
Foto: Canva
Afrikaner?
watse Afrikaner is ek dan nou
hierdie kant of daardie kant, dalk
waar mense smerige bekgevegte hou
wyl andere luid en aanhoudend balk?
ek hoor en sien tot my konsternasie
leedvermaak, hoon, smaad, selfs haat,
kansellering, disrespek, dalk konfabulasie,
snedigheid, in die rede val, niemand baat
my pa was ’n Afrikaner maar nie só nie
nie deel van mag-, ego- en toornspel nie
liefde vir God, medemens en self, sy passie
netjies verpak in sy menswees-tassie
hierdie kant of daardie kant val ek heeltemal uit
ek’s ’n my-pa-Afrikaner, niemand anders se buit


Kommentaar
Uitstekend!