Pasgelaai
Luisterverhale: "fascistiese pampoen" deur Breyten Breytenbach, voorgelees deur Marcel van Heerden
2024-04-18Marcel van Heerden lees Breyten Breytenbach se verhaal "fascistiese pampoen" voor. Die verhaal het oorspronklik in Katastrofes, in 1964 deur Human & Rousseau uitgegee, verskyn.
Hoe sal koalisieregerings ná die verkiesing provinsiaal en nasionaal kan werk of misluk?
2024-04-17"Ek dink dit is redelik duidelik dat dominante partydemokrasie verby is." Freek Robinson gesels met die uitvoerende burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink.
Nuut by Naledi: Ek het ’n engel gesien deur Amore Bekker
2024-04-17Ek het ’n engel gesien is stories wat skrywer en raakprater Amore Bekker ontvang het as voormalige RSG-aanbieder nadat sy luisteraars gevra het om hul ontmoetings met engele te deel. Rakende hierdie sonderlinge versameling, haal Amore ’n wyse man aan: “Dit wat ons kan tel, tel glad nie; dit wat ons nie kan tel nie, is al wat tel.” Die verhale in Ek het ’n engel gesien gaan inderdaad oor die onsigbare en ontelbare wat elke leser sal verstom en inspireer.
Nuut by Penguin: Die beweging van bloed deur Pieter Stoffberg
2024-04-17Professor Nino Everhard word op sy kombuisvloer wakker met bloed oral. Iemand het ingebreek en hom en sy vrou, Willemien, aangeval, maar niks gesteel nie. Wat wou die aanvaller hê? Op sy speurtog na antwoorde lei die leidrade hom op ’n kronkelpad deur sy verlede na die skadukant van die samelewing. Elke tree nader aan die waarheid is ook ’n tree nader aan lewensgevaar. Sal Nino die antwoorde kry waarna hy soek?
Nuut by Naledi: Wisselende stemminge deur Cas Vos
2024-04-17In Wisselende stemminge kom die sinvraag van die lewe helder aan die lig. Die mens is ’n lewensreisiger, van sy kleintyd tot hy sy laaste asem kwytraak. Op sy reis ervaar hy ’n wêreld wat in duie stort. En dit alles deur die toedoen van mense. Talle antieke sowel as eietydse taalstrategieë kom in die bundel aan die lig. En die slotsom is: net die liefde kan die oerchaos oorwin.
New from Penguin: Small changes for big results by Warren Ingram
2024-04-17
Nuut by Best Books: Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole saamgestel deur Tanya Viviers
2024-04-17Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul medemens gesien wil word. Fanie Viljoen beskryf hierdie drome en smagting as ’n “reis na nêrens” in sy bydrae.
Nuut by Naledi: Skaakmat in elf deur Etienne Labuschagne
2024-04-17Twee vroue Mossadagente, een ’n Suid-Afrikaansgebore musiekonderwyseres en die ander ’n Britse plantkundige, probeer om die meesterbrein agter die terreuraanval op die Israeliese Olimpiese span by die 1972-Spele in München op te spoor en te elimineer. Een misluk, met katastrofiese en verrassende gevolge. Die ander slaag, maar die nadraai is bittersoet.
Nuut by Naledi: Sewe keer sondig saamgestel deur Stefaans Coetzee en Anschen Conradie
2024-04-1725 kortverhale, die een sondiger as die ander, sal die leser vermaak, ontroer, laat naels kou en dalk selfs laat glimlag. Volgens oorlewering bestaan daar sewe dodelike sondes waaruit alle ander onheilighede voortspruit: hoogmoed, gierigheid,
wellus, afguns, vraatsug, toorn, en luiheid.
Bloedsomer deur Sidney Gilroy: ’n resensie
2024-04-17"Wat die meeste beïndruk, is hoe op aarde Gilroy, ’n sterk, gespierde Afrikaanssprekende man, dit oortuigend regkry om in ’n vrou se kop te klim. Dit moes moed en emosionele insig gekos het. En dan nog boonop iemand van ’n ander ras en kultuur as syne."
Graad 7: Wiskundevraestel en memo, tweede kwartaal
2024-04-17Is jy in graad 7 en wonder jy hoekom die haas so bekommerd na die wortels kyk? Hy het nog nie Wilhelm du Toit se gratis Wiskundevraestel afgelaai nie en die vierkantswortels veroorsaak dus nog vir hom hoofbrekens. Moenie die haas wees nie! Laai die oefenvraestel af en kry die tweede kwartaal se Wiskunde onder die knie.
Can the private sector help solve South Africa’s water crisis?
2024-04-17"Widespread municipal corruption, management failures, poor skills and continual disruptions raise serious questions about the prospects of municipalities or other public bodies sustainably delivering better services. Meanwhile, National Treasury has often cited ineffective grant utilisation by municipalities as a key reason for why water finances have not reached local low-income groups."
Suidoosterfees 2024: ’n Onderhoud met Miché C van Wyk oor Konsistorie: ’n kabaret
2024-04-17"Plattelandse kerksake is maar baie konserwatief, vol politiek en vreeslik sensitief vir verandering. Kabaret, daarenteen, is natuurlik in dié geval gevaarlik en skroom nie om ’n bietjie aan te vat en kommentaar te lewer nie. Die waarheid is ’n naarheid."
Graad 6: Wiskundevraestel en memo, tweede kwartaal
2024-04-17Is jy in graad 6 en sien jy hoe rustig die waterval se waterstrome hier kabbel en vloei? As jy Wilhelm du Toit se gratis Wiskundevraestel en memo hier aflaai, sal jy vloeidiagramme kan oefen – en dit sal jou sommer baie meer rustig en ontspanne oor jou Wiskunde-eksamen laat voel!
bətər kom•mu•ni•ka•sie
2024-04-17"die leser staar skouerophalend en apaties
ondersoekend na die verwronge beeldspraak."
Stilsteen
2024-04-17"in statuur verdwerg tot binnelandse hange, rys die Magalies se sekondêre klowe,
haar voortydse hellings smagtend na reën."
Press release: 2024 Commonwealth Short Story Prize shortlists announced
2024-04-17An international judging panel has shortlisted twenty-three outstanding stories for the world’s most global literature prize. The shortlisted writers hail from 13 countries across the Commonwealth and their ambitious stories span continents and decades.
The Israel-Gaza war – war or genocide?
2024-04-16"The word 'intent' is of paramount importance here."
