Pasgelaai
Boekbekendstelling van Theo Kemp se Klein konings
2025-10-11"Die gesprek gaan draai later by fiksie en feite wat mekaar na-aap deurdat een van die Paul Kruger-standbeeld se boerekrygers se voet net ’n paar dae vantevore gevandaliseer en afgekap is."
Life is ’n biets deur Faeed Amardien: ’n lesersindruk
2025-10-10"Lees hierdie onpretensieuse debuutroman van Faeed Amardien en gee dit vir ’n vriend, vriendin en daai tiener wat dalk net hormone, knieë en elmboë is, sodat ons saam kan besluit dat die lewe waaragtig nie fair is nie, en dat elkeen sy eie spoke moet besweer."
In gesprek met Vickie de Beer oor Kombuistaal
2025-10-10"As ons kinders van kleins af by die kookproses betrek en hulle leer hoe om kos te maak, gaan hulle gesonder volwassenes word wat eendag vir hulleself kan kook. Kosmaak het sy eie taal."
Ôs praat met Rafiek Mammon, want dis amper Boogie-tyd!
2025-10-10"Wel, sonder om die proverbial kat uit die mou te laat, is daar baie nuwe, opwindende liedjies vanuit die 70’s en 80’s en ook ’n paar moderne songs, want ons wil ook die jonger gehore trek. Die komedie is heeltemal nuutgeskrewe. So, dis altyd iets om na uit te sien. Ons het nege sangers hierdie jaar, vier dansers en ’n ses-stuk band. Dis ’n regte jol van begin tot einde."
Daniel skitter as Charles Chaplin én The Tramp
2025-10-10"Die vertoning is pure (uitstaande) kabaret waarvoor ek baie lief is, maar waarvan ons baie min te sien kry die afgelope paar jaar. Daniel wissel soomloos tussen hartseer, komieklik, dramaties, melankolies en ernstig. Die 90 minute in die intieme teatertjie voel asof jy letterlik saam met Charles Chaplin op sy lewenspad reis."
LitNet: Toyota Stellenbosch Woordfees – neem deel!
2025-10-10LitNet: Toyota Stellenbosch Woordfees – neem deel!
Persverklaring: Jan Rabie & Marjorie Wallace-Skrywersbeurs 2026
2025-10-10Die Universiteit van Wes-Kaapland kondig graag aan dat aansoeke ingewag word vir die negende toekenning van die Jan Rabie & Marjorie Wallace-beurs.
Toyota Stellenbosch Woordfees: In gesprek met drie van die akteurs in Woordedief
2025-10-09"Woordedief is ’n gesinsvriendelike produksie, alhoewel dit op kinders gemik is. Daar is humor waarby beide oud en jonk aanklank vind. Dis definitief ’n moet-sien by vanjaar se Woordfees."
Om die sterflikheid van blomme en mense
2025-10-09"Dit is hoekom ek leen by literatuur. Dit maak vir my sin. Hoe ek dit doen kan ek slegs verduidelik deur my liedjies te deel. Hiermee dan ’n paar voorbeelde."
Persverklaring: PEN Afrikaans kondig nuwe bestuur aan
2025-10-09PEN Afrikaans kondig graag aan dat ’n nuwe bestuur, insluitend ’n nuwe voorsitter en ondervoorsitter, op 8 Oktober tydens die organisasie se algemene jaarvergadering verkies is.
Pareltjes uit Amsterdam: Dana Lixenberg se uitstalling De Wallen
2025-10-09Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In die volgende video besoek hy Dana Lixenberg se uitstalling De Wallen oor Amsterdam se rooiligbuurt.
Nuut by Human & Rousseau: Sweetie: Stories deur Nataniël
2025-10-09Hierdie splinternuwe versameling van Nataniël bevat 31 stories – 5 in Engels, 26 in Afrikaans. Verskeie van die stukke is uit Nataniël-produksies oor ’n periode van twee jaar: Ring van vuur, Nineveh song, Cake topper en Duif.
Nuut by Human & Rousseau: Al die swendelaars deur Chris Karsten
2025-10-09Op die vooraand van speurder Arrie Dogh se aftrede beland ’n oënskynlik doodgewone inbraaksaak op sy lessenaar. En wanneer hy begin ondersoek instel na die inbrekers op Louis Jooste se perdeplaas neffens Wildernis, besef hy daar skuil ’n slinkse slang in die gras. Waar begin die storie wat Arrie eindelik oorvertel? By die Turkse perdekopers? By Jooste se ponzi wat Bertie en vriend Diek se neseiers ingesluk het? Of begin als by die miljoene wat uit ’n rusbank op Jooste se stoetplaas verdwyn het?
Nuut by UJ Press: Frederik Van Zyl Slabbert: Soekende profeet deur Albert Grundlingh
2025-10-09Frederik van Zyl Slabbert is al beskryf as die beste landsleier wat Suid-Afrika nooit gehad het nie. Met hierdie boek word gepoog om ’n gebalanseerde geheelbeeld van ‘n enigmatiese figuur te bied. Slabbert was nie iemand wat in die heldegalery van Suid-Afrika opgeneem is nie. Hyself sou dit ook nie so verkies het nie. Maar sy nalatenskap, ook vir Afrikaanse mense, is nie daarom van mindere belang nie.
Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Menopouse: gedeelde ervaring, ligter reis
2025-10-09"Dit is ’n groot passie vir my dat vroue verstaan wat in hulle lyf en kop gebeur. Ek hoop dat vroue met mekaar daaroor sal gesels oor boekklubkuiers en koffietafels en selfs by die werk."
Cliff-hanger: Life is ’n biets deur Faeed Amardien
2025-10-09"Ek dink elke leser moet hierdie boek lees. Ek wil nie oordeel uitspreek nie, maar ek dink die haweloses word steeds beoordeel – en hierdie boek laat jou in hul spore stap."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Tussen hier en daar, ’n onderhoud met Lize Beekman
2025-10-09"Die vooruitsig van dié drie begaafde musikante saam met my op die verhoog is ’n groot bederf. Hoe meer musikante saam met jou op die verhoog is, hoe duurder is dit om ’n produksie op die planke te sit."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Mel vertel, Portchie paint!
2025-10-09"Portchie laat my vreeslik op my gemak voel. Sy lag is so lekker hard en uit sy maag en wanneer iemand so lag, dan weet jy dit gaan ’n goeie konsert wees."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Woorde open wêrelde, ’n onderhoud met Fiona van Kerwel
2025-10-09"WOW poog om elke geleentheid wat ons vir leerders skep, in ’n geleentheid van leer deur prettige, opvoedkundige aktiwiteite te omskep."
Kollig op akademikus Ilze Grobbelaar-du Plessis: Gestremdheidsreg
2025-10-09In hierdie video gesels Ilze Grobbelaar-du Plessis oor haar akademiese loopbaan, die leefwêrelde van persone met gestremdhede en die belang van Afrikaanse vakterminologie. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
