Boekbekendstelling, 24 Julie 2024 om 18:00
So werk die natuur eintlik! deur Peet van Schalkwyk
Plek: Kantore van die SA Akademie
Adres: Ziervogelstraat 574, Arcadia, Pretoria
RSVP: 20 Julie 2024 by melanie@akademie.co.za
Hierdie boek is geskryf vir alle mense wat geïnteresseerd is in die werkinge van die natuur… en hierdie kundige skrywer doen dit aan die hand van sy vertelling. In hierdie boek is sy vertellings boeiend en uitdagend. Hy bied die harde feite van die wetenskap en hoe die reële wêreld gerat is met die bekoorlikeid van fantasie aan. Daarmee skep die skrywer ’n sprokieswêreld vir die nuuskierige leser, dié wat belangstel in hoe dinge in die natuur werk. So lok hy oud en jonk om saam te kom op Tarantukan se wonderlike verbeeldingsreise.
Daar bestaan ’n behoefte by die hedendaagse publiek om wetenskaplike verskynsels op ’n eenvoudige maklike manier te verstaan, en verklaar te kry. Dit blyk uit natuur- en wetenskaplike programme en aanbiedings op nasionale radio en internationale betaal TV-kanale. Wat meer is, die boek kan ook dien as opvoedkundige bron om vertaal te word in Engels en in twee of meer Afrika-tale. Hierdie boek is ’n samevatting van die skrywer se ervaring met mense se verkeerde opvattings van hoe die natuur eintlik werk, wat op ’n verteltrant boeiend is en verbeeldingsvlugte en denke stimuleer.
Prof Peet van Schalkwyk is sy hele loopbaan met die opvoeding van die publiek, studente en kinders besig, deur wetenskap op ’n populêre manier aan te bied. Hy was medestigter van die Eksploratorium by die Universiteit van Pretoria in 1978 en die stigter van die Wetenskaptuin by die NWU in 1986, beide met elemente wat met die Evoluon in Nederland, kan vergelyk. ’n Groot aantal skole besoek gereeld hierdie sentrums en slaag grootliks daarin om belangstelling in die wetenskap by besoekers te skep.
– Prof Johan MarkgraaffHierdie publikasie is befonds deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.
- Beskikbaar by: Naledi
- Prys: R275