Pasgelaai
Gewildste plasings op LitNet: 1 tot 7 Oktober 2025
2025-10-08Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 1 tot 7 Oktober 2025.
Boykie vir Afrika deur Pieter de Poortere: ’n lesersindruk
2025-10-08"Vir De Poortere is geen heilige objek veilig nie; links en regs word ewe hardhandig met karwatse getakel. Dis gruwelik genotvol om jou daarin te verkneukel."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Maak boerseep met Canettevallei
2025-10-08"Ingrid [de Waal] voel baie sterk oor ons kulturele erfenis en hou van boerseep as deel van ons erfenis. Daar is nie gereeld seepmaak-werkswinkels nie, so Maak boerseep met Canettevallei is ’n gulde geleentheid en uniek vir die Toyota Stellenbosch Woordfees."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: ’n onderhoud met Veronica Bell
2025-10-08"Dis my begeerte dat mense nie onveranderd van ons konserte af sal wegstap nie!"
Fresh off the press: Malema: Money. Power. Patronage. by Micah Reddy and Pauli van Wyk
2025-10-08Over the past two decades, Malema has leveraged his growing political clout to bankroll his party and amass a personal fortune. In this revealing book, investigative journalists Micah Reddy and Pauli van Wyk follow the money, demonstrating how Malema built his fiefdom.
Deel jou lesersindruk met LitNet!
2025-10-08In die tyd van die Toyota Stellenbosch Woordfees, waarvan die tema vanjaar "deel" is, nooi LitNet lesers opnuut uit om hulle lesersindrukke met medelesers te deel. Skryf vir ons as jy ’n boek geniet het – en beslis ook as jy kritiek oor ’n boek wil uitspreek. Skryf oor ’n boek wat jou ongemaklik gemaak het. Skryf oor ’n boek wat jy nie kon neersit nie. Skryf oor ’n boek wat jy gelees het terwyl jy gewoonlik tyd op die sosiale media sou deurbring. Skryf oor ’n boek wat jy herontdek het. Dit hoef glad nie ’n nuwe boek te wees nie, en dit moenie ’n boek wees wat van ’n uitgewer af ontvang is nie.
Zalman in Pakistan
2025-10-08"Karachi is nie vir die first-time traveller nie. Hierdie plek is rou. Hier’s geen fasade nie."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Boek jouself in by Veldhospitaal
2025-10-08"Op die oomblik is die kunslandskap grotendeels ’n woestyn. Die kunstenaars moet stap oor die sandduine sonder enige water en aan die einde van die reis kry hulle een groot applous. En dan word hulle teruggestuur om dit weer te doen."
’n Pandok se liefde: ’n teaterresensie
2025-10-07"Hierdie produksie is vir die randfigure van die samelewing – selfs ’n spieël vir my eie lewe. ... As iemand wat grootgeword het in ’n wendy op die Kaapse Vlakte, sal ek die Departement van Onderwys aanraai om te belê in hierdie teaterstuk."
7 Oktober 2025: ’n brief aan prinses Charlene van Monaco
2025-10-07"Die hede is al wat ons het en, in my geval, sit ek tans in ’n heerlike wiegstoel wat ek self gemaak het."
NW-skoleverrykingsartikel: Die storie van magnetisme – van towerklippe tot kwantumspin
2025-10-07"Elke elektron besit ’n eienskap genaamd spin. Dit beteken nie dat die elektron letterlik rondtol nie, maar dit tree op asof dit ’n klein magneet met ’n noord- en suidpool is."
The origin and development of the amicus domini hypothesis in Philemon research
2025-10-07"According to this hypothesis, Onesimus fled not as a fugitive (fugitivus) but deliberately sought out Paul – his master’s friend (amicus domini) – to intercede on his behalf."
Die ontstaan en ontwikkeling van die amicus domini-teorie in die Filemonbriefnavorsing
2025-10-07"Volgens hierdie teorie was Onesimus, Filemon se slaaf, nie ’n fugitivus (voortvlugtige slaaf) nie, maar het hy doelbewus na Paulus gegaan in die hoop dat Paulus as ’n vriend van sy eienaar namens hom met Filemon sou onderhandel."
Kaapsehoop-Natsteennaweek van nostalgie
2025-10-07"Luidrugtig en uitbundig. Dis hoe die joernaliste, oud-joernaliste en skrywers gedurende die Natsteennaweek op die skone Kaapsehoop gekuier het."
Persverklaring – Rachelle Greeff: Paul Roux Skryfskool, Bloemfontein
2025-10-06Boeke tiek al jou boksies, dis hoekom jy ’n leeswurm is – van ander mense se stories. Terwyl jou eie al dwingender aandring op ’n eie stem. Daarom is Rachelle Greeff se Vrystaatse eetkamertafel, gelaai met skryfdisse, die plek vir jou.
Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Ek is nie Danie – ’n onderhoud met Nico Scheepers en Albert Pretorius
2025-10-06"Ek dink werklik Danie [Marais] se gedigte is so blerrie roerend en mooi en toeganklik en dat ons ’n ervaring daarrondom skep wat meer is as net ’n tradisionele toneelstuk of ’n musiekvertoning of ’n poësievoordragprogram."
Politieke onsekerheid in die Suid-Afrikaanse politiek: ’n "politieke Rubicon" (?) en die pad vorentoe
2025-10-06"Waar die ANC in 2004 69,69% van die nasionale steun getrek het, het dit tydens 2019 tot 57,5% gedaal en in 2024 tot so laag as net onder 40%. Onlangse meningspeilings (tussen Maart en Julie 2025) van beide die SAIRR en die DA beklemtoon dat die party se steun nog verder kan daal, tot selfs onder 30%. [...] Soos wat die 2024-verkiesing gestaan het in die teken van fundamentele verandering, beloof die 2026/7-plaaslike verkiesing om ’n soortgelyke impak, maar net op ’n ander politieke vlak te hê. Dit mag selfs die einde van ANC-hegemonie op hierdie vlak beteken."
’n Huldeblyk aan my pa: Wilhelm Johann Jordaan
2025-10-06"Toe ons groet sodat hy na die operasiesaal geneem kan word, het ons vir mekaar gesê: 'L’chaim.' Op die lewe."
Uitnodiging: 54ste JBM Hertzoggedenklesing
2025-10-06Die 54ste JBM Hertzoggedenklesing vind op 22 Oktober in Pretoria plaas. Suléne Pilon, voorsitter van die Taalkommissie van die SA Akademie, is die gasspreker. Die lesing sal ook regstreeks op die SA Akademie se YouTube-kanaal beskikbaar wees.
