Ikigai-paradoks

  • 0

Foto: Canva

Ikigai-paradoks

In sewentwintig loods ’n kanniedood
wat uitspiraal met pirouette balans
om so tagtig keer om die son te dans ...
Tot donker energie begin opstoot.

Dog, deur daardie dollos-dronk dimensie
dring sy met adage tot haar ruimste uur.
Met die metafisika aan die stuur
word die “afspraak” die alleen-essensie.

Nou, in die swye van haar eie sfeer,
is sy slegs ’n flou oogknip ver van hom
en die Voyager-orkes wat wink om
te kom vryval dans in die Kosmosfeer.

(opgedra aan Joey Frier Cronjé ter herdenking van haar 97ste verjaardag)

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top