Pasgelaai
Die lewende testament – Is daar regsekerheid in die Suid-Afrikaanse reg?
2025-06-10"Dit is belangrik dat regsekerheid aangaande die geldigheid van lewende testamente verkry word, aangesien ’n situasie kan ontstaan waar ’n persoon wat aan ’n terminale siekte ly, verwag dat behandeling gestaak of ’n ventilator afgeskakel moet word – en dat so ’n wens in ’n lewende testament vervat is."
Die verlofparadoks
2025-06-10"Werknemers wat jaarliks betaalde verlof neem, kom dikwels voor die volgende dilemma te staan: Moet ek heeltemal afskakel, ontkoppel, voluit vakansie hou, vergeet van alle werksverpligtinge en die kantoordinamika, of het ek ’n moreel-etiese verantwoordelikheid om op hoogte te bly van die voortgaande werksaktiwiteite? Kan verdeelde aandag nie moontlik problematies wees nie?"
Persverklaring: Kaapstadse Filharmoniese Orkes tree in Robertson op ten bate van Eseltjiesrus
2025-06-09Op Sondag 14 September sal die bekende Kaapstadse Filharmoniese Orkes weer die verhoog betree by die Oos-Kerk in Van Zylstraat in Robertson. Hierdie geliefde orkes, wat uit 55 talentvolle professionele musikante bestaan, sal almal vermaak met ’n boeiende verskeidenheid gewilde klassieke stukke.
Monsterhare deur Jaco Jacobs: ’n lesersindruk
2025-06-09"Hierdie boek is ook ’n goeie slaaptydstorie, omdat mens dit voorwaar ’n honderd keer kan lees."
Persverklaring: Die tragiese saak van Pamina Vermaak – boek tot skerm: ’n bespreking, 11 Junie, Oude Leeskamer
2025-06-09Die gewilde trefferboek deur Annie Klopper, Die tragiese saak van Pamina Vermaak, waarop die film gegrond is, is in 2018 gepubliseer en vyf jaar later omskep in ’n film deur Kabous Meiring. Sluit op Woensdag 11 Junie om 18:00 by ons aan in Jannie se Leeskamer vir ’n bespreking met regisseur, Kabous Meiring, draaiboekskrywer, Bibi Slippers en skrywer, Annie Klopper.
Persverklaring: ATKV-DigiToneel – Top-8 gereed
2025-06-09Die ATKV se gewilde TV-realiteitsreeks Gekies vir die kollig keer in 2025 vir die vyfde keer terug na jou skerm – en vanjaar is die tema eenvoudig onweerstaanbaar: magneties. Soos hemelliggame wat mekaar aantrek in ’n perfekte wentelbaan, is agt uitsonderlike jong akteurs vanjaar gekies om na die stel van dié realiteitsreeks genooi te word, waar hulle hul finale treë gaan gee voordat die kameras vir hierdie seisoen begin rol.
Ecce deus! deur Johan Retief: ’n lesersindruk
2025-06-09"Met sy argumente skort daar niks, maar sover die kritiek teen godsdiens gaan, is die inhoud van hierdie boek nie genuanseerd nie, en gevolglik ook nie besonder interessant nie. Ecce deus! sal eerder as ’n besondere basiese en inleidende kritiese oordeel tot godsdiens beskryf kan word."
Moord, kos en boeke: Bonnie Espie se Making a killing verras
2025-06-09"Espie bring met Making a killing ’n heerlike draai in wat as knusmisdaadstories beskryf word (in Engels ’n cosie). ... Haar inspirasie vir Making a killing het gekom uit die plattelandse dorpie en sy mense waar sy nou woon."
Afrikaans Huistaal: Graad 11, kwartaal 2, hersieningsvraestel en memo
2025-06-09Is jy in graad 11 en wil jy baie graag nou gedurende die Junie-eksamen by die fliek uitkom? Dis goeie raad om eerder nou vir jou eksamen voor te berei en in die vakansie ’n film te gaan kyk. Hierdie Afrikaans Huistaal-oefenvraestel en memorandum deur Zelda Brits kan gratis afgelaai word. Jy sal die vraestel moet deurwerk om te sien waarom springmielies as toeligtingsprent gekies word!
Die toekoms van die universiteit in ’n KI-wêreld: ’n onderhoud met Johan Fourie
2025-06-09"Ek voorspel dat ons binne ’n paar maande daar sal wees waar ons gaan sukkel om te onderskei tussen ’n middelmatige proefskrif deur ’n werklike student geskryf en een wat met behulp van kunsmatige intelligensie geskryf is."
Uitnodiging: FilosofieKafee – "Verkiesings en vergissings"
2025-06-09Alle belangstellendes word uitgenooi na die FilosofieKafee-gesprek op Saterdag 14 Junie in Pretoria. Johann Kriegler en Johann Scholtz sal in gesprek wees.
Wat sê Bettina? Wat is die implikasies van Trump en Musk se uitval?
2025-06-06"Musk weet op sy beurt hopeloos te veel van Trump se sake. Boonop het hy nou al die data van al die Amerikaners om vir jare groot probleme te veroorsaak. Hy het alreeds begin om dele daarvan op X uit te lap. Dat Trump na bewering in die Epstein-lêers is, is nie vir enigeen ’n groot verrassing nie."
Dagdigkursus by die Afrikaanse Taalmuseum en -monument op 7 Junie 2025 met Danie Marais: ’n onderhoud
2025-06-06"Mense kan kom sonder enige ervaring of enige gedigte. Ek vra wel deelnemers om ’n gunstelinggedig van enige ander digter saam te bring as hulle lus het. En as jy een of twee gedigte het wat jy wil afwerk, bring dit asseblief ook saam. Dit sal lekker wees as jy kan wegstap met ’n gedig wat jy voel nou sterker is."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: "Reflections" deur Jacobus Kloppers – proloog, variasies en epiloog op ’n Afrikaanse volksliedjie
2025-06-06Hierdie video-opname van ’n gespreksgeleentheid wat onlangs in die Naval Hill Planetarium in Bloemfontein plaasgevind het, is een van die gereelde Johann Rossouw-gespreksreeks-bydraes op LitNet. Die eietydse Afrikaanse komponis Jacobus Kloppers het kort ná die politieke oorgang ’n baie treffende, komplekse stuk vir soloklavier gekomponeer, genaamd "Reflections". Dit is in wese ’n musikale terugblik op die hoogte- en laagtepunte van die Afrikanergeskiedenis, met ’n uiteindelik hoop op versoening en herstel van historiese trauma. Hier is die volledige video.
’n Teologiese besinning oor Annemarie van Niekerk se Onder ’n bloedrooi hemel
2025-06-05"In literêre werke word rooi dikwels met bloed, revolusie, passie of intense emosies geassosieer. In al twee plaasmoorde wat in die boek beskryf word, is die slagoffers Godvresende en toegewyde gelowiges wat selfs nog dieselfde aand by huisgodsdiens gebid het om bewaring teen gevare."
Press release: Schreiner Karoo Writers Festival, 19–21 June 2025
2025-06-05The Schreiner Karoo Writers Festival is an annual literary celebration held in Cradock, South Africa, featuring writers mainly from the Karoo. Evening gatherings often include dinner-theatre performances, fireside chats, and open mic sessions, complemented by hearty Karoo cuisine and warm hospitality.
Omtrent die misdaad in my buurt: Asielsoeker-blues
2025-06-05Die inhoud van hierdie stuk mag sensitiewe lesers ontstel. "Dit was ’n mistige Maandagoggend toe ’n man se liggaam deur skoolkinders gevind word op die veldjie oorkant ons eerste muurhuis in Proteaville, Bellville-Suid."
Pasverskyn: Maklik met Marinda deur Marinda Engelbrecht
2025-06-05’n Keur van al Marinda se toekatyd-resepte; die goue gunstelinge waarmee sy grootgeword het! Vier die lewe en dek ’n feestafel wat kreun van oorvloed: beesstert, pasteie, kerrieafval, skaapstertjies, varkribbetjie, doeksagte lamstjops. Brode, patees en nostalgiese slaaie sorg vir bykos. Vir weeksaande is daar lipaflek-pastas en vir suikertande outydse Cremoratert, poffers en vele verrassings.
Persverklaring: "Deel" jou skribbels en wen ’n Woordfeeservaring vir twee
2025-06-05Die 2025 Toyota Stellenbosch Woordfees vier 25 jaar van kuns, kultuur en uitdrukking met die feestema "Deel". Jy kan deel wees van die feesvieringe deur jou skribbels, skrabbels en sketse met die feesbestuur te deel, en ’n Woordfeeservaring ter waarde van R2 000 te wen.
