Pasgelaai

LitNet: Water en stemme

LitNet Nuusbrief 2024-05-02

LitNet: Water en stemme

Nuut by Lapa: Sneller deur Sunel Combrinck

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-05-02

Een oomblik. Twee mense. Drie skote. In ’n oogwink kan alles verander. Inneke ontmoet vir Logan op haar eerste dag by haar nuwe skool. Daar is onmiddellik ’n vonk tussen die twee. Maar Inneke het ’n geheim. Een wat alles tussen haar en Logan kan vernietig, want sosiale media het ’n ernstige verwoestende kant. Is Inneke en Logan se liefde sterk genoeg om ’n donker geheim te weerstaan?

 

 

Nuut by Lapa: Sanri Steyn – omnibus 3 deur Theresa van Baalen

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-05-02

Sanri Steyn droom daarvan om eendag ’n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef Sanri en haar beste vriend, Markus, allerlei vreemde avonture – van vampiere wat op die dorp kom woon, tot ’n weerwolfmeisie wat haar opwagting in hul klas maak! Die aweregse humor en lekker grillerige avonture in hierdie gewilde reeks sal seuns en meisies vasgenael hou!

Nuut by Penguin: Die beweging van bloed deur Pieter Stoffberg

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-05-02

Professor Nino Everhard word op sy kombuisvloer wakker met bloed oral. Iemand het ingebreek en hom en sy vrou, Willemien, aangeval, maar niks gesteel nie. Wat wou die aanvaller hê? Nino weet dit was nie toeval nie. Hy is uitgekies. Iemand wou vir hom ’n boodskap stuur. Op sy speurtog na antwoorde lei die leidrade hom op ’n kronkelpad deur sy verlede na die skadukant van die samelewing.

Verkiesing 2024: Waar pas die VF Plus in die prentjie?

Freek Robinson, Pieter Groenewald Onderhoude 2024-05-02

Hoe beskou die Vryheidsfront Plus Afrikaner-kiesers? Hoe sien Suid-Afrikaners die VF Plus? Wat voorspel hierdie party vir die 2024-verkiesing? Wat is die boodskap aan en prioriteit vir Suid-Afrikaners? Pieter Groenewald, die leier van hierdie party, gesels met Freek Robinson.

Waiting for water

Karen Jennings Opinion 2024-05-02

"I don’t have the answers or pretend that any of this is easy. Nor will I accept that the ANC inherited an immaculate country in 1994. There was a lot to address – many vast inequalities and systems which were already corrupt and unjust. But it is now 30 years later and there is no denying the fact that we should be much further along ..."

Persverklaring: Andrew Murray-prys | Twee boeke uit die stal van Naledi wen gesogte literêre pryse

LitNet Boeke en skrywers 2024-05-02

Die Andrew Murray-prys is die “moederprys” onder die sambreel van die Andrew Murray-Desmond Tutu-prysfonds wat in sy oorspronklike vorm al bykans 44 jaar bestaan en jaarliks vir teologiese en algemeen-Christelike publikasies toegeken word.

Persverklaring | Die Afrikaanse Taalmonument: Wen R10 000 vir 'n monumentale logo!

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2024-05-02

Wen R10 000 vir 'n monumentale logo! En vertolk só geskiedkundige rol vir Taalmonument se 50ste. Soos Afrikaans self, is die monument ten nouste gewortel in die kontinent van Afrika, dus mag die inheemse kreatiwiteit vloei! Sperdatum is 31 Mei 2024.

Luisterverhale: "’n Emmer tanne vir ’n hospitaal holbekke" deur Jan Spies, voorgelees deur Tobie Cronjé

Jan Spies, Tobie Cronjé Luisterverhale 2024-05-02

Tobie Cronjé lees Jan Spies se verhaal "’n Emmer tanne vir ’n hospitaal holbekke" voor. Die verhaal het oorspronklik in Poort deur die koue, in 1984 deur Tafelberg uitgegee, verskyn.

Gewaarwordinge van die eerste verkiesingsdag, 27 April 1994

Danie van Wyk Seminare en essays 2024-05-02

"Ek onthou dat daardie dag ’n koue en triestige dag in die Kaap was, maar dit het niemand teruggehou om hul kruisies te gaan trek nie."

Pasverskyn: Portchie: Van Tweeling tot Trafalgar Square – ’n memoir

LitNet Boeke en skrywers 2024-05-02

Portchie is een van Suid-Afrika se suksesvolste kunstenaars, maar wie is die man wat agter die skilderye skuil? En hoe en wanneer het Jan Hendrik Viljoen van die klein dorpie Tweeling in die Vrystaat aangemeld om die wêreldbekende kunstenaar Portchie te word? Hierdie memoir kombineer Portchie se inspirerende verhaal met foto’s, 60 skilderye, 12 beelde en selfs sy gunstelingresepte.

Justice for Joslin

Catherine Janse van Rensburg Poësie 2024-05-02

"Vou die groen berge
giet die goue son
om my graf"

Club 5113

Neo Mehlomakulu Poësie 2024-05-02

"nog gister het julle my op die discobal gesit en my siel glo belig!"

Sketse van liefde

Marius Nigrini Poësie 2024-05-02

"trap sag wanneer die liefde verbygaan
wanneer dit stilstaan om geteken te word"

Die virus, die wêreld en Jan-Tuisbly-se-karretjie

Lee Hensberg Poësie 2024-05-02

"meer spook
as vlees
’n tissue"

Journey from apartheid to freedom

Bhekisisa Mncube Opinion 2024-05-01

"Despite our country facing challenges such as crime, corruption and energy insecurity, our democracy is worth defending through our vote."

Breyten Breytenbach’s early and prison poetry: a comparative stylistic analysis

Anke Irene van der Merwe Academic research 2024-05-01

"This article focuses on an interesting phenomenon that was noticed regarding the first parameter, namely that there are considerable stylistic differences between the first two phases of Breytenbach’s oeuvre: the early poetry and the prison poetry."

Breyten Breytenbach se vroeë en tronkpoësie: ’n vergelykende stilistiese ondersoek

Anke Irene van der Merwe LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-05-01

"Dié artikel fokus op ’n fassinerende verskynsel wat ten opsigte van die eerste parameter opgemerk is, naamlik dat daar aansienlike stilistiese verskille is tussen die eerste twee fases van Breytenbach se oeuvre: die vroeë poësie en die tronkpoësie."

Oorsig ‒ Jakes Gerwel-gesprek (Suidoosterfees 2024): Gaan kunsmatige intelligensie oorneem?

Jean Oosthuizen Suidoosterfees 2024-05-01

Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van die Jakes Gerwel-gesprek, “Artificial intelligence – will it take over?”, wat as deel van die jaarlikse Suidoosterfees plaasgevind het. Hierdie gesprek, met Arthur Goldstuck, Fred Roed, Kerushan Govender en Kieno Kammies, is in samewerking met Pan Macmillan SA en Jonathan Ball op 29 April aangebied.

Persverklaring: Sterre of stêre

LitNet Boeke en skrywers 2024-04-30

Rachelle Greeff se slypskool vir voornemende skrywers vind weer binnekort plaas. Klik die skakel vir meer inligting.

Top