Wyno Simes

Wyno Simes is die kurator van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein.

Simes is ’n Vrystater. Hy het onderwys geswot en onder meer as opleidingsbeampte en as Hansard-verslaggewer en -vertaler gewerk. By Media24 het hy by Huisgenoot, Landbouweekblad en Die Burger gewerk. Hy het sy MPhil in joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch verwerf.

NALN word 50! Mylpaal en LitNet Akademies-NALN aanlyn katalogus

Menán van Heerden, Wyno Simes, Burgert A Senekal Onderhoude 2023-03-03

Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN), wat hom toewy aan die behoud en bevordering van Afrikaanse woordkuns, is vanjaar ’n halfeeu oud! Menán van Heerden gesels met die kurator van NALN, Wyno Simes, oor hierdie mylpaal, en met Burgert Senekal, navorsingsgenoot by die Universiteit van die Vrystaat, oor die LitNet Akademies-NALN aanlyn katalogus.

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Wyno Simes

Freek Robinson, Wyno Simes Onderhoude 2022-03-09

Wyno Simes is die kurator van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein. Freek Robinson was onlangs daar op besoek en gesels nou met Simes oor die unieke aard van die projek, en oor die uitdagings wat hulle in die gesig staar.

Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN): ’n onderhoud met Wyno Simes

Menán van Heerden, Wyno Simes Onderhoude 2018-12-13

Wyno Simes is onlangs as die nuwe kurator van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) aangewys. Menán van Heerden het met Wyno gesels om meer oor die geskiedenis, literêre erfenis, dienste en oogmerke van NALN uit te vind.

Top