
Foto: Canva
Toe ek klein was, vol van geloof
het koue nagte aan my gekloof
my maag het gesing sonder klank
’n leë lied uit donker dank.
Brood was net ’n droom
en melk ’n herinnering,
die dae lank, die nagte deur
Ek het gebid dat môre bring
“die blink môrester”.
Die stilte het my naam geken
sy’t saam met my gedroom
Maar iewers diep het iets gebly
’n sagte stem wat fluister: “Bly.”
Dit leer jou om sterk te staan
en om te volhard in gebed.
En al het ek nagte lank gely
die son kom op, dit gaan verby.

