Bea2017-04-27Getalle wat maak dit saak. Of nee, maak groot saak! Indien daardie 700 000 minder of meer, plus diegene wat nie daar was nie, en ook, hul hoofde gebuig het in gebed, by hulself begin, selfondersoek, eie huis in orde kry! Dan moet elke gelowige slegs na 5
Erich Luff2017-04-27Jean Oosthuizen ongelukkig kan jy ook nie geglo word nie want ander mense voor jou het ook onwaarhede geskryf. Dieselfde redenasie as wat jy het. Angus sê net wat die Bybel sê, dis al. But God ...
C Van Wyk2017-04-27Ai wat maak dit saak hoeveel mense daar was? Almal het saam gebid oral in die land op daardie dag, want almal kon nie daar wees nie. Wat wil jy bewys meneer?
C Van Wyk2017-04-27Jean een vraag: Is jy ’n wedergebore Christen of net ’n plein Christen van SA? Want sjoe, jy is darem negatief. Laat mens wonder. Alles wat Angus sê, is die antwoorde in die Bybel. Of iemand glo die Hele Bybel of net hier en daar. Ek glo elke bladsy,
JC2017-04-27Baie waar Nellie. Net die Heilige Gees kan ons van die waarheid oortuig. En ongelukkig wil dit vir my voorkom of mense uit hulself dink ipv om die Heilige Gees se leiding te vra. Ek moet wonder of die wat so oordeel al ooit die Heilige Gees ervaar het. Ka
Linn Swanepoel2017-04-27Stem saam! Niks wat Angus gepraat het was nie in die woord nie. En ja, daar was beslis meer as 1 miljoen. En ja, daar word alreeds gebid in Tshwane.
Nogal Andersdenkend2017-04-27Is dit nodig om so 'n massasaamtrek te hou om 'n punt te maak? Nou weet ek daar is ongeveer 700 000 mense wat dink dat hulle dinge kan verander deur saam te bid en dalk ook reën vir die Kaap te bring.
Persoonlik bly ek skepties en is geregtig daarop.
Cornelis Kruger2017-04-27Lyk my die NG Kerk gebruik nou ook al PR companies om negatiwe kommentaar oor mense wat 'n verhouding direk met JESUS het af te kraak. Angus het 'n verhouding met die Here, nie met 'n kerk nie.
Jesus is die middeweg na God, nie die kerk nie.
Die NG
M.b Oosthuizen2017-04-27Duidelik suur druiwe en die skrywer was nie daar nie, daar was meer as 'n miljoen en die Here was daar!!! Waar was hulle?
Satan is besig on twyfel te saai ...
Bles2017-04-27Lynette van Rooyen protesoptrede is soos die filistyne dit doen. Dit is geen verpligting nie. Eintlik is dit agterlik en die vrugte daarvan niksseggend.
Lien2017-04-27Jy mis die hele punt vriend. Dit was 'n gebedsbyeenkoms van mense wat tot ons God genader het ... nie 1 mens nie. As ons dit weer doen, moet jy eerder saam kom.
Abby2017-04-27Hi Deon was jy daar? Ek was daar en daar was geen gelde uitgegee nie. Nul vir parkering, nul vir ingang, Nul vir kos, want daar was NIKS te koop nie ... So oom Angus het soos in NUL geld gekry. Word wakker my ou!
Diana2017-04-27Wow. Dankie baie mooi gesê, waarom gaan die skrywer so aan oor dinge wat onbelangrik is. Dit het alleenlik oor God gegaan en niks of niemand anders nie. Niemand is geoordeel of sleg gesê nie. Nee ons het gebid en die geesteswêreld verander alles as ons
Johan2017-04-27Hi Wilma miskien moet jy gaan kyk in die Bybel wat daaroor gesê word, dan verstaan ons as gelowiges mos beter. 1 Korintiërs 9 : 1 - 14 As jy nou die gedeelte mooi lees en kyk in vers 3 word daardie vraag gevra en die antwoord na ’n verduideliking vind
Broer Miga van Wyk2017-04-27Pastoor ek is ontstig oor u uitlatings/mening omtrent die gebedsaamtrek. Bloedgewastes moet mekaar beskerm sodat die wêreld gered kan word. Hoeveel ongelowiges dink u Pastoor sal by 'n volgende geleentheid Evangelis Angus se preek oor bekering glo ? Ek w
Johan2017-04-27Hi Derick weet jy daar sal maar altyd kritiek wees vanaf mense wat nie wil buig voor die gesag van God en Sy Woord nie. Selfs toe die Here Jesus op aarde was en net goed kom doen het (sien Hand 10: 38 - 39) en mense se lewens kom aanraak het, het hulle te
Piet Westra2017-04-27Ek kan regtig nie glo dat mense steeds dink dat al hierdie massa-gebiddery enige nut het nie. Almal wat in 'n almagtige, alwetende God glo, is mos ook gewoonlik maar daarvan oortuig dat God in sy wysheid lankal voor die tyd besluit het wat alles in die
Leonard2017-04-27Loof Die Here vir die geleentheid, gebedsdiens, wat bonatuurlik was uit die staanspoor tot uitvoering en almal se terugkeur en aan die brand vir Jesus. Ek het reeds op verskeie gebiede die positiewe impak van die naweek se gebede/ saamkoms / beskerming op
Theo Baumann2017-04-27Ek dink dat die Rooms-Katolieke kerk baie bly is om te sien dat hulle so baie steun onder die Suid-Afrikaanse publiek het. Angus glo en preek hulle leerstellings, en ALMAL sê AMEN!
Hannes Slabbert2017-04-27Ek glo in God, nie in Angus Buchan nie. Ek kan nie ophou dink waarom duisende (NIE MILJOENE NIE) mense na sy diens stroom en nie hule eie kerk volmaak nie. Word die saak of die man aangehang? Ek oordeel hom nie maar is beslis nie 'n aanhanger nie.
Andrew2017-04-27Jammer dat "mede gelowiges" mekaar so uithaal. Dalk moes jy ook maar die dag bygewoon het en daar kon dalk 'n lewensverandering in jou lewe plaas gevind het dus as God se behoeftes eerste gestel word en nie joune nie.
Trixie2017-04-27Angus Buchan verkondig verseker nie Jesus se LIEFDE nie. As dit so was, sou hy nie gays veroordeel het nie.
Hy is absoluut die " wolf in skaapsklere" waarteen Mattheus waarsku.
EN moenie my vertel " dit was gratis" nie - hoeveel TV-kameras was daar? En
Trixie2017-04-27Kyk op sy webwerf - Angus sê dat God met hom gepraat het en dat daar 'n miljoen mense sal wees.
Daar was nie. So wie lieg? Het God met Angus gepraat, of nie? As hy het, het hy gelieg? Of lieg Angus as hy sê God het met hom gepraat?
Tiaan2017-04-27Pasop vir wat jy daar sê. Daar was net agt mense in die ark. So Noag en sy boodskap was ook nie populêr nie. Pasop vir wat populêr is. Geskiedenis bewys dat dit gewoonlik nie die regte pad is nie. Bestudeer die bybel en kyk wat God se woord sê. Bid en
Wat is die waarheid?2017-04-27Ek het gedink die artikel is baie neutraal geskryf. Maar julle lesers hol nou weg met vreeslike kommentare en elkeen probeer 'n slimmer Christen as sy buurman wees.
Sien julle ook wat besig is om hier te gebeur?
Net een ding: Al wat hier gebeur het is '