ysbos deur Susan Coetzer

Resensie: ’n Kaleidoskoop van aspekte van menswees
Jonathan Amid oor Die vyfde slag deur Johann Grobbelaar 

29 Junie

Boekenuus: Eendag was daar... sprokies op RSG
Nuusberig oor die voorlesing van Die mooiste sprokies van Grimm op RSG

Feesnuus: Skrywers en illustreerders van kinderboeke hou fees
Nuusberig oor die eerste fees vir kinderliteratuur in Suid-Afrika

Skrywersgesprek: Kookboek van onthoukos om vetterig te vat
Laetitia Pople in gesprek met Marinda Engelbrecht

30 Junie

Prysnuus: Ingrid Jonkerprys: Jong digter skryf geweld en armoede oop in wenbundel
Die digter Ryan Pedro is vanjaar die wenner van die Ingrid Jonker-prys

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Junie op LitNet verskyn:

Pienk Ceramic-hondjies deur Ryan Pedro: Poësie oppie man af, broos en grensverskuiwend

Die waarheid oor duiwe deur Gisela Ullyatt: ’n resensie

Robert: A queer and crooked memoir for the not so straight or narrow deur Robert Hamblin: ’n resensie

Dominique deur Erla-Mari Diedericks: ’n resensie

Onverskrokke vroue. Uitdagings en oorwinnings vanaf Bybelse tye tot vandag deur Bettina Wyngaard: ’n resensie

Kom hier dat ek jou soen deur Griet op de Beeck: ’n lesersindruk

Resensie: Dinge van ’n hond deur SP Benjamin

Drie dekades van verandering – die NG Kerk se pad van verruiming deur Neels Jackson: ’n lesersindruk

Leef lig – vyf gewoontes van die Vroeë Kerk en wat dit vir ons vandag beteken deur Jaco Strydom: ’n lesersindruk

’n Baie lang brief aan my dogter deur Marita van der Vyver: ’n resensie

Na ’n plaas in Afrika deur Irma Joubert, ’n resensie

Wanneer gode slaap deur Erwin Mortier: ’n FMR-resensie

Sights, sounds, memories. South African soldier experiences of the Second World War: ’n lesersindruk

Oor en weer deur Trisa Hugo en Analize Viljoen, ’n lesersindruk

Fractal: A tale of three interventions deur Helmut Meijer, ’n lesersindruk

Onderhoud: Soe rond ommie bos deur Veronique Jephtas

Die volgende resensies het gedurende Junie in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

6 Junie

Resensie: Johann Kriegler resenseer Fortuine: Die wel en wee van Afrikaner-magnate deur Ebbe Dommisse

Resensie: Louise Viljoen resenseer Nootvat. Kwashaal. Stapel. deur Bernard Odendaal

Resensie: Jonathan Amid resenseer An Island deur Karen Jennings 

Resensie: Met een voet in die Bybel deur Gert Janse van Rensburg, geresenseer deur Jean Oosthuizen 

13 Junie

Resensie: Annelise Erasmus resenseer Nation on the couch: Inside South Africa’s mind deur Wahbie Long 

Resensie: Hoffie Hofmeyr bespreek Drie dekades van verandering: Die NG Kerk se pad na verruiming deur Neels Jackson

Resensie: Kroonwild deur Henk Breytenbach, geresenseer deur Jonathan Amid

Resensie: Trisa Hugo resenseer Elisabet se oorlog deur Helene de Kock

20 Junie

Resensie: Jonathan Amid bespreek Een of ander held deur Zirk van den Berg 

Resensie: Jean Meiring resenseer Land Matters: South Africa’s Failed Land Reforms and the Road Ahead deur Tembeka Ngcukaitobi

Nuut op die rak: “Louw gehuldig, en ’n kunswoordeboek”

  • Anna M. Louw: Fassinerende, veelkantige skrywer – ’n huldiging, onder redaksie van Chris van der Merwe, en
  • Kunswoordeboek/Arts Dictionary onder redaksie van prof. Alex Duffey en Susan Roets

Nuut op die rak: “Sielsverhale”

  • Jeremy Veary se Into Dark Water: A Police Memoir;
  • Robert: A queer and crooked memoir for the not so straight and narrow deur Robert Hamblin; 
  • Willem (Kaas) van der Waals se outobiografie, Eerste daar;
  • Goed, beter, Betsie deur Elize Labuschagne-Hull;
  • But he speaks so well deur Ivan Johnson; en
  • Comrade Editor: On life, journalism and the birth of Namibia deur Gwen Lister 

27 Junie

Resensie: Louise Viljoen resenseer Vier susters deur Gerda Taljaard

Resensie: Just a Moment deur Schalk Burger sr., saam met Michael Vlismas, geresenseer deur Emile Joubert

Resensie: Riette Rust oor Verhale van hoop: Só help jy jou geliefde en jouself deur Pieter van Zyl 

Resensie: Magdel Vorster resenseer Die 3 van ons deur Zelda Bezuidenhout en Skerwe deur Sally Partridge, in Afrikaans vertaal deur Zelda Bezuidenhout.

Die volgende resensies het gedurende Junie op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

1 Junie

Nêrens veilig – Twee eeue van Suid-Afrikaanse rampe

Weetgierige lesers wat ’n lewendige belangstelling het in die effens meer makabere sy van ons Suid-Afrikaanse geskiedenis, sal in dié boek baie interessante leesstof vind.

Lees die resensie deur Louise Viljoen.

8 Junie

Pippie Langkous-omnibus

Danksy die bekroonde kinderboekskrywer Jaco Jacobs sprankel die teks nou in ’n hupse Afrikaans waarmee hedendaagse kinders kan identifiseer.

Lees die resensie deur Louise Viljoen.

16 Junie

Verhale van hoop

Pieter van Zyl het by onder andere psigiaters en sielkundiges gaan kers opsteek oor wat mense te doen staan wanneer hulle met psigiese siektes te doen kry – hulle eie of dié van hul geliefdes.

Lees die resensie deur Louise Viljoen.

23 Junie

Boek van die maand: Voorouer. Pelgrim. Berg.

Voorouer. Pelgrim. Berg. is ʼn boek wat jou tone laat kwispel (van die lekkerkry). Moontlik is dit die rede waarom ek so stadig lees aan Winterbach se boeke: omdat elke woord (so voel dit vir my) met die hand uitgesoek is, skryf Johan Myburg.

Lees die resensie.

25 Junie

Floreer

Die inhoud is inspirerend en wys daarop dat dit wel moontlik is om bo terugslae uit te styg en te leer hoe om teenspoed makliker te oorkom.

Lees die resensie deur Louise Viljoen.

30 Junie

Leesstof vir die winter

Daar het die afgelope tyd wonderlike leesboeke in Afrikaans by verskeie uitgewers verskyn.

Lees die oorsigresensie deur Louise Viljoen.

Tydskrif vir Letterkunde is ’n aanlyn akademiese joernaal wat twee maal per jaar verskyn en naas navorsingsartikels ook resensies insluit. Die resensies is ooptoegang en die PDF’s kan gratis afgelaai word.

Die volgende Afrikaanse resensies verskyn in die eerste uitgawe van 2021,  met Bibi Burger as resensieredakteur:

Klyntji 

Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Junie onder redaksie van Francois Lion-Cachet verskyn:

Eldorado Park: 'I am the people and the people are me'
Elodie Troskie resenseer Those Who Live In Cages deur Terry-Ann Adams

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Junie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-episode/?series=4793.

Woensdag 2 Junie

Cas Vos gesels met Ilse Salzwedel oor sy passie vir die werk van die Italiaanse digter, Dante, en lees ook voor uit sy vertaling van Dante se Inferno. Johan Myburg vertel meer oor ’n veiling van o.a. die Brönte-susters se werk, ’n ongepubliseerde manuskrip van John Steinbeck en die kinderboekskrywer Eric Carle, wat onlangs oorlede is. Ina Strydom vra in die eerste van ’n reeks slypklasse vir skrywers van radiodrama's die vraag: hoekom skryf mens?

Woensdag 9 Junie

Heruitsending: Die skrywer Elsa Joubert het in 2017 haar 95e verjaarsdag gevier met die publikasie van Spertyd, die derde deel van haar outobiografie. Suzette Kotze-Myburgh het destyds met haar gesels oor haar lewe en skryfwerk.

Woensdag 16 Junie

Luister na ‘n argiefopname uit 1957 waarin die digter en akademikus, W.E.G. Louw, gesels oor dit wat die lewe hom geleer het. Daar is ook ‘n musikale storie uit Coenie de Villiers en Deon Meyer se Karoosuite, met meer inligting oor hulle tweede koffietafelboek, Ons Karoo.  Ina Strydom gesels in vandeesweek se skryfslypskool oor die storie-aspek van skryf. Johan Myburg vertel meer van die wenner van vanjaar se Booker Internationalprys, The New York Times se resensie van Damon Galgut se The Promise en heruitgawes van Jeanette Winterston se boeke.

Woensdag 23 Junie

Ilse Salzwedel gesels met Helene de Kock oor haar jongste roman Elisabet se oorlog. Die kinderboekskrywer Fanie Viljoen vertel meer van vier nuwe boeke in sy Klein Boeke-reeks, en ons gesels ook oor sy eerste geestelike kinderboek Briewe van Mieliepit.  In die derde aflewering van ons RSG Radiodrama Slypskool gesels Ina Strydom oor wat belangrik is wanneer jy ‘n radiodrama skryf, en spesifiek hoe klank die storie moet vertel. Johan Myburg gesels in sy internasionale bydrae oor die PEN Pinterprys, vanjaar se Pulitzerpryswennerboeke en nog ‘n prys vir Maggie O’ Farrel se roman Hamnet.

Woensdag 30 Junie

Ons bring hulde aan die skrywer en digter Petra Müller, wat verlede week oorlede is. Jy kan luister na ‘n gesprek wat Suzette Kotze-Myburgh in 2016 met haar gevoer het. Ina Strydom gesels in ons skrywerslypklas oor die skryf van dialoog, veral vir radiodramas. Johan Myburg gesels oor ’n e-boekprojek wat ou Australiese letterkunde wil help bewaar, en hy vertel meer oor die werk van die Ierse topverkoperskrywer, Lucinda Riley, wat onlangs oorlede is. 

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Junie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-episode/?series=4896.

Dinsdag 1 Junie

Cintaine Schutte lees gedigte voor uit Irize Loots se debuutbundel, Vlieg vorentoe. Irize is in Johannesburg gebore. Sy studeer musiek aan Unisa en verwerf ’n BA en diploma in verhoogbestuur aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy woon sedert 1993 in Amsterdam, waar sy ’n Gestaltterapiepraktyk het, klavierles gee en deeltyds by ’n uitgewer van wetenskaplike, tegnologiese en mediese tydskrifte werk. Haar debuutroman, Dromers (2018) is in 2020 vir ’n ATKV-woordveertjie genomineer.

Dinsdag 8 Junie

Die digter, akademikus en literêre kritikus, Joan Hambidge, gesels oor haar nuwe bundel, Nomadiese sterre. Sy lees ook gedigte uit hierdie besondere bundel voor. Johan Myburg merk op: “Wat deurgaans opval is Hambidge se omgaan met “hartenswoorde”: woorde wat ʼn duidelike persoonlike betekenis het, maar só geboetseer word dat dit die leser toelaat om ʼn eie “hartensbegrip” daaraan te koppel. Wat veel vreugde bied is die spel en dikwels speelse manier waarmee sy omgaan.”

Dinsdag 15 Junie

Daar was al heelparty digtende dokters in Afrikaans en alhoewel sommige bekend is vir sogenaamde mediese poësie waarin die mediese veld betrek word, dig ander gewoon oor die lewe en die dood en die liefde en al die groot temas. Alhoewel daar ongeveer 17 digtende dokters is wat gepubliseer is in Suid-Afrika, kan jy uitsien na gedigte deur Eugéne Marais, Henk Rall, Phil du Plessis, Gilbert Gibson, Len S. Louw, Hennie Nortjé, Ilse van Staden en Hendrik J. Botha. Johann Nel gaan die gedigte voorlees.

Dinsdag 22 Junie

Jana Kruger lees gedigte uit regsgeleerde en musikant, Bester Meyer, se debuutbundel, die Testament. Hy is in Alberton gebore. Hy studeer regte by RAU, en word daarna ’n prokureur by ’n firma in Kaapstad wat destyds opgetree het as Nelson Mandela se regsverteenwoordiger. die Testament is uitgegee tesame met ses toonsettings van onder andere Breyten Breytenbach en Ingrid Jonker, getiteld Musiek vir jou ure.

Dinsdag 29 Junie

Eben Genis lees gedigte uit die bundel, Weerbare weemoed, deur die Belgiese digter Luuk Gruwez, vertaal uit die Nederlands deur die bekroonde digter en letterkundige Hennie van Coller. “Lesers (en veral poësieliefhebbers) is Van Coller groot dank verskuldig dat hy dié ‘sprong in die duister’ gewaag het, want in sy vindingryke vertalings in Weerbare weemoed word die vele fasette van Luuk Gruwez se eiesoortige digterstem – die weemoed, wanhoop én waansin; die heimwee, maar ook die ironie – in klinkende Afrikaans vasgelê.” - Prof. Thys Human, letterkundedosent, Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus).


De Week van de Afrikaanse roman bied in samewerking met die Taalunie en die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam ’n aantal aanlyn gesprekke aan oor Afrikaanse letterkunde: ‘Boeken uit het Huis’. Die gesprekke vind in Nederlands en in Afrikaans plaas.

In Junie is die volgende gesprek beskikbaar gemaak:

24 Junie

Boeken uit het Huis: Marita van der Vyver

In die vyfde aflewering van ‘Boeken uit het Huis’ is Marita van der Vyver in gesprek met Francine Maessen oor ’n Baie lang brief aan my dogter, “een liefdesverklaring aan haar dochter, Zuid-Afrika en het Afrikaans.”

Prof. Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied: http://joanhambidge.blogspot.co.za/.

 

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

7 Junie

Resensie: Klinkklaar
Nini Bennett resenseer Klinkklaar deur Daniel Hugo

15 Junie

Resensie: Heenkoms
Joan Hambidge resenseer Heenkoms deur Meyer van Rensburg

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top