
Foto: Canva
Klein weerlose
Kom staan suutjies hier agter my
Kom hou my vinger vas met al vyf van joune
Trip-trap tot binne-in my hart
Weg van die bose moet ons julle vat
Kom staan stil hier agter my
Aan my rug kant sal jy veilig bly
Klein weerlose kind
Vir jou sal ons ’n warm huisie moet vind.

