Onrus op Steynshoop
Skrywer: Ingrid Winterbach
Uitgewer: Human & Rousseau (Julie, 2024)
ISBN: 9780798184724
Benna drink sy groentee. Hy eet sy dim sum-kluitjie. Hy dink aan sy pa – vlugtig – hy gaan nie vanoggend by hom stilstaan nie. Dinge het verander. Mense is weg. Sarel, Fonny, Jonah Voorsanger. Hy werk sedert sy pa se dood nie meer in die garage nie, hy werk nou voltyds in die salon. Hy is nou ’n professionele haarkapper. Oftewel, soos sy ma sê, haarstilis.
Die teenwoordigheid van die Chinese op Steynshoop het die dorp die afgelope paar jaar ingrypend verander.
Benne Potgieter, wonderkind in sy prille jeug, ervaar ’n drastiese wending in sy lewe wanneer die skilder Fonny, sy groot verlore liefde, onverwags na die dorp terugekeer. Ook die onvoorspelbare Jonah Voorsanger, met sy af toon en sy intellectual poster boy-voorkoms, maak weer uit die bloute sy opwagting.
Been se kuier by sy vriend Sarel in Ladybrand sorg vir nog ’n verrassing, en die onverwagse besoek van sy broer, Petie – vol spyt en bitter verwyte – is genoeg om Benne lelik van stryk te bring.
Gelukkig bring sy vriendskap met Chaoxing Yang Benna weer terug tot sy ander groot liefde, comics.
Snaaks, droewig, wrang en oneerbiedig – ’n opwindende nuwe roman in ware Winterbach-trant.


Kommentaar
Waar koop ek Winterbach se boek?
Wat is beskikbaar deur Zander Strachen?