
Foto: Canva
Vergifnis
vergifnis haak vas
tussen reg en verkeerd
vergifnis kan nie
kant kies nie
vergifnis is nie
’n antwoord nie
vergifnis het nie
rede nodig nie
vergifnis is ook
net nog ’n aksie
dis jou prioriteit
toets jou vrye wil
of sit vas as jy wil
sommer begin elke
interaksie met vergifnis
spaar jou eie tyd
en ontevredenheid
draai die spieëltjie
op die lewe

