
Foto: Canva
Hoe lank sit ek al?
’n Sekonde of ’n duisend jaar,
daar is geen verskil.
Die kabbelende see was oor my voete,
en vra niks.
Dalk het ek eens lewe geken.
Dalk het ek eens gewandel in liefde.
Die wêreld vergaan voor my oë,
en die jare vlieg verby.
Tyd het nooit vergaan nie,
net langs my kom staan
en vergeet om asem te haal.

