Pasgelaai
Lien Botha (1961–)
2025-06-17"Ek pendel nog heelhuids tussen die visuele en geskrewe wêreld, en ek hoop en vertrou dat hierdie metodiek verwering sal verlangsaam." Lees meer oor die lewe en werk van Lien Botha in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Die komplekse konflik tussen Israel en Iran (17 Junie 2025)
2025-06-17"Die eerste implikasie is natuurlik groter onsekerheid in die geopolitieke omgewing in die Midde-Ooste, en dit het aanleiding gegee tot ’n 8%-styging in die olieprys."
Battery 9 as pioneers of industrial music within the Afrikaans rock music scene
2025-06-17"The article explores the band’s origins within the contexts of both the Afrikaans rock music scene and the global industrial music scene. It demonstrates stylistic connections of Battery 9 to these scenes, particularly through the themes addressed in their lyrics."
Battery 9 as pioniers van industriële musiek binne die Afrikaanse rockmusiektoneel
2025-06-17"Hierdie artikel bespreek die konteks waarbinne Battery 9 ontstaan het met verwysing na die globale en plaaslike industriëlemusiektoneel [...] en toon aan hoe Battery 9 ten opsigte van styl met hierdie tonele skakel, maar veral ook deur die temas wat in hul lirieke aangespreek word."
Persverklaring: PEN Afrikaans Vertaalfonds ondersteun vertalings van werk deur Antjie Krog, Etienne van Heerden en Constant van Graan
2025-06-15PEN Afrikaans maak met trots bekend dat die volgende drie vertalings van Afrikaanse werke vertaalsubsidies sal ontvang: ’n Nederlandse vertaling van Binnerym van bloed deur Antjie Krog, ’n Italiaanse vertaling van Die swye van Mario Salviati deur Etienne van Heerden, en ’n Albanese vertaling van Jungu Josh: Die goue kalbas deur Constant van Graan.
Seen elsewhere: A Highveld boy
2025-06-13"But frankly, I crave the meanness and bitterness of a metropolis perched on a dry ridge overlooking Africa’s greatest financial slum."
Springmielies: Die huis as argitek van die verbeelding
2025-06-13"Jy moes verhuis. Jy het al hoe meer begin slaap – opgekrul gelê op die bed, die labirinte sluimer van ’n skulp, die infiniteit van dagdrome, die poësie van ’n verlore huis. Maande later in 'die nuwe plek' het jy my vertel dat jou verlange na die ou huis so groot is, jy droom snags in reekse daarvan. Elke aand wag jy jou droom in – en elke nag wag die huis jóú in."
Die Nasionale Dialoog: Die kort langpad of die lang kortpad? (13 Junie 2025)
2025-06-13"Het ons dalk hier te doen met ’n proses wat president Ramaphosa oor die 2027-hekkie moet help en om hom deur die politieke dryfsand tot by 2029 te kry?"
Persverklaring: Momentum Aardklop stel sy program vir 2025 bekend
2025-06-13Momentum Aardklop se program vir 2025 is pas bekendgestel! Die fees vind vanjaar van 7 tot 12 Oktober oudergewoonte in Potchefstroom plaas. Daar is komedie, drama, tragikomedie, musiek in bykans elke denkbare genre van klassiek tot voetestamp, en vermaak vir die jonger geslag. Daar is gesprekke, laatnagkuiers, kos te kus en te keur, tienertoneel, rondleidings en boeke vir Afrika. Daar is legendariese name, en nuwe name waarvan kennis geneem moet word. Daar word teruggekyk en vereer, en vorentoe gekyk en geïnnoveer.
The reopened inquest into the killing of the Cradock Four, Gqeberha High Court, from 2 June
2025-06-13"This inquest was graced with about 20 lawyers, all presumably paid by the State. Their weekly costs must add up to more than the total compensation paid to the widows."
Die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel en Afrikaans-kurrikulum: ’n Afrikaans-onderwyser van die Kaapse Vlakte deel sy ervarings
2025-06-13"My groot kommer en vraag is hoe lank ons wil voortgaan om hierdie onrealistiese kurrikulum op leerders af te dwing. Daar is ... ’n divorce tussen die realiteit (leerders) en die kurrikulum. Die instelling van die huidige kurrikulum (KABV 2012) spreek tot die leerder se nadeel, en hoe langer ons blindelings na hierdie narratief staar, hoe meer is ons medepligtig in die onreg wat leerders in skole ervaar. ... [D]aar moet erkenning gegee word aan leerders se identiteit en erfenis."
LitNet Tuishuise-inwoonskrywer 2025: ’n onderhoud met Ruhan Fourie
2025-06-13"’n Kernaspek van die herskryf van geskiedenis is die nuwe vrae wat ons van die verlede vra. Dis wanneer historici ophou nuuskierig raak oor die verlede dat geskiedenis begin stagneer. Nuwe vrae bring nuwe maniere van geskiedenis doen – metodologies, in vorm, en in temas. In die geval van [Beyers] Naudé is daar vele vrae wat opnuut gevra kan word: Tot hoe ’n mate was hy ’n propageerder van die Afrikanernasionalistiese projek, of was hy meer ’n produk daarvan?"
Toorkombuis: Ek onthou vir Mamma – en haar peppermint crisp-tert
2025-06-12"My ma kon nie bak om haar lewe te red nie. ... Deel van haar pligte as skoolhoof se vrou was om reg te staan met koeke en terte vir funksies en verjaardae in die personeelkamer. Ek weet nie hoe nie, maar op die een of ander manier het sy oorleef. ... Een van haar reddingsboeie was daardie peppermint crisp-tert wat nou nog by my spook."
Heil die Leser!: Pandora se kruik en ander euwels
2025-06-12"Pandora is ’n uiters genietlike en toeganklike roman. Spruyt verras as sosiale kommentator par excellence. Sy takel bogenoemde ongemaklike en belangrike geopolitieke brandpunte kaalvuis, ’n subteks wat nie die verhaallyn verswaar nie, maar eerder as slim metatekstuele kommentaar ’n boeiende kwaliteit aan die roman verleen."
Pasverskyn: Merang, saamgestel deur Neil Cochrane en Alwyn Roux
2025-06-12Merang is voorwaar ’n uitsonderlike viering van die Afrikaanse poësie in haar velerlei gedaantes. Dit is selde dat ’n versameling so verteenwoordigend is van verskillende style, poëtiese tegnieke en tematiese wêrelde soos die liefde, verlies, nostalgie, die natuurlike omgewing, plant- en dierspesies, sosiopolitieke kwessies, kunstenaarskap en tegnologie. Nou nooi ons elke lojale en potensiële poësieleser ook uit om deel te wees van dié besonderse fees van digters en gedigte.
Op dees aarde: Alzheimer se siekte
2025-06-12"Daar word geraam dat 10% van mense van 65 jaar en ouer Alzheimer se siekte het, en dié syfer sal teen 2050 verdubbel. Hoe vorder die navorsing tans om dié komplekse breinsiekte te ontrafel? En wat het ’n virus en stampe teen die kop met alles te doen?"
Die vrou met die trollie
2025-06-12"Sy staan die meeste oggende aan die einde van Phạm Văn Đồng-pad, naby ’n elektriese paal met ’n plastieksak daaraan vasgebind. ’n Bejaarde vrou. Sy dra altyd dieselfde koniese hoed, dieselfde wit handskoene en beweeg met dieselfde skewe stap. Sy loop vinnig, maar sonder om te jaag. Haar trollie, bymekaargehou met tou en geroeste draad, rol voor haar uit en maak ’n skuurgeluid met elke stoot."
A mother awaits
2025-06-12"Let Your spirit nourish.
Add courage to the mother’s womb.
Let Your peace dispel the fear
And grow into love so dear."
