LitNet Akademies-resensie-essay: Ons gaan 'n taal maak deur JC Steyn

Steyn gee ’n deeglike oorsig van die taalpolitieke geskiedenis van Afrikaans vanaf die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) en die verskyning van die eerste Afrikaanse koerant, Die Afrikaanse Patriot, in 1875 tot vandag.