
Foto: NALN se Facebook-bladsy
Annelien Diedericks van NALN skryf elders op Facebook:
“Dit is met spyt dat NALN van Jaap Steyn se afsterwe verneem het. So kom ’n verbintenis van 30 jaar tot ’n einde. NALN sal sy gereelde navorsingsbesoeke mis. Ons innige simpatie met sy naasbestaandes,” volgens Wyno Simes, kurator van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN).
"Die afsterwe van Jaap Steyn is groot hartseernuus en 'n slag vir Afrikaans," sê Paul Colditz, voorsitter van die Vriende van NALN-vereniging. "Ek het prof Steyn jare geken en het die grootste respek vir hom gehad. Hy was ook 'n getroue en toegewyde ondersteuner van NALN. Sy bydrae tot Afrikaans was enorm en sal gelukkig bly voortleef. Afrikaans het 'n groot seun verloor. Ons eer sy nagedagtenis."
Prof Steyn was 'n gewaardeerde lid van die Vriende van NALN-vereniging. Hy het ook die Skrywersmuur geteken in Vriende van NALN se unieke Boekemark in die pragtige ou Ketelkelder.
Jacob Cornelius Steyn is op 31 Julie 1938 op die plaas Mara, distrik Fouriesburg, in die Vrystaat gebore, en het in die Petrus Steyn-distrik grootgeword. Lees gerus sy outobiografiese vertellings in 'Hoeke boerseuns ons was' (Tafelberg, 1991) en 'Sonkyker' (Tafelberg, 2008).
JC (Jaap) Steyn, Bloemfontein se geliefde en hoogs gerespekteerde akademikus en skrywer, het vanjaar sy 83ste verjaardag gevier. Afgesien van die feit dat hy ’n veelbekroonde skrywer van poësie en romans is, is hy ’n gerekende taalwetenskaplike, taalhistorikus en -sosioloog. Steyn is ook 'n oud-joernalis van Volksblad.
Prof Steyn ontvang verskeie pryse van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Sy debuutwerk Die grammatika van liefhê (Tafelberg, 1975) word bekroon met die Eugène Marais-prys en die Ingrid Jonker-prys:
𝗗𝗶𝗲 𝗴𝗿𝗮𝗺𝗺𝗮𝘁𝗶𝗸𝗮 𝘃𝗮𝗻 𝒍𝒊𝒆𝒇𝒉𝒆̂ - 𝗝𝗖 𝗦𝘁𝗲𝘆𝗻
𝑳𝒊𝒆𝒇𝒉𝒆̂ 𝗶𝘀 '𝗻 𝘁𝗮𝗻𝗴𝗸𝗼𝗻𝘀𝘁𝗿𝘂𝗸𝘀𝗶𝗲,
𝗮𝘀 𝗲𝗲𝗻𝘄𝗼𝗼𝗿𝗱-𝘀𝗮𝗺𝗲𝘀𝘁𝗲𝗹𝗹𝗶𝗻𝗴 ’𝗻 𝗮𝗯𝘀𝘁𝗿𝗮𝗸𝘀𝗶𝗲.
𝗗𝗶𝗲 𝗲𝗲𝗻𝘄𝗼𝗼𝗿𝗱𝘀𝗶𝗻-𝗶𝗺𝗽𝗲𝗿𝗮𝘁𝗶𝗲𝗳
𝗶𝘀 𝗻𝘆𝗽𝗲𝗻𝗱 𝗼𝗻𝗴𝗿𝗮𝗺𝗺𝗮𝘁𝗶𝗲𝘀: “*𝗛𝗲̂-𝗹𝗶𝗲𝗳!”
(𝗦𝗼 '𝗻 𝘀𝘁𝗲𝗿𝗿𝗲𝘁𝗷𝗶𝗲, 𝗼𝗻𝘁𝗮𝗮𝗹𝗸𝘂𝗻𝗱𝗶𝗴𝗲𝘀,
𝗹𝗶𝗴 𝘂 𝘁𝗼𝗲 𝗱𝗮𝘁 ’𝗻 𝘀𝗶𝗻 𝗼𝗻𝘁𝗮𝗮𝗹𝗸𝘂𝗻𝗱𝗶𝗴 𝗶𝘀.)
𝑳𝒊𝒆𝒇-𝒉𝒆̂ (𝘀)𝗸𝗼𝗿𝘁 𝗱𝘂𝘀 ’𝗻 𝗼𝗻𝗱𝗲𝗿𝘄𝗲𝗿𝗽
𝗲𝗻 𝒉𝒆̂ 𝗶𝘀 -- 𝗺𝗲𝘁 𝗼𝗻𝗱𝗲𝗿𝘄𝗲𝗿𝗽 -- 𝗼𝗻𝗱𝗲𝗿𝘄𝗲𝗿𝗽
𝘀𝗼𝗼𝘀 𝒘𝒆𝒆𝒔, 𝘄𝗮𝘁 𝗶𝘀 𝘄𝗼𝗿𝗱, 𝗮𝗮𝗻 𝗱𝗲𝗸𝗹𝗶𝗻𝗮𝘀𝗶𝗲,
𝗼𝘂𝗱𝗲𝗿𝘄𝗲𝘁𝘀, 𝗺𝗮𝗮𝗿 𝗴𝗹𝗼-𝗻𝗼𝗱𝗶𝗴 𝘃𝗶𝗿 𝗸𝗼𝗺𝗯𝗶𝗻𝗮𝘀𝗶𝗲.
𝗗𝘂𝘀 “𝗝𝘆/𝗵𝘆/𝘀𝘆 𝗵𝗲𝘁-𝗹𝗶𝗲𝗳.” 𝗞𝗼𝗿𝗿𝗲𝗸?
𝗡𝗲𝗲, ’𝗻 𝘃𝗼𝗼𝗿𝘄𝗲𝗿𝗽 𝗼𝗻𝘁𝗯𝗿𝗲𝗲𝗸, 𝗻𝗮𝗮𝗺𝗹𝗶𝗸 𝒆𝒌.
𝗠𝗮𝗮𝗿 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗲𝗿𝘀𝘁𝗲 𝗽𝗲𝗿𝘀𝗼𝗼𝗻 𝘄𝗼𝗿𝗱 𝘃𝗲𝗿𝗯𝘂𝗶𝗴,
𝗮𝘀 𝗹𝘆𝗱𝗲𝗻𝗱𝗲 𝘃𝗼𝗼𝗿𝘄𝗲𝗿𝗽 𝗿𝗮𝗮𝗸 𝒆𝒌 𝒎𝒚.
“𝗝𝘆 𝗵𝗲𝘁-𝗹𝗶𝗲𝗳 𝗺𝘆”?
𝗡𝗲𝗲: 𝑯𝒆𝒕 𝗲𝗻 𝒍𝒊𝒆𝒇 𝘄𝗼𝗿𝗱 𝗱𝗲𝘂𝗿 𝒎𝒚 𝗴𝗲𝘀𝗸𝗲𝗶.
𝗔𝗹𝗹𝗲𝗲𝗻 𝗮𝘀 𝗲𝗸 𝘃𝗿𝗮: “𝗛𝗲𝘁 𝗷𝘆 𝗺𝘆 𝗹𝗶𝗲𝗳?”
𝗸𝗼𝗺 𝒋𝒚 𝒎𝒚 𝗻𝗮𝗯𝘆 – 𝗯𝘆𝗻𝗮-𝗯𝘆𝗻𝗮.
𝗛𝗲́𝘁 𝗷𝘆 𝗱𝗶𝘁 𝗻𝗼𝘂? 𝗕𝗲𝗴𝗿𝘆𝗽 𝗷𝘆?
𝗘𝗻 𝗵𝗲́𝘁 𝗷𝘆 𝗻𝗼𝘂 𝗺𝘆
𝗲𝗻 𝗵𝗲𝘁 𝗷𝘆 𝗺𝘆 𝗻𝗼𝘂
𝗹𝗶𝗲𝗳, 𝗼𝗳 𝗹𝗶𝗲𝗳𝗴𝗲𝗵𝗮𝗱? 𝗢𝗳 𝘀𝗼𝘂 𝗷𝘆, 𝘄𝗼𝘂 𝗷𝘆?
𝗜𝘀 𝒍𝒊𝒆𝒇𝒉𝒆𝒕 ’𝗻 𝘁𝗲 “𝗴𝗿𝗼𝗼𝘁” 𝘄𝗼𝗼𝗿𝗱 𝘃𝗶𝗿 𝗷𝗼𝘂, 𝘁𝗲 𝗹𝗮𝗻𝗸?
𝗞𝗼𝗿𝘁 𝗼𝗻𝘀 𝗶𝗲𝘁𝘀 𝗸𝗼𝗿𝘁𝗲𝗿𝘀, 𝗺𝗲𝘁 𝗺𝗶𝗻𝗱𝗲𝗿 𝗸𝗹𝗮𝗻𝗸?
𝗜𝗲𝘁𝘀 𝘀𝗼𝗼𝘀 𝒎𝒊𝒏. 𝗠𝗶́𝗻 𝗷𝘆 𝗺𝘆?
𝗢𝗳 𝗶𝘀 𝗷𝘆 𝗱𝗮𝗹𝗸 𝗺𝘆 𝗮𝗮𝗻'𝘁 𝘃𝗲𝗿𝗺𝘆?
𝗘𝗲𝗻 𝗺𝗶𝗻 𝗲𝗲𝗻, 𝗱𝗮𝗴 𝗲𝗸, 𝗺𝗮𝗮𝗸 𝘁𝘄𝗲𝗲
𝗼𝗳 𝗿𝗲𝗸𝗲𝗻 𝗷𝘆 𝗲𝗲𝗻 𝗺𝗶𝗻 𝗲𝗲𝗻 𝗺𝗮𝗮𝗸 𝗻𝗶𝗸𝘀?
𝗜𝗲𝗺𝗮𝗻𝗱 𝗺𝗶𝗻𝘂𝘀 𝗶𝗲𝗺𝗮𝗻𝗱 𝗴𝗲𝗲 𝗻𝗶𝗲𝗺𝗮𝗻𝗱.
𝗘𝗲𝗻 𝗺𝗶𝗻𝘂𝘀 ’𝗻 𝗮𝗻𝗱𝗲𝗿
𝗺𝗶𝗻 𝘃𝗶𝗻𝗸𝗲𝗹 𝗼𝗳 𝗸𝗼𝗹𝗷𝗮𝗻𝗱𝗲𝗿
𝘀𝗮𝗮𝗺-𝘀𝗮𝗮𝗺 𝗴𝗲𝗲𝗻𝗲𝗲𝗻 𝘀𝗮𝗮𝗺.
Steyn ontvang ook CJ Langenhovenprys vir taalwetenskap (1988), die Elisabeth Eybersbeurs vir navorsing in Nederland (1996), die NP van Wyk Louw-medalje vir skeppende bydraes tot die ontginning van sekere vakgebiede (2000), die Stalsprys vir geskiedwetenskappe vir NP van Wyk Louw – ’n lewensverhaal (2003) en die Louis Hiemstraprys vir nie-fiksie vir Die 100 jaar van MER (2005). Steyn ontvang twee keer die Recht Malan-prys vir nie-fiksie vir 'n Tuiste in eie taal (1981) en NP van Wyk Louw – ’n lewensverhaal (1999), die Louis Luytprys vir 'n Tuiste in eie taal (1981), en die Insig-prys vir nie-fiksie (2000) vir 'N.P. van Wyk Louw – ’n lewensverhaal'.
’n Tuiste in eie taal was ’n tydige en belangrike bydrae, wat hy in boekvorm oor Afrikaans gepubliseer het. In 2014 het die omvangryke en meesleurende Ons gaan ’n taal maak lesers en taalgebruikers se aandag opnuut op die geskiedenis en impetus van Afrikaans gevestig. Die pragboek is in 2014 by NALN bekend gestel. (Hy het die gesogte Jan H Marais-prys vir hierdie werk ontvang.)
'n Taaltoer ter inleiding van die Vrystaat Kunstefees se Literatuurfees, is op Sondag 30 Junie 2019 aangebied saam met Leana Lategan, afgetrede hoofvakkundige van NALN. Professor Steyn het nie alleen sy navorsingskennis met ons gedeel nie, maar ook as eregas tydens die toer opgetree en vertel van die ryk en hoofsaaklik onbekende geskiedenis van Afrikaans in Bloemfontein. Die taalgeskiedenis van koerante, skole en die Universiteit het ter sprake gekom, terwyl bekende én minder bekende skrywerspersoonlikhede se rol in die verloop van hierdie geskiedenis belig is.
JC Steyn se boek Verset en opbou (Kraal Uitgewers) is op 14 Augustus 2019 by NALN bekend gestel. Hennie van Coller was die gesprekleier.
Die boekbekendstelling van JC Steyn se hersiene FAK-publikasie, Afrikanerjoernaal: ’n vervolgverhaal in 365 episodes, is aangebied deur die skrywer en Danie Langner van die FAK op 25 Februarie 2017 tydens die Vriende van NALN-vereniging se Algemene Jaarvergadering.
NALN se gange weergalm van stilte - sy plekkie in die leeskamer is leeg: Ons salueer prof. J.C. (Jaap) Steyn (31 Julie 1938 – 6 September 2021).
Kontak die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) vir getekende eksemplare van JC Steyn se boeke in Vriende van NALN se Museumwinkel: naln@sacr.fs.gov.za.
Lees ook:
LitNet Akademies-resensie-essay: Ons gaan 'n taal maak deur JC Steyn