
Foto: Canva
Hy wat stil vergaan
vanaand sal hy weer sy verdriet afteken
die leuen en illusie dat als reg is
die valsheid en ongeregtigheid van die lewe –
vóór hy aan die slaap raak
sal hy dit afteken aan die somber wind
aan die maan wat elke nag misbruik word
dan sal hy saamsweer met die donkerkamers
die selfvernietiging in hul purpervlerke –
en hy sal word nes ’n slaapwandelaar
stiller en sagter as die alleenheid in poësie


Kommentaar
Baie mooi, Marius. Dit is ook soos dit is.