
Wyno Simes, kurator van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein, neem bestek op.
*
Daar was al ’n brand hier. Die hele gebou is in 1908 in ’n brand vernietig terwyl dit deur die Britte beset is. Daar was glo ’n elektriese kortsluiting. Die dokumente op die solder het ook vlamgevat en toe het die brand vinnig versprei.
Die gebou wat ter sprake is, is die Ou Goewermentsgebou in Bloemfontein. Vandag is dit die tuiste van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN). Die Sotho Letterkundige Museum word ook in ’n deel van die gebou gehuisves.
Ek onthou dat Petrus Nienaber in die laat 1970’s gewys het na die sprinkelbrandblusstelsel wat toe pas geïnstalleer was. Nodeloos om te sê sou so iets vernietiging gesaai het in NALN. Vandag is dié stelsel buite die gebou toegedraai. Die pype lek.
Die elektroniese brandopsporingstelsel, wat waarskynlik tydens die restourasieproses in die vroeë 2000’s geïnstalleer is, werk nie meer nie. Van die kluise het darem gasbrandblusstelsels, maar as die elektroniese stelsel nie werk nie ...
Vir my bly dit altyd ’n reuse probleem wat om te gryp en te red as ’n brand by NALN sou uitbreek. Gelukkig is Bloemfontein se een brandweerstasie darem net twee blokke weg. Maar ... as jou huis byvoorbeeld brand, wat gryp jy dan? As NALN brand, wat gryp ek?
Die pragtige skildery van Anna Neethling-Pohl met ’n eksemplaar van Groot verseboek op haar skoot? Alexander Podlaschuc se skildery van ’n jong Etienne Leroux op ’n deftige stoel, sonder donkerbril of leerbaadjie, met ’n rooi nekdoek en ’n wit hemp? Of nee, eerder die skildery van die jong man met die groot, donker oë, twee swaeltjies om sy kop en ’n paar aronskelke in sy hande wat Johannes Meintjes destyds self aan NALN geskenk het? Die skildery wat Ingrid Winterbach geskenk het? Die twee houtskooltekeninge – geskenk deur Henk Serfontein – van Diana Ferrus en Wilma Stockenström?
Sal die Africana-kluis behoue bly? Die Ou Goewermentsgebou het heelwat kluise met dik staaldeure. Wat van NALN se eksemplaar van Di Geskiedenis van Josef, ver Afrikaanse Kinders en Huissouwens, in ons eie taal geskreywe? Dit is een van enkele oorspronklike eksemplare van dié boekie. Dis nou nie noodwendig so skaars nie, maar wat van die Engelse vertalings van Karel Schoeman se ’n Ander land en Afskeid en vertrek?
Die borsbeelde van skrywers wat voorheen in die beeldetuin was, behoort dalk te oorleef.
In die manuskripkluise is daar navorsingsmateriaal en notaboeke wat Dalene Matthee gebruik het vir Fiela se kind en Moerbeibos.
Daar is drie stoele van tambotiehout wat aan C Louis Leipoldt behoort het. Die sitplekke, rugkante en armleunings is oorgetrek met leer, met uitbeeldings van diere en San-jagters daarop, met ’n prominente “L” in die stoel se rugleuning te sien. Hy het dit spesiaal laat maak vir sy huis genaamd Arbury in Kenilworth, Kaapstad. In dieselfde vertrek in NALN is die luik van die kelder van die huis in Pretoria waarin Jan F Celliers tydens die Anglo-Boereoorlog weggekruip het. Of die leunstoel, met sy gestoffeerde armleunings en ’n plank wat daarop rus, waarop NP Van Wyk Louw gesit en skryf het. Of sy bril in die uitstalkas daarnaas.
In PJ Schoeman se uitstalling is daar ’n vuurskerm met ’n steenbokkie in reliëf daarop uitgekerf. Elisabeth Eybers se kapstok en tikmasjien, ’n deel van haar boekversameling, langspeelplate, kunswerke. Jan Rabie se rugsak. ’n Halfvoltooide skildery deur Marjorie Wallace. Sheila Cussons se notaboeke, met gedigte en aantekeninge in ’n netjiese skrif, oral tekeninge langs die skrif ...
Koos Prinsloo se versameling boeke. Die uitgeweryargiewe van Hond, Taurus, Van Schaik, Kagiso. Korrespondensie van Stella Blakemore met Van Schaik uit Skotland oor die Keurboslaan-reeks.
Die versameling van byna ’n halfmiljoen koerantknipsels. Die tydskrifte – byna volledige stelle van die Huisgenoot en Landbouweekblad.
Onthou. Daar was al ’n brand hier.
Besoek die LitNet Akademies-NALN Katalogus
LitNet Akademies-NALN Katalogus
Lees meer oor NALN
Menán van Heerden en Burgert A Senekal: LitNet Akademies-NALN aanlyn katalogus: ’n onderhoud met Burgert Senekal
Menán van Heerden, Wyno Simes en Burgert A Senekal: NALN word 50! Mylpaal en LitNet Akademies-NALN aanlyn katalogus
Burgert A Senekal: Die digitalisering van NALN se knipselversameling: jongste verslag
Burgert A Senekal: Die digitalisering van NALN se knipselversameling: Die bemiddeling van 21ste-eeuse navorsing in die Afrikaanse letterkunde
Wannie Carstens: LitNet Akademies: Die digitalisering van NALN se knipselversameling: Wannie Carstens lewer kommentaar
Freek Robinson en Wyno Simes: Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Wyno Simes
Menán van Heerden en Wyno Simes: Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN): ’n onderhoud met Wyno Simes
Bernard Odendaal: Die droom vir NALN leef voort: ’n Gassprekersblik by die NALN45-gedenkgeleentheid, 24 Maart 2018
Naomi Bruwer en Gert Opperman: Die “nuwe” NALN: Naomi Bruwer gesels met Gert Opperman
Leana Lategan: NALN-tydkapsule: Van België na Suid-Afrika in 1950
Annelien Diedericks: Jaap Steyn – "Afrikaans het ’n groot seun verloor"
Annelien Diedericks: Uit NALN se argief: Ena Jansen se eerste onderhoud met Elisabeth Eybers
NALN: Karel Schoeman: Uit NALN se argiewe
Annelien Diedericks: NALN gedenk Wilbur Smith
Corlietha Swart: Die Vriende van NALN vier Taalmaand
Annelien Diedericks: Jan van der Merwe weens COVID-19 oorlede
NALN-video: Skrywers en politici as aktiviste vir Afrikaans deur JC Steyn
Leana Lategan: Die NALN-tydkapsule: Jan Rabie – Rondom 21
Leana Lategan: NALN-tydkapsule 2: Dis nie al nie, Johannes François Elias Cilliers
Leana Lategan: NALN-tydkapsule 3: ’n Grafsteen en ’n vliegtuigskroef
Leana Lategan en Jaco Botha: Mense agter boeke: Leana Lategan, Museumgeesteswetenskaplike by NALN
Vriende van NALN: Dominique Botha oorhandig debuutdigbundel aan NALN
Margarethie Bredenkamp: Foto’s: Sophia Kapp stel Kantelpunt by NALN bekend
Sanette Vermeulen: As die horlosie op twaalfuur gaan staan ...
Sanette Vermeulen: Die taalstryder se Desk, en die horlosie teen die muur
Leana Lategan: Gé Korsten
Leana Lategan: Geliefdes en so aan
Leana Lategan: ’n Paar klanke uit die Nasionale Toneelmuseum
Leana Lategan: MER : G’n beskeie deel!
Leana Lategan: Wilhelm Knobel
Leana Lategan: “’n Peuterwerker in (sy) kerker”
AM Nell: Is NALN werklik die regte opsie?
Hein Willemse: NALN, kultuurskatte en gemeenskaplikheid
Ampie Coetzee: Wat word van ons argief?
Leen van Dijck en Jan Stuyck: Over het belang van literaire archieven
Petrovna Metelerkamp: Miniseminaar oor NALN
Melt Myburgh: Het enigiemand vir ons ’n oplossing?
Archie Dick: Cultural heritage?
Ellen Botha: NALN: die laaste vraag
Jelleke Wierenga: NALN - ek gaan kyk
Deon Knobel: NALN is van nasionale belang
Jelleke Wierenga: NALN: Net DOEN gaan die ding vir Afrikaans doen
Ellen: Vir Swys en ander oor Afrikaans
Henry Cloete: Dagboek van die ou wat wil uitvind wat aangaan
Melt Myburgh: Jelleke Wierenga lewer verslag
Ellen Botha: Pouveer (en Papkop) oor purisme en plat Afrikaans
Die Erfenisstigting: Digitaliseringswerksessie: 11-12 November 2010
Melt Myburgh: Nee a, dinge kan mos nie so aangaan nie!
Danie Botha: Getuigskrif vir NALN
AM Nell: Is NALN werklik die regte opsie?
Leandré Hanekom: Vir AM Nell oor NALN se grootte
Kennisgewing: Konferensie: Digitalisering in Suid-Afrika en NALN-navorsingstoekennings
Ena Jansen: NALN is ’n belangrike plek vir alle lesers en navorsers
Malcolm Hacksley: NALN as ongeëwenaarde nasionale kultuurskat
Rudi Venter: Wat word van ons argief?
Charles Malan: Sak NALN in dryfsand weg?
Peter D McDonald: NALN is not only a national resource
Peter Lor: NALN se draagvlak? Strategiese vrae in die stryd om NALN
Kennisgewing: Ensovoort se spesiale nommer oor NALN
Kennisgewing: Menings gevra oor nuwe logo vir NALN
Haydee Morgan-Hollander: Wat word van ons argief?
Jacques du Plessis: LitNet Akademies: Die digitalisering van NALN se knipselversameling: Jacques du Plessis lewer kommentaar
Lees meer oor argiewe in die digitale era
Burgert A Senekal: Die impak van grootdata op tradisionele argiewe: ’n oorsig van uitdagings en geleenthede
Lizabé Lambrechts: SteedsDink met LitNet Akademies: Lizabé Lambrechts
Menán van Heerden, Wannie Carstens en Roné Wierenga: Afrikaans se digitale toekoms: ’n onderhoud met Wannie Carstens en Roné Wierenga
Lizabé Lambrechts: Argiewe: Bêre of brand in die digitale era?
Willem de Vries en Janien Linde: Lewende, gesaghebbende digitale biblioteek vir Afrikaanse letterkunde
Roné Wierenga en Wannie Carstens: ’n Oorsig oor enkele digitiseringsprojekte in Afrikaans: ’n Vertrekpunt vir Afrikaans se digitale toekoms
Burgert A Senekal: ’n Inligtingstegnologie-gesentreerde gebruikerskoppelvlak vir navorsingsdoeleindes binne die geesteswetenskappe met spesifieke verwysing na die Afrikaanse letterkunde


Kommentaar
Sekerlik behoort die ATKV ook verantwoordelikheid te neem en dalk fondse/advies te bewillig vir die bewaring van Africana?
Nee, die ATKV het 'n ander rol. Boonop behoort NALN aan die regering. Om geld aan die politici te skenk, is glad nie 'n goeie plan nie. Miskien dan maar eerder aan Orania skenk of so. Of dalk aan die Erfenisstigting. Die toekoms van die versameling lyk glad nie rooskleuring op die oomblik nie.
Dit lyk of net mooi niemand omgee oor wat met Naln gebeur nie. Waar is al die organisasies en stigtings en vakbonde en kultuurverenigings en ryk mense wat altyd aangaan oor hoe hulle "omgee" vir die bevordering en beskerming van kultuur? Alles net leë woorde. Skande.
Goeiedag, die versameling by NALN is tans die eiendom van die Vrystaatse Provinsie se Departement van Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning.
Sandra, Orania het onlangs 'n replika van Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein by hulle opgerig. Die oorspronklike standbeeld behoort aan die regering. Hoewel die regering aan die een kant met die koloniale erfenis wil wegdoen, is dit ook nie gretig om dit aan Afrikanerorganisasies te gee nie...