Pasgelaai
New from Roger Chennells: All rise: Tales of human rights and wrongs, published by the author
2024-04-25A collection of stories from the life and career of a human rights lawyer, with the focus more on the human condition, and with the law as the backdrop.
Nuut by Protea Boekhuis: Weerskyn deur Alwyn Roux
2024-04-25’n Treffende debuut waarin Roux die siklus van die lewe van jeugherinneringe tot die dood van geliefdes en die skepping van nuwe lewe verken. Die bundel bevat eietydse belewenisse en verwysings na die Covid-tyd waarmee baie lesers sal kan vereenselwig.
New from Jonathan Ball: The Wolf Hunt by Justin Fox
2024-04-25Having left England to join his father in the South Africa, Lieutenant Jack Pembroke has found a new home – and a new love – in Cape Town and is put in command of a small, anti-submarine flotilla at the Royal Navy base in Simonstown. He has precious little time to train his men, and prepare his ships, for the arrival of deadly Nazi wolf packs – U-boats sent by Admiral Dönitz from bases in France to cripple the Cape convoy route.
Nuut by Protea Boekhuis: Blou bloed. Koninklike spore in Suid-Afrika deur Daniël Lötter
2024-04-25Konstantyn II, die laaste Griekse koning, prinses Charlotte van Liechtenstein en die Karadjordjević’s van Serwië het hulle eie bande met Suid-Afrika - en die kroonprins van Albanië praat Afrikaans! Hoe het dit alles gebeur? En hoekom lui die naam lady Juana Smith 'n klokkie?
Nuut by Human & Rousseau: om my kastele in Spanje te sloop deur Jaco Barend-Naudé
2024-04-25Jaco Barnard-Naudé se digdebuut betrek ’n wye verskeidenheid temas: queer identiteit, die trauma van kinderjare, en die verhouding tussen ouers en seun. Deurgaans vloei die digterlike geheue soos ’n leitmotiv deur die verse.
Bou ’n Springbokspan in elke gemeenskap dwarsoor Suid-Afrika! So maak ons hoop!
2024-04-25"Ons Springbokspan is ’n toonbeeld van wat ons kan vermag as mense op ’n nierassige basis saamstaan en hul kundigheid vir ’n gemeenskaplike doel aanwend. Kom ons skep ’n Springbokspan vir elke dorp, stad en landelike gebied en maak hoop!"
Suidoosterfees 2024: ’n onderhoud oor ATKV Jeugteater by die fees
2024-04-25"Die ATKV het nog altyd ’n passie gehad vir teater en doen sy belofte gestand om die toekoms van teater en toneel te ontwikkel. Juis daarom vat die ATKV hande met feeste regoor die land, soos nou die Suidoosterfees, om ’n platform te skep om jongmense se talente uit te stal en jongmense bloot te stel aan teater."
Africanis albus herbesoek: reaksie op die Afrikaner Verklaring
2024-04-25"Dat ons maaksels op hierdie kontinent is, kan nie ontken word nie, maar ons kan gerus skepties wees oor die funksie van aanspraak op hierdie Afrika-identiteit. Alle verbeelde ('imagined') gemeenskappe het ’n sterk verbeelde geskiedenis nodig."
Commendatio: Deon Meyer vereer met die KKNK Afrikaans Onbeperk-prys vir literêre bydrae
2024-04-25"Maar dat die eer wat Deon vandag te beurt val, spesifiek oor Afrikaans gaan, dit is iets baie spesiaals, want dis ’n prys wat, glo ek, erkenning gee aan ’n skrywer wat – al sou dit op vele terreine vir hom sin maak om direk in Engels te skryf – nog altyd vurig en passievol was oor sy moedertaal; die taal van sy woorde, sy verbeelding en sy drome."
Suidoosterfees 2024: ’n onderhoud oor Droomwerk
2024-04-25"Die oproep (op-die-planke-roep) van my voorouers het my ’n geleentheid gebied om oor tyd en plek heen versoening in my familie en my psige te bewerk."
Pasverskyn: Nuwe begin: Die Oranjerivierkolonie en Natal in die naoorlogsjare, 1902–1910 deur Karel Schoeman
2024-04-25Nuwe begin: Die Oranjerivierkolonie en Natal in die naoorlogsjare, 1902-1910 is die sesde en die laaste van die reeks Imperiale somer. Hierdie deel word gewy aan die twee kleinste Britse kolonies in Suid-Afrika gedurende die jare ná die Anglo-Boereoorlog, die Oranjerivierkolonie (Vrystaat) en Natal, en meer spesifiek aan Bloemfontein, Harrismith, Pietermaritzburg en Durban. Aandag word ook geskenk aan die swart gemeenskap in Bloemfontein en op die Vrystaatse platteland, die kwessie van deelboerdery wat toenemende weerstand by wit boere uitgelok het, en die interne spanning in Natal wat ook tot die Bhambatha-opstand van 1906 gelei het.
Press release: Deon Meyer, Coenie de Villiers and André Schwartz for the Karoo Writers Festival
2024-04-24Major names will be in Cradock from 12 to 15 June 2024 for the annual Karoo Writers Festival. Deon Meyer, Coenie de Villiers, André Schwartz, David Viviers and Herman Lategan are but a few of the names that have already been pegged to the performers list.
Luisterverhale: "Die Rachelsporsie" deur Riana Scheepers, voorgelees deur Rolanda Marais
2024-04-24Rolanda Marais lees Riana Scheepers se verhaal "Die Rachelsporsie" voor. Die verhaal het oorspronklik in Dulle Griet, in 1991 deur Tafelberg uitgegee, verskyn.
Afrikaner, wie is jy?
2024-04-24"Die noue bande wat Afrikaners met ander Afrikaners het, is benydenswaardig. Ek wens partykeer die res van Suid-Afrika was so lief vir mekaar soos wat die Afrikaner homself liefhet."
Suidoosterfees 2024: Monsters – ’n onderhoud met Tinarie van Wyk Loots
2024-04-24"Die hegtheid van die spelers het veroorsaak dat hulle speel vir die waarheid en nie die spektakel nie. En as jy speel vir die waarheid is jy as speler oop vir herontdekking."
Suidoosterfees 2024: Lipkap – ’n onderhoud met Frazer Barry
2024-04-24"Die Khoekhoegowab-taal in die produksie word voorgehou as ’n ervaring in plaas van ’n verduideliking. Die taal se klanke is geweldig kompleks en ons het Jan van Riebeeck se 'mis-vat' van die Khoi-Khoi-klanke as voorbeeld."
Suidoosterfees 2024-persverklaring: ATKV gee jong teatermakers gul geleenthede op Suidoosterfeesverhoog
2024-04-24Jong teatermakers kry elke jaar by die Suidoosterfees geleentheid om hul werk aan die publiek bekend te stel en om waardevolle ervaring in ’n professionele teateromgewing op te doen. Op vanjaar se ATKV Jeugteaterprogram – van 26 April tot 1 Mei aangebied as deel van die 21ste Suidoosterfees – is studente, skoliere en amateurgroepe se werk op die Artscape-verhoog.
Persverklaring: Innibos bied ’n oase vir boeke en kuns
2024-04-24Die ATKV-Kuns-en-boeke-oase by Innibos is vanjaar opnuut die toevlugsoord vir lesers en liefhebbers van die skone kunste ná ’n afwesigheid verlede jaar. Eweneens word die ATKV-Boeke-crawl ook weer op Kaapsehoop gehou, en dit is sommer swaargewigte in die skrywers- en musiekwêreld wat daaraan deelneem.
Die Afrikaner Verklaring: Saambou of laertrek?
2024-04-24"Ons wil saamwerk om die land ’n beter plek te maak." ‒ Theuns Eloff. Freek Robinson gesels met Theuns Eloff (fasiliteerder van die inisiatief), Christo van der Rheede (FW de Klerk-stigting) en Barend la Grange (Dialoog vir Aksie).
