Sluit aan by Jonathan Amid en Riku Lätti, sanger en liedjieskrywer, vervaardiger, skrywer, en filmmaker, om Riku se digkuns-debuut, Taboek, te bespreek. Die gedigte, beslis ’n versameling wat die tonge sal laat klap oor die volgende ruk, sal die duo die geleentheid bied om dieper te delf in wat Dana Snyman beskryf as “aangrypende meditasies oor die heilige en die onsekere.” Riku sal ook die middag voorlees uit die bundel en die gehoor kan ’n stimulerende, selfs opspraakwekkende, gesprek verwag.
Stuur gerus ’n e-pos aan Carin by info@oudeleeskamer.org om plek te bespreek.
Taal: Afrikaans
Kommentaar
Ek vind dit onrusbarend dat Dana Snyman (nogal predikantskind) ʼn digbundel onderskryf wat oënskynlik handel om dit wat ‘taboe’ is. Wees sku vir taboe, sê ek altyd. Vermy. Bewandel die lug. Hierdie laissez faire losgat laat gods water maar oor gods akker deur die wingerde van Stellenbosch sypel net waar dit wil, kan nog gestop word. Die titel is Taboe(k). Wat is dit? [Takbok? Simbool van die losbandigheid. Ta ‒ gee. Bo(se). Ek. Oi.] Lees die bundel agteruit en sien self wat gebeur ... Wie sien om na die ingénue?
Ek gooi my hande in die lug. Behoed ons!
Ja die wiele kom nou af. Skrif is aan die muur. Dis omtrent 'n liberale nes daardie. Maar, lyk of dit nogal heel lekker kan wees 😉.
Was ek maar ’n digter het ek sommer vroeg tydens die bespreking reeds ’n draai oor die gehoor gevlieg om my stempel af te druk. Indien die area effens knap is, kan Riku dalk vir die duur net luglangs sit/sweef soos van daai ouens by die malls. Hoe doen hulle dit? Of tegnologie kan dalk vir ’n lugspieëling onder die sitvlak sorg … ’n Illusie skep. Vlerke is so gister. Nes eendimensionele Bybelkarakters met drankprobleme.
Dankie Henning en Die driede Boerkint, vir julle lekker advertensie, ook vir die waarskuwings – ek sal op die uitkyk wees en kom terugrapporteer!
Oorweeg asseblief 'n opname met 'n skakel na die gesprek ná die tyd. Stimulerend en opspraakwekkend wat tonge laat klap moet beslis prikkel, selfs hier in die Kransberg. Lekker, gaan groot of gaan dood. 👻🙏
Hallo Henning,
Dankie vir die bak plan, ek het sommer na aanleiding van wat jy gesê het besluit om die sjou uit te saai en hier is die skakel: https://www.facebook.com/share/v/sTk2iW7K5Z9rqLhy/
Dankie, Riku. Tsk, ek het vanmelewe my lidmaatskap by FB beëindig en die skakel is dus ‘n nuttelose kruik (vir my), maar deur die genade alleen loop ek perdalks iemand in die dorp raak wat die rots voor die grot se bek kan wegrol. Tensy, sê nou maar net, daar ook ‘n skakel, miskien of so, na Google Drive of iets is. [Onthou net om te klik op: make available to public, anyone with link.] 👍😅 Hopelik was dit ‘n eufoniese sukses. Alles van die beste.
Jis Henning: hier is die gesprek op youtube: https://www.youtube.com/watch?v=tDSWKP8Qigg
Dankie vir die deel, dit was ‘n heerlike bederf: gusto en sinergie en die ander lekker dinge. Voorspoed met al die planne.