Verbeeldingsvlug van ’n kind

  • 2

Foto: Canva

Verbeeldingsvlug van ’n kind

ek vang my wense kleurvol vas
op ’n spierwit vel papier
met reënboogverf en skilderkwas
kan ek my wêreld mooi versier…

aan die some van my drome
fladder piepklein feetjies rond,
langs helder waterstrome
wei eenhorings spekvet gesond;
waar dwergies hulle woorde
in die towerwoud verloor
sodra die wind se fluisterlied
hulle hart en siel bekoor

wanneer die winterson vuurrooi
deur haelwit wolke bloei
en die maan saans prentjiemooi
deur my kamervenster gloei
in die velde om my lugkasteel
kan ek ’n nuwe wêreld bou
waar woelwaters nog in poele speel
net soos ’n kind mos daarvan hou

  • 2

Kommentaar

  • Beste Loretta

    Ek is Danika Young, tans 'n tweedejaarstudent by Akademia waar ek onderwys studeer (grondslagfase). Ek het nou net U se gedig gelees, en dis vir my uitstekend! U het my geïnspereer om hierdie gedig te gebruik as een van my projekte in Afrikaans wat ek tans moet voltooi. Die projek handel oor waar ons enige geskrewe teks kan gebruik, en dan moet ons die ontleding doen volgens die kennis wat ons al geleer het hierdie semester rakende geskrewe tekste. Ons gaan hierdie aanbieding in die klas voor al die ander studente doen. Ek het dit goed gedink om U te kontak rakende hierdie gedig, omrede ek graag U se perspektief wil sien en hoor wat het U geïnspereer om hierdie gedig te skryf.

    Groete
    Danika

  • Baie dankie vir die skrywe, Danika.

    Dit sal vir my 'n groot eer wees om van hulp te wees met jou projek.

    Izak het vir my jou besonderhede aangestuur en ek maak graag met jou kontak.

    Groete
    Loretta

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top