Fred2020-01-09Ja, Angus, hulle voorspel reën dan kry jy dou. Eskom gee kragonderbreukings as beloftes. Hulle sit die krag nou in die nag af, want hulle werk under cover.
Barend van der Merwe2020-01-09Vertel my tog net iets nuut en interessant FC Boot. Die hele wêreld weet al dat die Bybel uit 66 boeke bestaan. Dis ou nuus. Die Protestante baseer ook hulle geloof op die Bybel. Dit word die "sola scriptura" beginsel genoem. Vandaar my opmerking dat die
Angus2020-01-09Beste Reusedwerg,
Ek ken 'n ou oom wat kruisbande, sowel as 'n gordel dra om seker te maak dat sy broek nie afval nie. Jy waag ook nie kanse om in die hemel te kom nie. Sê nie veel vir jou geloof en jou liefde vir jou god nie.
Angus2020-01-09Geagte mejuffrou Bangbroekie,
Trek asseblief jou ou bangbroekie uit, smyt dit weg en lees oopoog met altwee oë. Die Jesus wat ek van praat, is daai ou wat 'n karakter is in die mitologiese verhaal wat jy in die Nuwe Testament kry -- nie die Jesus wat di
Angus2020-01-09Hoe so? My weerkaart wys dan reën in die Klein Karoo! Lekker ruik aan die Katbos en Kambro! Hier by ons in Durban pomp my lugverkoeling liters water uit die huis, terwyl alles buite sopnat is.
Lynne Fourie2020-01-09Welgedaan Lidi - jy verwoord die situasie so raak en die kringloop wat dit veroorsaak het! Oorlog is altyd afbrekend - baie van ons het familielede heeltemal "anders" sien terugkom.
RJ Biddulph2020-01-08Ek het toevallig op hierdie storie afgekom en dit baie geniet. Ek mis vir Drikus erg, het laas, laaste saam met hom op Ann se plaas in Vaalwater gekuier.
Dankie.
Chris Marnewick SC2020-01-08Ek het glad nie van die boek gehou nie. 'n Ellelange selfverskonende selfmoordstorie without any redeeming features.
Ek het my kopie ($38) by die plaaslike boek-uitruilskema vervang met 'n $3 Mark Twain.
Corene Smit2020-01-08Die boek is baie boeiend. Die leerlinge sukkel bietjie met die verskeidenheid karakters.
Om akkuraat aan te bied, wil ek net weet of die Killians n wit of bruin familie is.
Baie dankie.
Sarie2020-01-08Dankie vir hierdie gebalansseerde resensie. Dit lyk of politieke korrektheid hier geseëvier het. Hoop om meer van u resensies te sien op LitNet.
Christo Snyman2020-01-08Kan 'n roman "broodnodig" wees in 'n samelewing wat nie meer lees nie? Oor die 600 bladsye. Sal mense verander as hulle hierdie roman lees? Gaan dit ons samelewing genees?
Almarie2020-01-08Ek is so ontroerd deur hierdie reisbeskrywings rondom bome. Wat n gawe om woordprente te skep waarin ek my as leunstoel-reisiger met oorgawe kan verlustig.
Jan2020-01-08Pateties - so min wat jy hier skryf was hoe dit was. En as jy vir simpatie soek - dit is tussen shit en syfilis in die woordeboek ... aldus my Sersant.
F C Boot2020-01-08Nou toe nou. Barend is verbaas ek besprinkel nie my relaas met Bybelversies nie. Iran is die ou Persië van die Bybel, ’n eens magtige ryk wat noordwes tot in Indië gestrek het en suidwaarts tot Egipte, en Israel was onder Kores ’n provinsie van die
Henning Janse van Vuuren2020-01-08Ek het die volgende resensie (elders bekend as 'n lesersindruk) geskryf en op Goodreads aangebring. Ter wille van die behoud van Afrikaans het ek hier "'lewendige uitsending' van die nuus" na "regstreekse" uitsending verander.
Biblioteek aan die Einde
Barend van der Merwe2020-01-08Die onderwerp van die historiese Jesus is nie vir my meer interessant nie. Daar is ander, belangriker vrae as die bestaan van Jesus. My opinies oor die saak het ek wel. Ek word nie omgekrap deur die stelling dat Jesus nooit bestaan het nie. Trouens, die k
Gustaf Claassens2020-01-08'n Vaandeldraer vir Afrikaans en iemand na wie mens kan en wil luister.
Dalk selfs meer oor 'n bord kos of om 'n vuur in die Karoo, waar die atmosfeer die agenda van die gesprek dikteer. Oor die menige bydraes tot nou, baie dankie.
Gustaf Claassens2020-01-08Soos Eskom is die President van ons land kragteloos, iemand wat net mooi koekies kan (probeer) bak. Die spulletjie wat hy lei is veel erger. Almal sal heelhuids faal in elke werksonderhoud wat aan hulle toegestaan word terwyl die meeste nie eens genooi s
Barend van der Merwe2020-01-08Vir die eerste keer in jare is ek lus om een van haar boeke te lees. Natuurlik sal die boek die vroulike perspektief uitbeeld. Selfs die mans stem nog nie saam oor die hele politiek agter die oorlog nie.
Gustaf Claassens2020-01-08Die vere maak die voël ... jou taal maak jou mens. CF Visser se laaste strofe hieronder sê alles.
O, BOEREPLAAS
O boereplaas, geboortegrond!
Jou het ek lief bo alles.
Al dwaal ek heel die wêreld rond,
waar so gelukkig, so gesond?
O boereplaa
Karen de Wet2020-01-08Dankie vir moeite om 'n greep aan te bied op hierdie roman. Goeie waarneming om na die biblioteek van Van Heerden se oeuvre te verwys.
Die boek stuur my voortdurend terug na Casspirs en Camparis - selfde/soortgelyke op- en oopskryf van 'n politieke en
Henning Janse van Vuuren2020-01-08"Be like a tree. Stay grounded. Connect with your roots. Turn over a new leaf. Bend before you break. Enjoy your unique natural beauty. Keep growing." - Joanne Raptis
Pragwerk! Heerlik gelees, dankie.