...
Tog het koerante ’n unieke en belangrike rol te speel in enige demokratiese samelewing, en meer nog in ’n land soos Suid-Afrika met hoë vlakke van armoede en werkloosheid. Om nuusverslaggewing in Afrikaans slegs aanlyn en agter ’n betaalmuur beskikbaar te hê, sluit noodwendig menige Afrikaanse lesers uit.
...
Media24 se beplande herstrukturering kondig die einde van bastions van gedrukte media aan, bring grootskaalse werksverliese en sal ’n gevoelige slag vir Afrikaanse joernalistiek en die Afrikaanse gemeenskap toedien. PEN Afrikaans betreur dit ten sterkste en doen hiermee ’n beroep op Media24 se direksie om die verreikende sakebesluit te heroorweeg.
Dié mediamaatskappy, wat deur Naspers besit word, het onlangs bekend gemaak dat hulle beplan om die gedrukte uitgawes van verskeie koerante te staak, insluitend City Press, Daily Sun, Beeld en Rapport.
Laasgenoemde twee ikoniese Afrikaanse koerante sal later vanjaar slegs op Netwerk24 gelees kan word. Dit geld ook vir Volksblad en Die Burger Oos-Kaap. Hierdie twee koerante verskyn weliswaar reeds nie meer in gedrukte formaat nie, maar tot dusver kon die koerante nog as e-publikasies in PDF-formaat van Netwerk24 afgelaai word.
Dat al hierdie PDF-uitgawes ook gestaak word, bring ’n einde aan die afsonderlike en unieke identiteit van elke koerant, met dié dat die inhoud as los artikels in die groter Netwerk24 geassimileer sal word.
Die besluit beïnvloed ook die brood en botter van joernaliste en ander werknemers. Werkverliese van 400 poste word in die vooruitsig gestel.
...
Eweneens is dit onbetwisbaar dat Netwerk24 uitstekende waarde vir intekenaars inhou.
...
Die bewyse is klinkklaar dat sirkulasiesyfers daal en dat die uitwerking van die digitale wending vir die mediabedryf ingrypend en onherroeplik is. Eweneens is dit onbetwisbaar dat Netwerk24 uitstekende waarde vir intekenaars inhou.
Tog het koerante ’n unieke en belangrike rol te speel in enige demokratiese samelewing, en meer nog in ’n land soos Suid-Afrika met hoë vlakke van armoede en werkloosheid. Om nuusverslaggewing in Afrikaans slegs aanlyn en agter ’n betaalmuur beskikbaar te hê, sluit noodwendig menige Afrikaanse lesers uit.
Die sluiting van Rapport se gedrukte uitgawe beteken nie net dat die grootste Afrikaanse koerant, en die enigste nasionale koerant in Afrikaans, nie meer op winkelrakke of in lesers se hande sal wees nie; dit beteken dat ’n toeganklike, tasbare, bekostigbare en geliefde formaat vir feite, nuus en verslaggewing in Afrikaans tot niet sal gaan.
Rapport se vryskut-medewerkers is blykbaar ook reeds ingelig dat die (voortaan eksklusief digitale) publikasie se begroting nie meer vir vryskut-personeel voorsiening sal maak nie. Dit sluit die boekeredakteur, rubriekskrywers en resensente in.
...
Indien die boekeblad nie meer voortgesit word nie, sal dit ’n geweldige slag vir Afrikaanse skrywers en resensente wees.
...
Indien die boekeblad nie meer voortgesit word nie, sal dit ’n geweldige slag vir Afrikaanse skrywers en resensente wees. Daar is reeds uiters beperkte ruimte vir boekresensies in Media24 se koerante; só ’n verdere verskraling sal ’n groot verlies wees.
Die bestuur van PEN Afrikaans betreur die drastiese verarming van die (Suid-) Afrikaanse medialandskap wat Media24 se herstrukturering sal meebring.
...
Ons neem kennis dat verskeie sterk stemme teen die beoogde inkrimping opklink, insluitend dié van die voorsitters van Caxton en Capital Newspapers, wat meen dat ander opsies nié deur Media24 ondersoek is nie.
...
Ons neem kennis dat verskeie sterk stemme teen die beoogde inkrimping opklink, insluitend dié van die voorsitters van Caxton en Capital Newspapers, wat meen dat ander opsies nié deur Media24 ondersoek is nie. Die groeiende openbare teenstand sluit ook ’n brief van verskeie oudkoerantredakteurs in.
Ons doen enersyds ’n beroep op Media24 se direksie om die besluit te heroorweeg, met voldoende oorweging van alle alternatiewe wat die voortbestaan van dié gedrukte koerante kan bemiddel, en andersyds doen ons ’n beroep op die lesers van boeke, tydskrifte en koerante om die publikasies na waarde te skat en daadwerklik te ondersteun. Die wêreld sal armer wees daarsonder.
Lees ook:
Koerante se ondergang kan demokrasie ernstig knou, waarsku koerantbaas
Voorlopervroue in die Afrikaanse joernalistiek: Een eeu, drie baanbrekers, drie generasies
Huisgenoot as tydgenoot: ’n mediageskiedkundige kroniek van ’n tydskrif as “skrif” van sy tyd
Kommentaar
Wat het PEN Afrikaans daaroor te sê dat Media24 se literêre pryse skynbaar in die slag gebly het? Volgens beskikbare inligting is die W.A. Hofmeyr-, Recht Malan-, Elisabeth Eybers-, M.E.R.- en Herman Charles Bosman-pryse in 2020 laas toegeken. Dit is veronderstel om jaarliks toegeken te word. Indien die pryse wel sedert 2020 toegeken is, kan PEN my asseblief verwys na plekke waar ek inligting oor die wenners en beoordelaars van 2021 tot 2024 kan sien? Dankie.
Betaalmuur? Ja, papier is ook nie verniet nie. NW24 bied teen ongeveer R100 as (ek reg onthou) daaglikse leesstof plus toegang tot verskeie tydskrifte vir ‘n handvol lesers. In Afrika is daar omtrent nie ‘n siel sonder ‘n selfoon nie; selfoon-netwerke sal wel moet opskerp.
As die hoe-ha om sentiment en werkverlies gaan, begryp ek. Daarenteen, indien NW24 lesers makliker aanlyn met advertensies wil bombardeer wat pal opskiet, indring en manipuleer, verstaan ek ook, maar is nie daarvoor te vinde nie.
‘n Giergat is sielloos, sy taal is geld en hy praat al die dialekte vlot. Wie weet, dalk waai daar nog ‘n windjie van verandering.
Ten slotte kan 'n besigheid nie gedwing word om 'n produk teen 'n verlies te lewer nie. Dit is eenvoudig absurd. As daar nie 'n aanvraag vir Afrikaanse koerante is nie, hoekom moet mediahuise verplig word om sulke koerante te druk net ten einde 'n ideaal te ondersteun. Die probleem lê eerder by die verbruikers wat nie belangstel nie.
So as die publiek nie meer my winkel ondersteun nie, is dit hulle skuld en sluit ek eenvoudig my winkel. Ek dog my winkel is daar om 'n diens aan die publiek te lewer op so 'n wyse dat hulle daarmee tevrede is en my ondersteun.