
Wanneer ’n pretpark in die rustige dorpie Rustenvrede opdaag, kan Johan en Anton nie wag om dit te besoek nie. Hulle kom egter gou agter dit is geen gewone karnaval nie.
Alhoewel hulle aanvanklik skepties is, neem hulle deel aan ’n toertjie by die skool om die pretpark te adverteer. Maar was dit net ’n skadelose toertjie?
Sedert die vreemde Madame Zelda hulle op die verhoog gehipnotiseer het, voel Johan, Anton en Karin ... anders.
Iets vreemds gebeur in hul stil klein dorpie.

