Pasgelaai
Die Derde Afrikaner – ’n reaksie op die "Afrikaner Verklaring"
2024-04-24"Jy kan sê jy wou meer bruines daar gehad het, of meer rykes, of meer wynboere, of ten minste meer wat in die Suide gestudeer het, of meer slimmes. Maar jy het wat jy het en dit kan ook verander."
Persverklaring: Bekendstelling van Hannes van Wyk se biografie as deel van die Erfenis-reeks | Suidoosterfees 2024
2024-04-24Heritage Travel vier die Suidoosterfees se 21ste bestaansjaar met voorlesings uit die tydskrif se spesiale uitgawes – stories, gedigte en kortprosa. ’n Gedigtekompetise word ook aangekondig, en die boek oor Hannes van Wyk in die Erfenis-reeks kry spesiale aandag – ’n mengelmoes van letterkunde met verskeie kunstenaars.
Nostalgietoer
2024-04-24"Iewers in Pretoria
onder ’n Jakarandaboom
omring met pers bloeisels
bons my hart van vreugde"
Wisselende stemminge deur Cas Vos: ’n lesersindruk
2024-04-23"In hierdie bundel is daar sterk aanduidings van [Cas Vos se] besondere mensekennis. In Wisselende stemminge word die mens se lewensomstandighede uitgebeeld. Donker tye en belewenisse word afgewissel met verwysings na menslike verhoudinge. Die liefde is hierin sentraal."
Die lewe is ’n plek deur Estelle Brits: ’n lesersindruk
2024-04-23"Daar is meer verhale wat jy met ’n knop op die maag lees en die einde wil uitstel, maar jy kan nie. Die lewe gebeur en die lewe is ’n plek. Die liefde in verskeie vorme is inderdaad deel van die lewe en die bundel sluit dit ook in."
World book day: Four young-adult (YA) authors chat about their work
2024-04-23"I was asked to speak about young-adult fiction (YAF). It is a topic I am passionate about, and I love reading YAF, but I am really old. That was one of the reasons I asked four YA authors to share their views on their own writing with the girls. The authors agreed to share their insights with the rest of the country on World Book Day."
Suidoosterfees 2024: Ken jy vir Dewie? – ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck en Ilne Fourie
2024-04-23"Ken jy vir Dewie? nooi die gehoor terug na die skoolbanke, maar ook in die denke van die jong seun Dewie, waar hul sien hoe jarelange boeliery en onskuldige grappies manifesteer en groei tot iets wat onafwendbaar is."
Persverklaring: “Idi en Ome” ontsluit idiomewêreld
2024-04-23Sit skouer aan die wiel en word deel van die ATKV se nuwe veldtog voor dit neusie verby is, want as jy weer sien, is die kalf in die put ... Die ATKV spog met ’n nuwe idiomeveldtog, Die wonderlike wêreld van Idi en Ome, en neem jou vir die volgende paar weke op ’n humoristiese reis deur die ryk taalskat van Afrikaans.
Wat beteken Wêreldboekedag vir boekemense?
2024-04-23Dis Wêreldboekedag op 23 April. ’n Paar skrywers vertel wat dit vir hulle beteken.
Graad 12: Wiskundevraestel 3 en memo, tweede kwartaal
2024-04-23Καταλαβαίνετε Ελληνικά? Wiskunde hoef nie meer vir jou soos Grieks te voel as jy in graad 12 is en nodig het om vir jou eksamen voor te berei nie. Hierdie oefenvraestel deur Lee-Ann West gaan jou in duidelike Afrikaans met jou trigonometrie help. Klik hier om die vraestel en memorandum gratis in PDF-formaat af te laai.
Graad 12: Wiskundevraestel 2 en memo, tweede kwartaal
2024-04-23Is jy in graad 12 en wens jy dat ’n "reeks" maar net die Afrikaanse woord was van ’n "series" wat jy stroom? In hierdie oefenvraestel deur Lee-Ann West leer jy hoe om ’n konvergerende meetkundige reeks binne ’n japtrap onder die knie te kry. Klik hier om die vraestel en memorandum gratis af te laai. Nadat jy voorberei het, kan jy met ’n skoon gewete die ander reeks verder gaan vraatkyk!
SOF Junior: 1 500 kinders per dag kry kuns en kos
2024-04-23"Marieta Nel het besef dat, hoe groot die geleentheid ook al vir die kinders en jongmense is om na die teater te gaan, dit onverantwoordelik sou wees om hulle sonder kos huis toe te stuur. Toe begin sy bel. Iets soos daardie mooi verhaal oor die brood en die vissies het gebeur."
Wêreldboekedag 2024: Trek aan soos ’n Suid-Afrikaanse kinderboekkarakter!
2024-04-23Wil jy Niki Daley se Jamela of Jaco Jacobs se zombie uit Oupa Zombie wees – of dalk ’n Storiemuis uit die luisterboeke? Wat van Liewe Heksie? Die Babalela? Of Asterix? Elke jaar tydens Wêreldboekedag sien mens bekende karakters uit Engelstalige kinderboeke hul opwagting by skole maak, wanneer laerskoolkinders uitgenooi word om die dag te vier en soos ’n gunstelingkinderboekkarakter aan te trek. Waar is ons Afrikaanse en eg Suid-Afrikaanse kinderboekkarakters om saam te speel?
Persverklaring: Wêreldboekedag – maak van lees ’n fees
2024-04-23“Die VVA (Vriende vir Afrikaans) het verskeie projekte om ’n leeskultuur te skep met die oog daarop om kinders in woordryke omgewings te laat grootword,” vertel Chareldine van der Merwe aan Zerelda Esterhuizen.
CJ Langenhoven (1873–1932)
2024-04-23“Skrywers wat meer as bloot meganiese werk lewer, neem die klein dingetjies waar, waarvoor geen grammatikale of stylreëls geformuleer kan word nie.”
Ons is nie almal so nie – ’n reaksie op die sogenaamde "Afrikaner Verklaring"
2024-04-22"Ek is skaam oor sulke gekke uitsprake in die naam van Afrikaans. Ons is nie almal so nie."
Persverklaring: Die Afrikaner Verklaring
2024-04-22Daar word gevra wat Afrikaners benodig om blywend vry, veilig en voorspoedig saam met ander gemeenskappe in Suid-Afrika te kan leef sodat ons ook ’n volhoubare bydrae tot die welstand van ander gemeenskappe hier aan die suidpunt van Afrika kan lewer.
