Skepping vs evolusie - nog steeds

  • 104

Ons sien gedurig menings en kommentaar oor evolusie teenoor Goddelike skepping.

As mens na die Oxford Dictionary se definisie van evolusie kyk, dan sien ons dit verwys na “The process by which different kinds of living organism are believed to have developed from earlier forms during the history of the earth.” Let op die gebruik van die woorde “believed to have”. Die gebruik van hierdie woorde dui daarop dat dit juis nie bewys is nie, maar dat daar bloot geglo word dat dit so gebeur het oor verloop van lang tydperke.

Cambridge Dictionary bly veiligheidshalwe weg van die “different kinds” hipotese en gee evolusie aan as gewoon “the way in which living things change and develop over millions of years”.

Dit dui duidelik op die darwinistiese tipe evolusieleer en is bietjie meer eerlik as die weergawe van die proponente van die evolusieleer wat ons so dikwels op hierdie forum te siene kry. Hulle skep die indruk dat darwinistiese evolusie 'n bewese feit is soos die definisie hierbo weergee, met ander woorde, 'different kinds of living organism are believed to have developed from earlier forms'. Stoere aanhangers van die teorie soos Angus sê elders op hierdie forum dat daar nog heelwat van evolusieleer bewys moet word maar in dieselfde asem sê hy evolusie is 'n bewese (voldonge, soos hy dit stel) feit, wat dui op die onsekerheid en dubbelsinnigheid wat selfs onder die stoere proponente daarvan heers. Tog is daar geen werklike bewys vir die belangrikste bene van daardie teorie nie – die ontstaan van die ryke diversiteit van lewe soos ons dit ken vanuit eenvoudige organismes en vanuit afgestorwe soorte van weleer. Geen bewyse nie. Die sogenaamde bewyse wat deur wetenskaplikes opgediep en voorgehou word, is is eintlik veel eerder bewys van die Goddelike skepping-bloudruk vir verskillende soorte wat op aarde moet leef.

Die ooreenkomste in soorte kan netsowel of veel eerder die skepping van verskillende 'different kinds' gewees het oor die verloop van die aarde se geskiedenis heen ooreenkomstig die Goddelike gemeenskaplike bloudruk vir lewe op aarde en die hoedanighede waaraan soorte (kinds) moet voldoen om op aarde te oorleef en floreer. Trouens, dit is die veel meer aanvaarbare en logiese verklaring en dit is al so opgeteken derduisende jare gelede in wat vandag as die Bybel bekend staan. Vir die idee van evolusie, wat eintlik sy oorsprong in die antieke Griekse filosofie had, hoewel die proponente daarvan beweer dat dit al biljoene jare aan die gang is, bestaan daar geen skrifte nie en die eerste geskrifte het dus eers so onlangs as die 19de eeu verskyn, waarvan Darwin se Origin of Species die bekendste is - 'n publikasie wat deur agnostici aangegryp is en aggressief as sulks as model uitgebou is maar.

Vandag word al wyer en wyer (hoewel traag) erkenning verleen uit alle oorde aan die feit dat die darwinistiese tipe evolusieleer glad nie 'n verklaring vir die ontstaan van lewe op aarde is of bied nie.

Dit wat vandag as 'evolusie' aangestip word, is eintlik niks anders nie as die gewone genetiese aanpasbaarheid van soorte om by immer veranderende omstandighede op aarde aan te pas – deel van die Goddelike skeppings-bloudruk en dit is presies wat ons sien gebeur. Daar is egter geen bewys dat een soort in 'n ander geëvolueer het nie, net bespiegeling en die agnostikus se geloof daarin (as sy teenvoeter teen geloof in Goddelike skepping). Niemand weet hoe oud die aarde werklik is nie. Niemand weet wat God alles op aarde geskape het voor die huidige skepping soos in Genesis beskrywe ten aansien van skeppingsgebeure waar die mens as sulks vir die eerste maal ter sprake kom, nie. Waarvan daar wel oormatige bewys van is, is die Goddelike skeppingsmomente van verskillende soorte elk met sy eie unieke kenmerke wat uitstaan bo die ooreenstemmende kenmerke (wat daar noodwendig moet wees weens die aard van die Goddelike skeppingsbloudruk vir lewe op aarde) en waarvoor daar ook aansluiting te vind is in die beknopte skeppingsgebeure soos duisende jare gelede in Genesis beskrywe.

Kobus de Klerk

  • 104

Kommentaar

  • Diegene wat hul lewe om worstel om te glo dat hulle ewig gaan lewe, moet maar weet: Dit gaan nie gebeur nie.

    • Kobus de Klerk

      Bewyse vir jou stelling, asseblief?

      Verduidelik dan ook sommer wat jy onder die begrip 'lewe' verstaan en hoe jy dink jou fisieke massa sal kan funksioneer as mens, sonder die spirituele (geestelike) deel daarvan, naamlik wat jou ten minste in staat stel om om besluite te neem, te onderskei tussen goed en kwaad, reg en verkeerd, ens.

      Dit sal natuurlik vereis dat jy meer as een sinnetjie op 'n slag sal moet neerpen ...

  • Jy maak 'n heel aanvegbare stelling en jy gaan daaroor gelooi word wanneer jy skryf:
    "Daar is egter geen bewys dat een soort in 'n ander geëvolueer het nie, net bespiegeling en die agnostikus se geloof daarin (as sy teenvoeter teen geloof in Goddelike skepping). Niemand weet hoe oud die aarde werklik is nie."
    Die beste bewys van een soort na 'n ander is juis landdiere na seediere soos walvisse. Ons hoef nie te weet presies hoe oud die aarde is nie. Wat ons wel weet uit hoe die aarde ontstaan het en water en suurstof gevorm is dat dit baie ouers is as 6000 jaar.
    As 'n mens die skeppingsverhale, geskryf tydens ballingskap, reg lees sal jy sien dat dit teen 'n agtergrond geskryf is toe alles reeds gevestig was en selfs wilde diere deur die mens mak gemaak is, soos bv wolwe, voorgangers van honde.
    Evolusie is en bly 'n onderwerp waaroor nog baie gestry gaan word. Persoonlik het ek nie 'n probleem daarmee nie want dit vertel vir my hoe dit gebeur het teenoor die Bybel se Wie dit laat gebeur het.

    Hier is ’n definisie van evolusie: http://www.oxforddictionaries.com/definition/english/evolution

    Ek is nie 'n wetenskaplike nie maar ek hoef ook nie 'n hoender te wees om te weet
    wanneer 'n eier vrot is nie. Biologiese evolusie as dit reg verstaan word is 'n voldonge feit en of jy nou daarvan hou of nie is nie tersake nie.

    • Kobus de Klerk

      Selfs sommige wat daarop roem dat hulle gelowiges is, sal deur die groot leuenaar mislei en verlei word om die leuen te glo.

      • Beste Kobus
        Evolusie is nie 'n leuen nie, dit is 'n bewese wetenskap. Vergeet nou maar wat ateïste oor dit sê. Hulle raak net moerig want as jy dit erken ruk jy 'n groot gedeelte van hul argument teenoor die skeppingsverhale onder hul voete uit en begin dan beweer soos jy dat jy eintlik ongelowig is en eintlik 'n ateïs behoort te wees.
        Glo my dit is 'n bewese feit dat ons heelal nie die resultaat van 'n kitsskepping is nie, dit het biljoene jare geneem. Dink nou mooi daar oor na. As ons as Christene bely dat alles deur Christus tot stand gekom het, dan beteken dit dat Christus bestaan het voor dat alles tot stand gekom het.
        Christus het dus in 'n tydlose dimensie tydloos bestaan. Tyd is dus geen faktor nie. Trouens tyd is 'n illusie, baseer op foutiewe waarneming. Vra jou self af - as alles in die heelal stilstaan en slegs dit wat beskryf word as 'ruimte' tussen voorwerpe bly bestaan wat het van 'tyd' geword?
        Wanneer ons dus tyd uit die skeppingsverhale neem en wat beskryf word as 'n 'dag'en 'nag' in 'n ander lig beskou dan besef 'n mens dat hierdie verhale wat in ballingskap opgeteken is nie gaan oor hoe alles gebeur het nie, maar oor deur Wie alles gebeur het. Dag en nag bestaan slegs op ons aarde agv die kantelomwenteling van ons planeet en ‘jaar’ is slegs ’n eliptiese reis om die son.
        As ’n mens dus sê maar sy verjaardag vier op ’n gegewe dag en 50 jaar oud is.Wat beteken dit nou eintlik. Wel hy het 50 reise om die son mee gemaak ,200 seisoene beleef en ongeveer derduisende omwentelinge van die aarde om sy eie as meegemaak. (366.26 omwentelinge om 365.26 dae te gee dus 18 313 omwentelinge baseer op inligting vervat in https://en.wikipedia.org/wiki/Earth)

        Ongeag hoe lank gelede die Oerknal plaas gevind het, en alles onstaan het bereken teen ‘n oneindigheid soos deur die Skepper gesien was dit in ’n oogwink. Die Bybel is dus in die opsig korrek.
        Ons kan nie die Bybel as 'n wetenskaplike werk voorhou nie. Trouens 'n mens moet sigself tog afvra as alles deur Christus tot stand gekom het, waarom het Hy nie die mense van sy tyd verlos van hul onkunde wat die deel van die wetenskap aanbetref?
        Jesus se stilswye in die verband spreek boekdele, dit was nie die mandaat wat hy van sy Vader ontvang het nie. Hy het nie gekom om mense in die opsig van hul onkunde te verlos nie, maar om deur Sy verlossingswerk die gebrokke verhouding tussen mens en Skepper te herstel.
        En dit is wat vir my belangrik is om die Wie te ken die hoe is meer van akademiese belang veral vir diegene wat hul beroep daarin beoefen. Dit kan en mag nooit ons geloof laat wankel nie, nooit die vaste vertroue dat al God se beloftes vervat in die Bybel eendag vir elke gelowige bewaarheid sal word, al verstaan ons nie altyd hoe nie.
        Laat dit met jou goed gaaan.

  • Beste Kobus,
    Die skrywers van die Oxford Dictionary is taalkundiges, nie wetenskaplikes nie. As hulle dus skryf “believed to have developed” dan bedoel hulle dit is hoe dit deur die gewone mens verstaan word.
    Jy gryp nou na strooihalmpies om die evolusieleer af te trek tot die vlak van die skeppingsfantasie wat slegs berus op “believe”.
    Die evolusieteorie is slegs maar die geskiedenis van lewe op aarde, en dit word ʼn teorie genoem want dit is ʼn bewese feit. Elke dissipline van die wetenskap aanvaar die evolusieteorie as ʼn voldonge feit, en alle navorsing bewys dit. Die enigste wat die evolusieteorie ontken en teenstaan, is die kreasionis. Die meeste van hulle het absoluut geen kennis van wat die teorie behels nie, hulle het maar net in boeke gelees wat ander kreasioniste skryf en wat hulle dan alles sommer vir soetkoek opvreet. Christene sal dit beveg, want hulle dink dit weerspreek die Bybel. Die arme goed het nie die vaagste benul hoe om die Bybel te verstaan nie.
    Daar is natuurlik “wetenskaplikes” wat dit teenstaan, maar niemand steur hulle aan die klomp nie. ʼn Goeie voorbeeld is Jonathan Wells, wat sy doktersgraad binne ʼn jaar by een of ander Moon-universiteit gekry het. Daar is natuurlik wetenskaplikes, soos my goeie ou vriend, dr JC Sanford, wat op sy oudag kreasionis geword het. Hy is, of liewer was, ʼn plantkundige by uitstek toe hy nog ʼn ateïs was. Sy werk as kreasionis berus uiteindelik maar op geloof as oplossing, en geloof is rêrig te wishy-washy vir die wetenskap.
    Dit is maklik op papier om sommer te sê daar is geen bewyse vir die evolusieteorie nie, en dit wat wetenskaplikes “opdiep” eerder ʼn bewys is vir “goddelike skepping-bloudruk”, terwyl jy sit en tik op jou rekenaar. Dis ʼn ander saak as jy maar jou witjassie aantrek en self navorsing doen, of as jy jou kakiebroek en stewels aantrek en self die wêreld gaan besigtig. Die wetenskaplike sit met konkrete bewyse, terwyl jy soos ʼn primitiewe grotbewoner van ouds sit en raai dat daar ʼn god moet wees wat so asemhaal as die wind waai.
    Verder maak jy die fout om te dink dat agnostici Darwin se Origin of Species aangryp en as model voorhou. Die meeste agnostici weet seker nie eens wie Darwin is nie, wat nog te sê sy werk gelees het. Selfs die meeste wetenskaplikes het dit nog nie onder oë gehad nie. Vra ʼn wetenskaplike wat dink hy van die groot debat (en dan dink jy skepping versus evolusieteorie) dan sal hy miskien dink die debat oor watter mitochondriese mutasies uitgeskakel moet word om degenerasie te strem. Die wetenskaplike voel vere vir hierdie skepping vs evolusie, onkunde vs kennis debatte. Dis die kreasionis, die Christen, wat so lawaai opskop omdat dit wat in die Bybel staan aangetas word, en dit is volgens hulle mening, godslasterlik. Darwin het met die publikasie van Origin of Species, gehuiwer, want hy wou nie ʼn herrie laat ontketen nie.
    Indien ek gesê het dat heelwat evolusieleer bewys moet word, dan wil ek dit duideliker stel: elke dag se navorsing versterk die evolusieteorie, en dit sal tot in lengte van dae geskied. Kennis (daardie vruggie wat die mens glo geëet het wat God so laat skrik het) is gedurig aan die verdubbel. Die evolusieteorie is op moderne kennis gebaseer, nie op dié van tweeduisend jaar gelede nie.
    Ek sien daar het darem al vir jou ʼn liggie opgegaan as jy praat van aanpasbaarheid van soorte by veranderende omstandighede. Ja, dis evolusie, maar dan val jy maar weer terug op die primitiewe siening van ʼn god se hand agter alles met jou skeppings-bloudruk. Dié bloudruk-idee van jou is mos onbybels ook. In die Bybel staan dit tog duidelik dat God elkeen na sy soort geskep het. Hy moes dan mos elke soort met ʼn ander materiaal geskape het.
    Dit help nie om met allerhande slinkshede vorendag te kom nie, dis maklik om dit raak te sien. Jy sien jy is aan die verloorkant, en nou draai jy alles om: evolusie is kastig nou fabelagtig, ʼn religie, ʼn mite, en nie bewys nie. Ooreenkomste tussen spesies, fisies en geneties, word nou gesien as ʼn goddelike bloudruk. Jou gespartel laat my lag.
    Niemand weet hoe oud die aarde is nie, maar die wetenskaplikes is nader aan die waarheid as die Bybelse berekening van sesduisend jaar.
    Jy beweer daar is bewyse vir Goddelike skeppingsmomente. Dan moet jy uitkom met jou bewyse dat daar ʼn god is wat alles geskep het. Moenie maar vir my sê, kyk rondom jou, nie. Dis nie ʼn bewys dat daar nou juis ʼn bonatuurlike god is wat alles geskep het nie. Maar, nou ja, jy het gesê jy het die bewys. Dus, uit daarmee!
    Groete,
    Angus

    • Kobus de Klerk

      Verskonings, verskonings, verskonings maak jy, maar dit help nie jou evolusieteorie nie. Daardie taalkundiges weergee die populêre betekenis aan 'n woord.

      Ek het al soveel maal tevore vir jou daarom gewys dat jy nie die talle bewyse van God se bestaan en betrokkenheid wil raaksien nie. Jy is Spiritueel stokblind, tog stry jy (nie baie wys nie, is dit ...) In jou (en die klompie ander wat so blind is soos jy) staat van blindheid het julle dus vir julle 'n model gefabriseer as alternatiewe verklaring vir die dinamika van lewe op aarde met die doel om God se betrokkenheid doelbewus uit te sluit.

    • Kobus de Klerk

      Angus,

      Jou stelling/insinuasie hierbo dat God kwansuis nie sou wou hê dat mense kennis moet opdoen nie, is pure snert. Die teendeel is waar - lees die Woord in jou Bybel by Hosea 4:6 en Jesaja 5:13 saamgelees met Jeremia 33:2-3.

      Die kanse is uitstekend dat jy dit nie sal begryp nie, maar dit is baie eenvoudig - God is VIR kennis - kennis verkry van die Waarheid, want dit is volhoubaar en standhoudend, nie geskoei op leuens nie.

  • Beste Kobus,
    My oog val nou op jou bewering dat die Bybel 'n veel meer logiese verklaring bied vir wat as evolusie bekend staan.

    Bedoel jy nou daardie boek waarin daar 'n pratende slang en bome is? Waarin 'n man uit 'n hopie grond, sommer so tjoef-tjaf gemaak word, en sy vrou sommer so tjoef-tjaf van sy ribbebeen? Jy sê hierdie boek se verklarings is logieser? Dan verstaan ek die Kobus de Klerk-logika nou heelwat beter.
    Groete,
    Angus

    • Kobus de Klerk

      Jy verstaan eintlik niks, Angus, Veral nie die Woord nie, want jy, as ateïs, het nie Spirituele intelligensie nie (en dit is wat jy benodig daarvoor). Nog minder verstaan jy dus die kragtige simboliek in die Woord en dan maak jy die onsinnige stellings wat jy maak.

  • Beste Kobus,
    Ek maak g'n verskonings nie. As 'n mens Plantkunde en Dierkunde bestudeer, gebruik jy nie Oxford Dictionary se definisies nie. Jy het seker maar toe jy wet studeer het. As jy beweer dat wetenskaplikes glo sonder dat hulle navorsing gedoen het, dan moet jy dit asseblief vir my uitwys. Moenie net so vaagweg brabbel nie.

    Spirituele waarneming is beslis nie wetenskaplik aanvaarbaar nie. Dit berus op skepping van die mens se verbeelding, en soos jy miskien weet, is daar niks onmoontlik wat die mens hom kan verbeel nie. Gaan lees maar in die Bybel, en jy sal sien dat die mens daar 'n god gemaak het wat alles geskep het.

    Al dun ou grashalmpie waaraan jy nog kan klou is die "jy" en die "julle" uitskel met spirituele stokblindheid. Ek wonder soms of jy nie dalk aan 'n ander blindheid ly nie. Dis al rede wat ek kan insien waarom jy die evolusieteorie nie kan verstaan nie.

    Groete,
    Angus

    • Kobus de Klerk

      Nee wat Angus. Die darwinistiese tipe evolusieteorie berus alles kwansuis op bewys- pilare. Maar te veel van die kritieke pilare om dit staan te maak, is en bly onbewese en dit is ondermeer die gebrek aan bewyse dat een soort in 'n ander evolueer met tyd. Dit is blote afleidings wat hipoteses vorm op grond van 'n paar fisieke ooreenkomste, maar geen bewyse nie. Jy sien, daar is ander gangbare verklaringe ook daarvoor, byvoorbeeld dat alles wat op aarde leef as dier en mens sekere fisieke kenmerke sal moet deel om hulle geskik te maak vir lewe in die aardse biosfeer en dat hulle spesifiek so ontwerp en geskep is.

      Jy kan mos hoegenaamd nie oortuigend aandui dat skepping deur die Skepper onmoontlik is nie ...

  • Beste Kobus,
    Nou beweer jy weer dat die Bybel simbolies gelees moet word. Jy is 'n regte manteldraaier. Dis nou wanneer jy sit met 'n probleem soos die tjoef-tjaf-mensskeppery. More, oormore sweer jy weer blou dat Noag se vloed, en maagdelike geboorte van Jesus werklik gebeur het. G'n simboliek daaraan verbonde nie. Wil jy nie maar heeltemal draai, en ateïs word nie? Dan het jy darem lekker sterk skietgoed om die gelowiges by te kom.

    Groete,
    Angus

    • Kobus de Klerk

      Dit is 'n bra desperate poging van jou, Angus.
      Ek het nog nooit gesê dat dit net simbolies gelees moet word nie. Wat ek wel sê is dat daar ook ryke simboliek in die Bybel is, wat selfs ook soms antropomorfisme in een of ander vorm sal insluit. Dit word gebruik om (op daardie stadium) onbekende verskynsels en konsepte te verduidelik deur aan hulle gestalte te gee wat vir mense bekend is met gepaste assosiasie van wat dit moet behels. 'n Draak en slang, was bekende simbole van wreedheid en boosheid en slinksheid.
      Dan moet jy ook die vermoë hê om te kan onderskei wanneer simboliek in die Woord aangewend word en wanneer nie.

  • Interessant om te lees. Angus "die Ateïs " volgens Kobus de Klerk hê sinvolle intelligente en respekvolle kommentaar. Kobus "die gelowige" raak persoonlik en aanvallend. My konklusie. Kobus klou aan die dogma van die kerk maar verstaan niks van die liefde en verdraagsaamheid van sy God nie. Angus verstaan medemenslikheid en meelewing in en met die natuur. Kobus jy en jou medegelowiges maak mense soos ek verstaan hoekom ons verkies om agnosties te leef want jy en jou lang teorieë maak géén sin nie.

    • Kobus de Klerk

      Natuurlik nie Mags - want as agnostikus verstaan jy niks daarvan nie en derhalwe sal dit nie vir jou sin maak nie. Jy sien, omdat jy nie verstaan nie (vir al die verkeerde redes waarvan vooropgestelde agnostiese idees en vooroordele die belangrikste is), is jy juis 'n agnostikus en andersom is ook waar (het julself so in 'n sirkelgang van onbegrip vasgekluister).

      Dit is nie 'n kwessie dat daar niks is om te verstaan nie, want daar is baie, maar dit is 'n kwessie dat jy van die baie, niks verstaan nie - weens jou eie lewensuitkyk.

      • Interessant hoe jy eintlik jouself beskryf. Ek was dalk meer "diep gelowig en gekerk" as jy, ken die binnelewe van pastorieë ... jou skrywe het my oog gevang juis oor jou outokratiese meerwaardige houding. Ek kan ten minste vir die eerste keer in meer as 50 jaar na die natuur en mense kyk en genade, liefde, skoonheid sien sonder die las, die skuldgevoel, boetedoening wat "diep gelowiges" so swaar aan dra en so graag op ander wil afdwing.

        • Kobus de Klerk

          Om te sien is een ding, maar om te begryp wat jy sien is die kruks. Dit help dus nie jy boer in kerke en pastorieë nie, maar leer klaarblyklik niks daar nie, want jy is onwillig.

          As jy sê jy was diep gelowig, is dit nie so nie. Geloof is 'n wonderlike gawe wat floreer onder druk en beproewing, nie taan nie. Dalk het jy nog 'n Bybel, dan kan jy weer die gelykenis van die saad/saaier oplees. Daarin word vertel van die saad van geloof wat op die harde grond val en vrek voordat dit behoorlik kan ontkiem. Lees dit, jy sal dalk jouself daarin sien en besef watter lesse jy als uit die Woord kan leer.

          Op hierdie stadium is jy blykbaar nie eens in staat om te onderskei tussen mens, vir wie ons moet liefhê, en die mens se gruwels, wat ons beslis nie moet liefhê nie, maar moet verwerp en so 'n mens ter wille van hom/haarself, daaromtrent teregwys. Vir jou is daar nie onderskeid nie, want jy het jouself as agnostikus nou doof en blind gemaak vir die dinge wat die HERE hartseer maak - dit is baie makliker vir jou. Jy verstaan dus as sulks sekerlik nie die Liefde van die HERE nie.

  • Pienkes du Plessis

    Is hierdie De Klerk-kêrel so waar as wragtag weer terug? Om ons lagspiere te kielie of om ons te dwing om ons hare in boste uit te trek?

    • Kobus de Klerk

      Jy is baie ver agter die tyd.

      Hare in 'boste' uit trek? Stuur vir ons 'n foto in van jouself wanneer jy pankop is daarvan - ons wil ook bietjie lag...

  • Beste Kobus,
    Hoe weet jy wanneer om die Bybel simbolies te lees en wanneer om dit letterlik te verstaan? Ek weet wat die antwoord is, maar jy sal dit heftig ontken.

    As dit moeilik is om te verklaar, soos 'n pratende slang, dan is dit simbolies. As daar tog 'n beduidenis is dat dit dalk geskiedkundig en wetenskaplik verklaar kan word, dan word dit letterlik verstaan, soos die Noag-storie en maagdelike geboorte.

    Al ou draadjie waaraan jy nog kan vasklou,is julle agnoste het nie spirituele intelligensie nie, julle verstaan nie.

    Groete,
    Angus

    • Kobus de Klerk

      Dit is waar leiding van die Heilige Gees (en Spirituele intelligensie) inkom - want die Heilige Gees is die Inspirerende Krag van die Woord.

      Jy bevind jou dus nou op 'n gebied waar jy as ateis geen begrip of insig voor kan ontwikkel nie en is jou oppervlakkige en ligsinnige interpretasies van die inhoud daarvan telkens die bewys van jou onvermoë. Die ganse dinamika van die Skrif ontgaan jou geheel en al.

      Kyk, teen hierdie teen behoort jy al te kon besef - die Bybel is geen gewone boek nie - dit is die mees gelese, bespreekte, gekritiseerde en dinamiese boek wat bestaan, ten spyte van die ouderdom van die inhoud, eintlik tydloos is vir die eenvoudige rede dat dit Godsgeïnspireer is.

    • Kobus de Klerk

      Daar is vele wyses van kommunikasie, baie daarvan op spirituele vlak.

      Die mens van toentertyd was besonder fyn ingestel op sy omgewing en die lewe rondom hom,wat diere insluit - hy was daarvan afhanklik vir sy suksesvolle voortbestaan. So was Bileam se kommunikasie met sy donkie, byvoorbeeld, verfyn tot 'n fyn kuns. Die donkie was sy reisgenoot, vriend en getroue metgesel. Daar was ook glad nie die klomp gekletter (clutter) waaraan die moderne wetenskap mense deesdae onderwerp, wat daardie fyn instelling so belemmer nie. Dus was mense se kommunikasievermoëns glad nie so uiters beperk soos dit vandag is tot spraak en geskrewe woord in een of ander formaat en so bietjie afgewaterde lyftaal nie.

      G'n wonder jy beskou alles daarvan as fabels nie.

      Dink jy diere kan nie kommunikeer nie? Het jy gehoor van die hedendaagse diere-fluisteraars, mense wat met toewyding en konsentrasie bietjie van die ou vermoëns en kommunikasie vernuf probeer herwin?

      Jy herinner mens telkens daaraan dat die agnostikus in so 'n bitter klein wêreldjie leef.

  • Middag Kobus. Ek gaan die gesprek afgesluit want dit lyk my soos 'n goeie outokraat is jy alwys oor alles, die skepping, heelal Darwinisme, Ateïsme, Agnostici ens. Jy dryf my om in Alle opregtheid vir jou te bid vir bevryding van jou veroordelende persoonlikheid. Jy stel God in die verleentheid.

    • Kobus de Klerk

      Mags,

      Hier bo, op 6 April getuig jy, jy is agnosties. Ken jy die betekenis daarvan? Nou wil jy vir my bid - tot wie? En jy sê ek stel God in verleentheid - watter god, volgens jou as agnostikus?

      Jy sien nou wat die agnostisisme aan mense doen... dit is 'n onsamehangende, inkonsekwente, wankelende affêre, tot so 'n mate dat jy iemand ('n gelowige) sy konsekwentheid verwyt asof dit nou teen die aanvaarbare norm is, lyk dit my.

      Hoewel jy dus op jou eie indikasie, baie tyd in kerke en pastorieë deurgebring het, het jy nog nie geleer dat, wanneer mens deur God gelei word (Psalm 37:3-6), jy volkome op die leiding kan vertrou, nie...

      Moenie vir jou bekommer oor die las, skuldgevoelens en boetedoening waarvan jy hierbo praat, wat jy met jou saamdra nie. Dit is steeds daar, maar jy het daarvan probeer ontslae raak deur 'n agnostiese lewensbeskouing te omhels. Jy probeer dus net die las daarvan ontken en ignoreer. Maar dit is onnodig, want jy kan baie gou en baie maklik effektief daarvan ontslae raak, as jy net bereid sou wees om dit te erken, bely en vergiffenis daarvoor te vra by die HERE Jesus Christus. Hoe lank kan dit jou nou neem om dit te doen? Al wat dit verg is bietjie moed en dei HERE sal die res doen - HY is na alles die Gewer van die liefde waarna jy so verwys, terwyl jy iemand (soos ek) so graag oordeel.

      Jou oordeel pla my natuurlik nie, want ek weet genadiglik wat werklik aangaan. Jy kan dieselfde doen.

  • Beste Kobus,
    Dis ʼn oorbekende truuk van die kreasionis om sy opposisie se intelligensie te probeer afkraak: jy is te onnosel om te verstaan, jy het nie spirituele intelligensie nie, daarom gaan dit wat in die Bybel staan, by jou verby.

    Dis nog maar al ou dun draadjie waaraan jy verbete aan vasklou.

    Die Bybel is letterkunde van twee, drieduisend jaar gelede. Die begin daarvan dui aan dat dit metafories gelees moet word en dit strek deur die hele verhaal, die Nuwe Testament ingesluit. Eintlik is die Bybel ʼn allegorie, wat ʼn hele groot metafoor is, soos Van Eeden se De kleine Johannes, of Bunyan sy Pilgrim’s Progress.

    Nêrens het ek al ooit beweer dat die Bybel ʼn gewone boek is nie; dan sou ek nie 23 Bybels besit het nie. Ek weet nie of dit die mees gelese boek is nie, al wat ek vermoed is dat dit die mees oopgemaakte boek is. Die baie bygelowige Christene gebruik dit om die bose af te weer, en om met allerhande spiritistiese voorspellings te maak. Christene het dit al biljoene kere oopgemaak om te cherry pick en Ps. 23, of Ps. 121, of Joh. 14 te lees. Baie Christene loop daarmee onder die arm om te wys watter goeie mense hulle is. Sommiges stal groot Familiebybels uit in hulle voorportale om vir besoekers te wys hier bly die uitverkorenes van God Selfs met boekevat saans, moet pa nie sommer die Bybel oopslaan en lees nie; hy mag hom dalk bloedrooi skaam, en dit voor die kinders! Selfs predikante kan nie sommer lukraak kies uit die Bybel as teks vir sy preek nie. Weinig het dit van begin tot einde deurgelees; jy ook nie, anders sou jy een teen tien ʼn ateïs gewees het.

    Alle skrywers beweer maar dat hulle een of ander inspirasie van êrens gekry het. Die skrywers van die Bybel roem hulle seker maar ook op hierdie inspirasie. Ek kan nou nie insien hoe dit juis “Godsgeïnspireer” is nie, want God is dan een van die karakters in die boek. Die bestaan van God buite die Bybel het jy nog nie vir my bewys nie. As jy dit kan doen, sal dit rêrig nou ʼn wonderwerk wees, want dit sal die eerste keer wees dat ʼn fiktiewe karakter ook werklik bestaan.

    Ek weet die Christen is gou om te beweer dat dit nie nodig is om die bestaan van God te bewys nie, maar die Christen is die eerste wat “ bewys, bewys” skree as dit by evolusieteorie kom. Al verskil is, die evolusieteorie het bewyse, terwyl die Christen maar net kan skree: “Kyk rondom jou.”

    Goeie letterkunde vereis dat ʼn werk universeel moet wees. Selfs minder goeie letterkunde, soos die Bybel, kan ook tydloos wees; wat ʼn god of gode daarmee te make het, sal net jy jou kan verbeel.

    Ek dink nie dis debatteerbaar wie die beste insig het nie: die Christen met sy benewelde, geïndoktrineerde brein, of die helderdenkende ateïs.
    Groete,
    Angus

    • Kobus de Klerk

      Die kwessie van Spirituele intelligensie gaan hand in hand met die openbaring en uitleg deur die Heilige Gees, sodat mens daardie gawes van die Heilige Gees behoorlik kan benut - beide gawes van die Heilige Gees.

      Dit is maar net eenvoudig 'n feit, Angus. Niks wat jy daaraan kan doen nie, al probeer jy dit hoe ookal afmaak en kritiseer. Dit is eenvoudig waarom jou 23 Bybels se lees en die deurlees daarvan deur jou daarvan, jou steeds niks baat nie. Na drie maal se deurlees (een maal behoort vir die normale - gelowige - leser genoeg te wees, want die Heilige Gees lei daarin) deur jou, baat al die lesery jou niks.

      Tag, mens kry julle jammer - daardie desperasie... 23 Bybels, oor en oor deurlees met die besef dat jy geen vordering (kan) maak nie. Kan net nie uitkom by wat die gelowige so geredelik deur Goddelike leiding regkry nie. Jou oplossing om jouself te troos? Stories opmaak van mites en fabels waarmee jy die gelowige kan konfronteer... hoe verwyderd is die wêreld van die gelowige nie van die ateis (en ander agnostici) s'n nie.

  • Angus

    Jy antwoord nie vrae nie, so hier is 'n eenvoudige een. Enige rede waarom God nie deur evolusie kon geskep het nie?

    • Omdat evolusie nie 'n godsdiens (met die klem op: diens) is nie. Wie is die Skepper van die Skepper?

      Watse kwinkslae die "gelowige" net nie kan kwytraak om uit hul vasgeverfde hoekie te kom nie!

      • Kobus de Klerk

        God is die Skepper - waarom moet daar vir die skepper ook 'n skepper wees? Jy sien, dit is waar julle so struikel. Julle dink en redeneer in 'n sirkelgang met die bietjie wat julle fisies sien. God is die begin (al telkemale so weergee) en dus ook die oorspronklike Skepper. Dit is logies dat alles 'n begin sal hê - God die Skepper is daardie begin. Die begin - synde reeds die begin - kan nie ook 'n begin hê nie. Dit is so onlogies om anders te wil redeneer. Daarom is dit onlogies om te soek vir 'n skepper van die Skepper. Dit is eenvoudige logika en daar is niks om dit te weerlê nie.
        So, dit wat julle as agnostici as 'n strikvraag aan gelowiges beskou, is toe hoegenaamd nie vir die gelowige 'n strikvraag nie, maar wel vir die ongelowige, die agnostikus, omdat die agnostiese sirkelredenasie 'n denk-kassie is wat nie die logiese kan akkommodeer nie. Al wat jy nodig het, is om buite die beklemmende agnostiese denk-kassie te dink, 'n objektiewe, vrydenkende paradigmaskuif, maar het jy die moed daarvoor?

  • Andries Bisschoff

    As mens soos Angus glo dan is daar geen goed of kwaad nie, geen reg of verkeerd nie. "Goed " en "reg " ontstaan dan waar Angus beweer Kobus se "God " ontstaan- die mens se verstand. Seker daarom dat, soos ateïsme gegroei het, dat die belangrikheid van "menseregte " saamgaan met miljoene aborsies-goed en reg is by die agterdeur uit. Welkom in die "Brave new world "!

  • Beste Andries Bisschoff,
    Ek het nie gesê jy moet in my glo nie, nog minder het ek beweer dat daar nie reg of verkeerd is nie. Wat ek wel gesê het,is sonde is 'n Bybelse begrip; dus is dit net Christene wat sondig. Vir ateïste bestaan net reg of verkeerd. Reg, verkeerd, is begrippe wat ontstaan in die ontwikkelde, menslike brein.

    Aborsie het niks te make met ateïsme nie. Hier by ons in Durban is dit hoofsaaklik Christene, Hindu's en Voorvadergeestebeoefenaars wat dit bedryf.
    Groete,
    Angus

  • Beste FC Boot,
    Natuurlik sal ek vrae beantwoord. Jy moet net vra.
    Die enigste rede waarom God nie evolusie kon skep nie, is: Daar is nie 'n God nie.
    'n Rede waarom dit nie geskep is nie: evolusie dui op gedurige verandering om aan te pas by omstandighede. "Skep" soos in die Bybel beteken SKEP, finish en klaar. So gemaak en so gelaat staan.

    Groete,
    Angus

    • Nee Angus man
      waar val jy nou uit? Daar is verskillende woorde met verskillende betekenisse, sommige kan dui op vorm of skep, ander om te doen of te maak- dit kan dus dui op of oombliklik of oor 'n lang tydperk.

      Hoekom antwoord jy vrae op die manier. Jy maak 'n stelling :'Daar is nie 'n God nie.'
      Moet ek nou op jou trant aangaan en vra :'Bewys dit.'.

      Nee dit is kinderagtig en benede die vlak van gesprek wat gehandhaaf behoort te word.

      Beantwoord nou asb. my vrae op so'n manier dat almal daarby baat kan vind.

      Groete.

  • Beste Kobus,
    Jy gorrel sommer maar niksseggende woorde.
    Spirituele intelligensie, sê jy loop hand aan hand met openbaring en uitleg deur die Heilige gees. Uit hierdie gehand-aan-hand-lopery kom gawes van die Heilige gees te voorskyn, wat nou deur die mens benut word. Watter uiterste twak!

    Dan beweer jy verder dat ek niks aan hierdie handjiesvashoulopery kan doen nie. Ek kan ook niks daaraan doen om te verhoed dat daar gawes van die Heilige gees te voorskyn kom nie, en ek kan nie keer dat die mens dit benut nie. Ek voel vere wie met wie handjiesvashou, en die gevolge van sulke handjiesvashouery!

    Die deurlees van die Bybel het darem een goeie ding opgelewer. Ek het gesien die Christenteologie kan eenvoudig nie die kloutjie by die oor bring nie. Dit maak eenvoudig net nie sin nie. 'n God wat kastig liefdevol is, maar moord pleeg en laat vermoor so ver as wat hy gaan, sy eie seun aan 'n stuk hout laat vasspyker om kastig die mensdom van sonde te bevry. As hy kastig so almagtig is, waarom nie maar net sê: "aggalaim, maggalaim, julle sondes is vergewe" nie? Waarom al die drama?

    Jy weet julle is in 'n hoek, en nou probeer jy liewer die rolle omdraai. Die hele Christelike geloof is gebaseer op mites en fabels: 'n slang en bome wat praat, mense geskep uit grond en ribbebene. Nou kom jy met 'n flou beskuldiging: "Stories opmaak van mites en fabels waarmee jy die gelowige kan konfronteer"
    Natuurlik kamoefleer jy jou beskuldiging so effens, want jy kan nie doen wat ek jou gevra het nie.

    Jy het aanvanklik beweer die evolusieteorie is 'n mite en 'n fabel, en ek het jou gevra om enigiets van die evolusieteorie uit te wys wat berus op plante en diere wat soos mense optree. (dis tog die kenmerk van mites en fabels). Tot dusver swyg jy daaroor soos die graf.

    Jy het reg: die wêreld van die gelowige is deksels ver verwyderd van die ateïs s'n. Die gelowige leef in 'n wêreld van fantasie en verbeelding, waar sterk manne 1000 van die vyand met 'n eselskakebeen neervel, waar towenaars die see oopkloof met sy kierie en dooies weer lewendig gemaak word. Die ateïs lewe in hierdie wêreld en weier om hom oor te gee aan die daggafantasieë wat die gelowige op hom wil afdwing.

    Groete,
    Angus

    • Kobus de Klerk

      Angus, kyk na die aspekte waarvan jy niks weet nie (God, die Heilige Gees, Spirituele intelligensie, ens) en jou hantering daarvan. Dan wil jy verduidelikings hê wat jy kan verstaan daaromtrent...

      Maar daar is 'n probleem met jou. Daar waar daar begrip moet kan vorm vir die dinge en die verduidelikings van Spirituele aard, is daar by jou as ateis net 'n niks, 'n gapende lakune. Elke verduideliking, hoe gedetailleer ookal, val gewoon net daarin. Jou reaksies wys dit elke keer so duidelik uit.

      Deel dus daarmee. Weet dat jy teen prikkels skop wat jy nie eens weet waar dit vandaan kom nie. Doen iets daaraan (kan vir jou raad gee daaroor) of aanvaar dit. Jou geredetwis sal niks baat nie. Dit is afgehandel.

  • As aanhanger van die Pastafarianism en die FSM (him who boiled for our sins) is ek ook 'n groot aanhanger van die klassieke skeppingsverhaal van my geloof. Lees die ware verhaal van die Flying Spaghetti Monster hier: http://www.venganza.org/about/

  • Beste FC Boot,
    In die sin: God het die verskillende soorte geskep, beteken dit gemaak.
    Volgens die Bybel het God alles binne ses dae geskep, maw gemaak. Die verskillende soorte diere, plante en die mens het hy geskep, maw gemaak en so laat staan. Dit beteken soos hy hulle met die skepping gemaak het, so is hulle vandag nog. Hulle het nie verander nie en geen evolusie het plaasgevind nie. Die diere , plante, mense, insekte, goggas, reptiele wat jy vandag op die aarde kry, is presies dieselfde as toe God hulle geskep het, maw gemaak het. Daar het ook nie nuwe soorte bygekom nie, want die sewende dag het hy gerus.

    God bestaan wel. Hy is 'n karakter in 'n boek wat hulle die Bybel noem. Soos enige fiktiewe karakter in enige roman of novelle of kortverhaal of gedig, bestaan hy nie in hierdie wêreld nie.

    Groete, Angus

    • Nee Angus Man

      Jy skryf.
      "Volgens die Bybel het God alles binne ses dae geskep, maw gemaak"

      As dit so was sou dieselfde werkwoorde, dws aksiewoorde deurgaans gebruik word, maar dit is nie waar nie want soos ek voorheen geskryf het:
      "Daar is verskillende woorde met verskillende betekenisse, sommige kan dui op vorm of skep, ander om te doen of te maak- dit kan dus dui op of oombliklik of oor 'n lang tydperk."

      Die volgende stem in hoofsaak ooreen met dit:
      Dictionaries - Smith's Bible Dictionary - Creation.
      Creation. [N] [T] [E]

      (The creation of all things is ascribed in the Bible to God, and is the only reasonable account of the origin of the world. The method of creation is not stated in Genesis, and as far as the account there is concerned, each part of it may be, after the first acts of creation, by evolution, or by direct act of Gods will. The word create (bara) is used but three times in the first chapter of Genesis-- (1) as to the origin of matter; (2) as to the origin of life; (3) as to the origin of mans soul; and science has always failed to do any of these acts thus ascribed to God. All other things are said to be made . The order of creation as given in Genesis is in close harmony with the order as revealed by geology, and the account there given, so long before the records of the rocks were read or the truth discoverable by man, is one of the strongest proofs that the Bible was inspired by God. --Ed.)

      Groete

  • Sambok Viljoen

    Ek sekondeer Angus.
    Verder aanvaar ek net die biologiese wetenskappe soos wat dit aan universiteite gedoseer word. As hulle verkeerd is, dan moet ons onmiddellik alle hospitale en DNA laboratoria toemaak.

    • Nee Jy hoef nie. Dit Bybel is nie 'n wetenskapboek nie -dit gaan oor ' Wie' in teenstelling met die wetenskap oor ' hoe.'

  • Kobus de Klerk

    Aaaah, Sambok!! Teel hulle oorgangsoorte (jy weet, van seedier na landdier, van ape, hominiede na mens, ens. soos jou simpel darwinistiese tipe evolusieleer jou skynbaar wysmaak) daar by die hospitale en DNA laboratoriums waar jy vandaan kom, mmm? Vertel ons meer daarvan! As jy nie kan nie, is dit beter dat jy dink voor jy praat en dan liefs stilbly.

    Kyk, ons weet daar is talle ooreenkomste skelet- en ook genetiesgewyse tussen die verskillende soorte, maar vir die laaste miljoene jare sedert die laaste van julle 'oorgangsfossiele' na bewering dateer, is seedier steeds seedier en die aap steeds aap en die mens steeds mens, ten spyte van al die talle ooreenkomste. Dit is die klein verskilletjies wat die groot verskil maak en dit sal altyd so wees, want God het alles volgens 'n bloudruk geskape om fisies, met die genetiese kenmerke om daarby te pas, gemeenskaplike aardse biosfeer te deel en daarin te oorleef en selfs te floreer, soos ons mos sien en daarvoor het hulle gemeenskaplike hoedanighede mos nodig, nie waar nie? Maar tog ook met die permanente verskille ter wille van die diversiteit, soos die Woord sê daar sal wees en ons sien daar is.

    Jy sien, as mens bietjie buite die benouende evolusie-kassie dink, gaan die Lig vir jou op. Probeer gerus!

    • Kobus de Klerk

      Mensig, wat 'n ongefundeerde emosionele uitbarsting ... is dit die beste waartoe sommige ateïste in staat is? Hulle het vasgesteek by die kortstondige politieke vergrype van opportuniste wat net soos hulle en hul voorganger, Hitler, die religie van die tyd gegryp en misbruik het vir hul duistere politieke agendas, bykans vier eeue gelede. Geen vordering gemaak intussen nie.

      Hulle het nie eens die kennis of insig om te sien - die inhoud van die Bybel word immers deur hulle almal gulsig verslind - dat die praktyke lynreg is met die Evangelie van die HERE Jesus Christus en dus absoluut niks met HOM te make het nie. Hoe pateties. G'n wonder die mense in hul massas vind die agnostiese - veral ateïstiese - metode van doen so afstootlik nie.

    • Kobus de Klerk

      Hierdie is die tipiese voorbeeld van goedkoop, oningeligte, onkundige antagonistiese propaganda wat sommige ateïste aanwend. Hulle weet nie wat hulle hul voor inlaat nie ... Is dit die beste waartoe hul in staat is? Uiteraard sal geen regdenkende mens hom daaraan steur nie, terwyl dit veel sê van die desperate vlak waarop daar deur hulle 'geredeneer' word. Dalk doen hulle dit om mekaar te probeer motiveer ...

  • Wat is dit met die christene? Hulle moet alewig hul eie geskape godjie in ander se kele afdwing!
    Die belaglike konstruksie dat god altyd was en is is só kinderagtig dat dit behoef eintlik geen kommentaar. Dieselfde kan dan gesê word van die heelal – dit was en is altyd gewees.
    Die doodskoot vir selfs die mees geharde godvraat het gekom met Hubble se waarnemings van "deep space".

    • Kobus de Klerk

      Jy praat so omdat jy nie enigiets van God verstaan nie - duidelik so. Jy is so onkundig en afgestomp omtrent God dat jy nie eens, soos biljoene ander, weet van SY bestaan nie, ten spyte van al die getuienis. Hoe kan mens dus waarde heg aan jou opinie? Waarde heg aan ooglopende, diep onkunde? Nooit gesien nie.

      Terloops, die Woord laat Hom nie uit oor enige detail rakende die skepping van die heelal en hoe dit verloop nie - behalwe net dat God dit iewers in die verskiete verlede geskape het. Waar kom jy dus aan die bewerings van jy maak daaromtrent?

    • Neels(Husky)Visser

      Johann, dis 'n interessante stelling wat jy maak oor die "Hubble" teleskoop? Wat het die Hubble dan waargeneem, wat nie reeds jare gelede deur Radio-Astronomiese navorsing, in die diep-ruimte raakgesien is nie?

      Vriendelike groete.
      Husky

      • Hi Neels. Hubble was gerig op 'n donker gedeelte van ons waarneembare heelal en toe ontdek dat daar 'n verdere heelal is wat voorheen nie waargeneem is nie. Hubble is daarna uit diens gestel.

        Groetnis.

    • Kobus de Klerk

      Weet jy hoe groot die heelal is? Ken jy die begrensing daarvan? Is Hubble se teleskopie die beste wat jy kan opper omtrent die vasstelling van die antwoord op die vraag?

      Jy weet nie waarvan jy praat nie - jy weet self nie hoe groot die heelal is nie - jy weet net die bietjie wat mense met hulle karige toerusting kan sien (ons almal weet dit) en dan maak jy sulke ongefundeerde stellings? Waar in die Woord is daar 'n beskrywing van die begrensing van die heelal wat jy bewering daaromtrent kan substansieer?

      • Kyk Boet, ek het nie gesê Hubble het die grense van die heelal uitgewys nie! Jy lees my plasings soos jy jou bybeltjie lees.

        • Kobus de Klerk

          Nee wat 'boet', jy besef nie eens die implikasies van wat jy self kwytraak nie - jy maak die volgende stelling "Dieselfde kan dan gesê word van die heelal - dit was en is altyd gewees. Die doodskoot vir selfs die mees geharde godvraat het gekom met Hubble se waarnemings van 'deep space'."Hiermee insinueer jy dat die heelal nog altyd daar was en dat Hubble se teleskopie dit vir ons so bevestig. So, jy ken die heelal, doen jy, om dit te kan kwytraak? Dan 'ken' jy mos die grense van die heelal ook want Hubble se teleskopie - wat jy beskou as 'die dooskoot' (hoe absoluut belaglik) - is jou hulp daarmee.

          Dink voor jy sommer gorrel.

  • Ietsie waar omtrent ons skoner geslag:

    A woman is like a tea bag — you can't tell her how strong she is until you put her in hot water. — Eleanor Roosevelt.

  • Beste Kobus,
    AS jy beweer God is die skepper, die begin, dan mag agnostici jou so twyfel-twyfel glo of nie glo nie, maar vir die ateïs moet jy eers daardie god van jou bewys.
    Waarom moet daar 'n god wees wat die heelal begin het? Waarom moet die wind god se asem wees, en die donderweer god se stem? Dit is mos grotbewonerfilosofie. Dit wat jy nie kan verklaar nie, is die oplossing God. Dis nou tyd dat julle Christene wegbreek van daardie prehistoriese denkwyse. Ons leef nou in die 21ste eeu.
    Dit is wanneer jou denke gekluister is binne die God-kassie, dat jy nie verder kan dink as 6000 jaar nie. Dan bly mens 'n mens, seedier bly seedier en aap bly aap. Die evolusieleer dink in terme van biljoene jare en dan kan seedier 'n landdier word, en weer 'n seedier word. Soos jy tereg beweer, dan kan klein verskilletjies groot verskille maak. (Ai, Kobus, my Bra! So kopspeldjiegewys kry jy darem van die evolusiegif in! Ek moet net aanhou.) Eintlik is ek trots op jou. Jy verstaan uiteindelik iets soos bv, Artiodaktiel na Pakicetus na Ambulocetus na Dalanistes na Rodhocetus na Takracetus na Gaviocetus na Basileosaurus na Durodon na Mysticetus na Odontocetus. En siedaar! jy verstaan uiteindelik hoe landdier 'n seedier geword het. Dit is hoe die evolusie van die walvis lyk oor 'n periode van 50 miljoen jaar. Hierdie einste landdier se evolusiegeskiedenis het weer by die see begin. Dus: seedier na landdier na seedier. Natuurlik, as jy in 'n God-kassie is, mag jy nie verder kyk as wat Dominee en broer Ouderling jou toelaat nie.
    Groete,
    Angus

    • Kobus de Klerk

      Angus,
      Jou 21ste eeu filosofie maak van jou 'n persoon met 'n bekrompe, verstokte en bitter eng lewensuitkyk. Staak maar gerus om die 21ste eeu te besing ... net nog 'n eeu in vorige wat dit voorafgegaan het en jy en almal is net nog mense wat dink hulle eeu is die eeu van alle eeue. Niks nuut nie, niks dinamies nie. Reg oor die eeu heen was daar vordering op uitvindsel-gebied en het mense gedink hulle is iets besonders as gevolg daarvan, nes jy nou vandag doen.
      Ek sê juis dat die teorie van julle van oorgang van een soort na 'n ander snert is en dat daar veel beter verduidelikings vir die fisieke ooreenkomste is as die darwinistiese tipe evolusionêre benadering. Lyk my jy verstaan steeds nie wat ek sê nie. Jou biljoene jare hipotese is onbewese, kan nie bewys word nie en juis julle 'gap-filler'.
      Waarom moet God Homself laat bewys bo en behalwe die massas getuienis van SY werke (skepping) wat oor Hom getuig? God daarenteen, is nie deur jou of my of enigiemand kwantifiseerbaar of volledig peilbaar nie. Anders sou hy nie God wees nie, maar net nog 'n ikoon tussen baie. Dus God is te groot vir jou om in jou karige begripsvermoë in te pas – en dit is die rede waarom jy Hom probeer verwerp, want jy verwerp alles wat jy weet jy kan nie baasraak nie. Dit maak jou bang en kriewelrig. Om daardie sielkundige effek wat dit op jou het te probeer onderdruk, is dit vir jou baie makliker om eerder in ontkenning te leef – vandaar jou ateïsme. Uitgevang is jy, vir die soveelste maal.

  • Beste Kobus,
    By die lees wat jy hiebo geskryf het, kan ek nie agterkom wie jy daarvan beskuldig dat hy nie weet hoe groot die heelal is nie. Sê jy asseblief vir ons hoe groot dit is.

    Natuurlik is daar in die Bybel geskryf waar die grens is van die heelal. God het 'n gewelf gemaak of 'n firmament gemaak en in die firmament het hy ligte (die son, die maan en die sterre) geplaas. Volgens die Catholic Encyclopaedia het die antieke mens nog altyd hierdie skeiding as 'n soliede koepel gesien. Die Egiptenare het dit as 'n ysterkoepel gesien, terwyl die Babiloniërs gedink het dis van die hardste metaal gemaak wat daar is. Die Hebreeuse woord רָקִיעַ beteken iets wat uitgeklop (beaten or hammered out) is. Volgens die Vulgaat is dit van geelkoper (brass) gemaak. God het hierdie firmament gemaak om as skeiding tusen die boonste water en die onderste water te maak, dus moes dit iets soos 'n muur gewees het. (Moet my nou nie tot leuenaar maak nie, raas met die Ensiklopedie.)

    Jy vra waar in die Woord is daar 'n beskrywing van die begrensing van die heelal. Dit staan in Genesis 1.

    Groete,
    Angus

    • Kobus de Klerk

      Jy gorrel Angus. Jy interpreteer dinge maar soos dit vir jou sin maak - wat eintlik nie sin maak nie, want jy as ateïs het eenvoudig nie die vermoë om die Woord uit te lê nie. Die detail-redes daarvoor het ek al vir jou telkens mos uitgespel - die Woord is Spiritueel geïnspireer en saamgestel en jy beskik oor geen parate spiritualiteit nie en jy het ook nie die meegaande Spirituele intelligensie om enigiets daarvan uit te lê nie.

      • Beste Kobus,
        Spiritueel sê niks. Dis verbeeldingsvlugte. Jy verbeel jou net jy sien spoke. Die goed bestaan nie werklik nie.

        Ek is lugtig vir dinge wat sin maak sonder bewyse. Dit maak mos sin dat die wêreld plat is, nie waar nie? en dat die son, die maan en die sterre om die aarde draai, nie waar nie?

        Nee, sin maak, en gesonde verstand is nie genoegsame bewyse nie.

        Groete,
        Angus

  • Beste Kobus,
    Hitler was nie 'n ateïs nie inteendeel hy was 'n toegewyde Katoliek. Daar is bewyse voor in sy boek Mein Kampf en in die geskiedenis is daar bewyse van die nou band tussen hom en die pous. Onder andere het hy ook geglo dat hy die Jode moet uitroei omdat hulle Jesus vermoor het.

    Groete,
    Angus

    • Kobus de Klerk

      Wys jou hoe Hitler mense geflous het deur die religie te misbruik - as jy dit nie kan insien nie, verdien jy om geflous te word. Kyk, hy wou die Jode ekstermineer vanweë hul ekonomiese mag, maar het die ondersteuning van die ganse Duitse volk - religieuse volk - benodig en vandaar die propaganda wat die Katolieke kerk betrek het. Jy behoort te weet dat Hitler 'n propagandis by uitstek was en die Duitse volk vir jare met die propaganda betower tot tot op die rand van selfvernietiging.

  • Beste FC Boot,
    Skep en maak is nie presiese sinonieme nie, daarom bestaan albei woorde. Slegs van hulle betekenismomente kom ooreen, en daarom kan ons praat van gedeeltelike sinonimie. Gaan kyk in HAT en jy sal sien dat een van maak se betekenismomente is skep.
    Groete'
    Angus

  • Matthys Heyns
    1. Die Vryburger beweer in die Woord: Om uiting te gee aan die ware geluk en vreugde van Christen-wees, moet jy begin om iets te doen. Alle doelbewuste optrede begin by die verstand; om iets te doen, sal jy dus by jou gedagtes moet begin. Om die lendene te omgord, beteken juis om gereed te maak om oor te gaan tot aksie. Beplan jou lewe só dat jou hele dag se optrede sprekend is van die geluk wat jou lewe beheers. Dit behels dat jy die wet van God voor oë hou en jou dade daarvolgens rig. Asook om die Woord van die Here te bestudeer en sy wil ernstig te soek sodat jou wil daarmee in ooreenstemming gebring kan word. Nugterheid is die eerste vereiste. Dit beteken dat jy nie soos ’n dronk mens optree nie: nie onder die invloed van emosies of sondige begeertes nie, maar volkome in beheer van jouself. Dink gedurig aan die waarheid dat jy verlos is danksy die verdienste van Jesus Christus aan die kruis. En moenie aan die slaap raak nie, maar bly wakker en gefokus. So gaan jy nie so maklik dinge doen wat die vreugde wat jou lewe kenmerk, gaan bedreig nie. En dit alles kan in perspektief gehou word, deur te leef met die oog op die komende saligheid. Hoop op, dit wil sê, hunker na die dag wanneer die Here Jesus op die wolke kom en almal wat in Hom en sy verdienste glo, saam met Hom neem om die ewige saligheid laat beërwe. Jy kan elke dag uitbundig van geluk lewe, want jy weet mos van die reddende genade van God.
    2. Ek seg: Duisende Afrikaners kam kluite (verlaat hulle gemeentes) omrede die Christelike geloof nie ewige waarhede bevat nie. Die stroom duur onverpoosd voort want hulle besef maar al te goed die blind doek het geval en so ook die pennie. Hulle besef nou die Christendom is in wese a bedrogspul deur 'n gespuis kriminele in eie belang bedryf. Die sogenaamde verlosser/saligmaker (Jesus H. Christus) is ’n drie-in-een Griekse songod (nie mens nie) wat eers as die drie-in-een Babylonische songod (Tammuz) bekend was. By Nicea het keiser Konstantijn hierdie drie-in-een Babylonische songod (Tammuz) se naam na Jesus H. Christus verander en hierdie drie-in-een songod die universele drie-in-een songod van die Romeinse Rijk verklaar. Meeste volgelinge van die mislukte Joodse mashiach (Jehoshua) is gedurende die inkwisisie in die Donker eeue om die lewe gebring. Dit val op dat die meeste sogenaamde gelowige Afrikaners word om die bos gelei met citroen wat as vye deur die "kerk" te koop aangebied word om hulle aflate in die hande te kry. Quaere verum.

  • 'n Skrywe van Pieter v/d Merwe, dubbele teoloog en nou woonagtig in Kanada waar hy boer. Beide hy en sy broer is teoloë en het uitgewyk na Kanada weens politieke oorwegings. Hy is oorspronlik van Namibië. Toe hy my besoek het op Vleesbaai het ek en hy intensief die oorsprong van die christengeloof bespreek. Hy is 'n meester op hierdie gebied.
    Jirre Johann ... maar jy is darem vol bitter-bekkigheid vanaand!
    Lekker om weer iets van jou te kry en te hoor. Hoe gaan dit met jou André en Helga?
    By ons goed. Gaan more bietjie Playa del Carmen (Karibiese kus) toe vir 'n kort vakansie. Wanneer kom julle nou hier of in Namibië kuier?
    Groetnis
    Pieter
    Jammer ek kan nie nou meer breedvoerig reageer nie.
    Die bewyse dat Markus se slot reeds teen 400-450 CE deel van vele manuskripte was is onomstootlik. Sou die BBC of enige ander media die toevoeging so jonk as eers die 14 e eeu wou stel, is dit beslis verkeerd.
    Dit is nie korrek dat die Evangelie van Lukas niks rep of berig omtrent die hemelvaart nie. Sien 24:51
    'n Enkele opmerking omtrent die hemelvaart-berig is:
    Die eksplisiete diskrepansies wat bestaan tussen Lk 24 en Hand 1 sover dit die lokaliteit en tyd-van die hemelvaart aangaan. Lk. berig dit was vanaf Betanië die Sondag van sy opstanding terwyl Hand. berig dit was 40 dae NA sy opstanding en vanaf die Olyfberg. Die lokaliteit kan nog gedebatteer word (met Betanië aan die voet van die berg) maar die tydgleuf beslis nie.
    Dit word algemeen onder teoloë aanvaar dat dieselfde persoon wat die Evangelie van Lukas geskryf het ook Handelinge geskryf het. My gedagte is dat nav. die berigte wat oa hierbo vermeld word minstens sekere gedeeltes waarskynlik NIE van dieselfde persoon se hand afkomstig was nie. (Gegewe die diskrepansies en woordkeuses (die linguiste noem dit lekseem voorkeure) ) Dit maak die hek weereens wawyd oop tov. die outensiteit van die geskrifte en dan ook tov. duidelike latere toevoegsels, weglatings, veranderings en dergelike redaksionele veranderings. (So much vir mense wat beweer dit is die ... geopenbaarde/geïnspireerde woorde van 'n bonatuurlike God.)
    Ten slot. Daar is genoeg inherente tou binne die Bybel, geskrifte van dieselfde ouderdom, die godsdiens en die teologie om die historiese onjuisthede en/of wetenskaplike onmoontlikhede mee op te hang of dan minstens te verwurg sonder dat ons enigsins nodig het om akademies oneerlik of subjektief hoef te wees om ons punt te maak of ons argument hoef te rugsteun.
    Groetend
    Pieter

  • Lees en word wys.
    Johann, Thys en Jaco,
    Die stelling "...dat die laaste paar verse van Markus in die 14e eeu ingeskryf is! " ... is nie korrek nie.
    Dit is wel so dat die meerderheid en mees gesaghebbendste en kontemporêre Tekskritiese kundiges (oa Metzger en Ehrman) dit eens is dat Markus se slot (16:9-20) 'n "latere" toevoeging is.
    Hierdie spesifieke teks-(manuskrip)-gedeelte is 'n tekskritiese skatkis vir navorsers in die tekskritiek (of dan van antieke manuskripte) soos die Rising Star grot is vir paleo-antropoloë.
    Die Markus Evangelie se komposisie word algemeen aanvaar as rondom 70 CE. Van die oudste manuskripte (tekste) wat die toegevoegde (langer, korter vorme en ander woorde (logia) ) slot (v 9-20) bevat is kodekse Alexandrinus, Washingtonianus, Ephraemi Rescriptus, Bezae ... almal circa 400-450 CE. Dus minstens 'n duisend jaar voor 1400.
    Kodekse Sinaiticus en Vaticanus circa 350 en 315 CE (dus slegs 50-85 jaar ouer as bg.) bevat egter nie 16:9-20 nie.
    Twee sake behoort nog vermeld te word.
    Die kerkvaders Justinus (160 CE) en Tatianus (172 CE) vermeld dele van die slotgedeelte van Markus (9-20) in hulle skrywes wat daarop dui dat dit waarskynlik toe alreeds as deel van 'n bestaande manuskrip bekend was.
    'n Twaalfde eeuse teks genaamd 304 bevat egter weer nie 9-20 nie en dit illustreer die panorama van tekskritiese heugenis waarmee navorsers te make het.
    Ten slot. Dit is nie net Markus se slot wat duidelik 'n latere toevoeging/verandering tot die "oorspronklike" manuskrip was nie maar dit is ook waar tov. vele ander gedeeltes van die Bybel. Die Comma Johanneum (1 Joh 5:7 vv), Mt 16:2, Lk 22:43 Jh 7:53 vv en Jh 21 is waarskynlik die mees ander bekendstes.
    Thys jou stelling dat die hele "hemelvaart" uitmekaar val sou Mk se slot buite rekening gelaat word is ewe aanvegbaar maar dit daar gelaat. Die science fiction van die hemelvaart is vanselfsprekend onhistories, onwetenskaplik en onmoontlik.
    Groetend
    Pieter van der Merwe

  • Wiskunde in die Woestyn en wat geloof aan rede doen.
    Een van die grootste wiskundige wonderwerke sentreer rondom Moses en die Israeliete.
    In die woestyn moes die Israeliete kos kry, en hoe voed jy 3.5 miljoen mense?
    Volgens die Kwartiermeester-Generaal van die Amerikaanse weermag het Moses omtrent 1500 ton kos daagliks nodig gehad.
    'n 6km lange goederetrein sou nodig wees om die kos te vervoer.
    Die kos moes gaargemaak word met houtvure en jy moet onthou, hulle was in die woestyn.
    4000 Ton hout sou nodig wees per dag en weer 'n paar goedere treine, elk amper 2 km lank, om die hout te vervoer.
    Om te dink, hulle het 40 jaar in die woestyn getrek.
    Wat van water?
    Net genoeg vir drink en 'n bietjie opwas, sou hulle 50 miljoen liter elke dag nodig gehad het, en 'n goederetrein met tenkwaens, omtrent 19km lank, sou nodig wees om water te bring.
    Daar was net 'n paar putte in die woestyn.
    HOE het hulle genoeg water gekry?
    Nog 'n ding! Hulle moes oor die rooi see in een nag!
    As hulle met 'n nou paadjie, twee-twee, sou loop, sou die lyn 1280km lank wees en sou dit 35 dae en nagte neem om deur te gaan.
    So daar moes 'n pad deur die rooi see gewees het van amper 5 km breed sodat 5000 mense langs mekaar kon stap om in een nag deur te loop.
    Nog 'n probleem, elke nag moes gekamp word.
    'n Kampterrein van 1200 vk km was nodig, dit is 40 kilometer breed en 48 kilometer lank.
    Dink jy Moses het dit alles haarfyn uitgewerk voor die trek?
    Nee, hy was net 'n gewone man met 'n onwrikbare geloof in God.
    God sou sorg vir alles.
    Kom skep moed, jy met al jou probleme.
    Raai wat? Ons dien dieselfde God! Hy het nog NOOIT verander nie, en as Hy al Moses se probleme kon oplos, sal Hy joune ook oplos. AL wat ons nodig het, is 'n onwrikbare geloof in God.‎

  • Beste Angus
    Van wanneer af is HAT die beste bron om betekenis aan twee woorde te gee wat 'n totaal ander betekenis in die oorspronklike taal het. Afrikaans is net te 'arm' om die oorspronklike betekenis weer te gee.

  • Beste FC Boot,
    Ek het nie beweer die HAT is 'n etimologiese woordeboek nie. Wat jy nie alles uit jou duim suig nie! Die HAT is 'n verklarende woordeboek. Dit gee die teenwoordige gebruik van woorde. Dis die werk van die vertalers van 'n boek soos die Bybel om woorde te gebruik wat so na as moontlik kom aan die oorspronklike. Deur vertaling gaan egter baie betekenis verlore.

    Jy het beweer dat die Afrikaanse woord "skep" soos hy nou vandag in Suid-Afrika gebruik word verskil in betekenis van die Afrikaanse woord "maak" soos hy nou vandag in Suid-Afrika gebruik word. En ek het vir jou gewys daarop dat een van hulle betekenismomente ooreenstem. As bewys het ek verwys na die verklarende woordeboek, die HAT, se woorde.
    Groete,
    Angus

    • Beste Angus
      Van wanneer af gaan dit nou oor wat die woorde nou beteken? Dit gaan mos daaroor wat die woorde beteken het binne die mense se kultuur, wetenskap, geskiedenis en denkvermoë wat dit op skrif gestel het.
      Dit gaan dus daaroor en nie wat ons dink of reken dit moet beteken nie. Die moeilikste taak wat ek dink enige vertaler het is om die gedagtegange van mense (ou testament tot 3500 jaar gelede - nuwe testament 2000 jaar gelede) presies gesien, beleef het ens) te vertaal en dit dan in 'n hedendaagse taal op skrif te stel.
      Wat ons weet is dat mites soos gelykenisse belangrike leermetodes was. Wanneer
      mense dus skeppingsverhale neerskryf in die Babiloniese ballingskap gebruik hul goed uit hul omgewing. God die Skepper is soos die koning wat lafenis in sy tuin soek en kyk hoe die werkers sy opdragte uitgevoer het.
      Tuine was dikwels beskermde gebiede - bewaak deur wagte en omring deur mure en veilige plekke beskerm teen indringers wat hul oog het op die voordele wat so 'n tuin bied. Jy kan vrugte pluk sonder dat jy die bome geplant het.
      So het ek en ander stilletjies ons tuisgemaak in die vrugteboord van ons buurman se kleinhoewe (plot) aangrensend en ons trommeldik gevreet aan die heerlikste perskes. Totdat hy eendag losgetrek het met 'n haelgeweer, so dink ek, en ons laat spaander het.
      So maak die Bybelskrywers 'n vergelyking. God maak 'n mens in 'n onbeskermde gebied en plaas hom in 'n beskermde gebied met mak en wilde diere.
      Maak jy droog in die koning se tuin ,word jy 'gefire' en bevind jy jouself spoedig weer in die gehuggie waaruit jy jou oorsprong het en is blootgestel aan diewe en rowers, want die wêreld was die tyd netso onveilig soos die huidige Suid-Afrika.
      Laat dit met jou goed gaan.

  • Beste Kobus,
    Jy beweer dat Hitler 'n ateïs was.

    Lees hierdie aanhaling: "Hence today I believe that I am acting in accordance with the will of the Almighty Creator: 'by defending myself against the Jew, I am fighting for the work of the Lord.'
    -Adolf Hitler (Mein Kampf)"

    Groete,
    Angus

    • Kobus de Klerk

      Angus, wat se sin het dit dat jy enkelsinnetjies aanhaal wat die indruk sou skep dat Hitler 'n gelowige sou wees? Hoe anders kon hy die mense mislei? Maar sy Goddelose gruweldade asook sy agter die skerms gesprekke en uitlatings, waar sy ware kleure as ateïs ontbloot is.
      In die boek Hitler's Table Talk (Adolf Hitler, London, Weidenfeld & Nicholson, 1953), ’n rekord van Hitler se sekretaris, oor Hitler se private gesprekke, staan daar onder andere die volgende:
      “National Socialism (Hitler se politieke ideologie en pseudo vorm van kommunisme, die destydse ateïs se verkose politieke ideologie weens die despotiese mag wat dit verleen) and religion cannot exist together....
      The heaviest blow that ever struck humanity was the coming of Christianity. Bolshevism is Christianity's illegitimate child. Both are inventions of the Jew. The deliberate lie in the matter of religion was introduced into the world by Christianity....
      Let it not be said that Christianity brought man the life of the soul, for that evolution was in the natural order of things” (p 6 & 7).
      "Christianity is a rebellion against natural law, a protest against nature. Taken to its logical extreme, Christianity would mean the systematic cultivation of the human failure.” (p 43).
      "It would always be disagreeable for me to go down to posterity as a man who made concessions in this field. I realize that man, in his imperfection, can commit innumerable errors-- but to devote myself deliberately to errors, that is something I cannot do. I shall never come personally to terms with the Christian lie." (p 278).
      G'n wonder jy het so 'n bekoring vir Hitler nie ...
      Adolf Hitler en almal saam met hom, se verwydering en distansiëring van die Goddelike beginsels van die Christendom, die enigste ware Godsdiens, het hulle almal uiteindelik álles gekos …
      Die aanmerking wat Hitler maak ten aansien van die verband tussen die Christendom en die Jodedom, en die ooglopende haat wat Hitler vir alles wat Joods was, gehad het, maak op sigself van die suggestie dat Hitler 'n Christen was, 'n bespotlike suggestie.

  • Beste Kobus,
    Jy maak 'n fout deur te beweer dat ek God nie kan baasraak nie. Ek het hom lankal baasgeraak. Ek weet presies wie en wat hy is, en wie hom gemaak het.
    Oorspronklik is hy deur bevreesde grotbewoners gemaak. Hulle het bang in die donker lê en wag op die opkoms van die son, hulle redder. Die son is dus god. Alles wat die grotbewoner nie verstaan het nie het hy toegeskryf aan god. Die wind? Dis god se asem. Die donderslag? Dis god se stem.
    Later het die god nogal gesofistikeerd geraak. Hy het twaalf dissipels bygekry: die twaalf sterrebeelde wat nogals kan voorspel wie en wat jy is; hang af onder watter een jy gebore is.
    Mettertyd is hierdie stories geskryf, en siedaar! die Bybel. God is die hoofkarakter van hierdie boek, 'n fiktiewe karakter.
    Jy kla nog steeds dat die evolusieteorie "onbewese" is. Die werk van die teorie is nie om hom te bewys nie, maar elke dag se navorsing bewys tog dat die evolusieteorie 'n voldonge feit is. Die hele wetenskap gebruik dit as werkswyse (meestal natuurlik onbewus).
    Niks in die Bybel is bewys nie, behalwe die historiese milieu wat slim deur die skrywers gebruik is. As jy nie kan bewys dat daar 'n god is nie, hoe weet jy hy is daar? Dis alleenlik jou verbeelding wat so sê, nie waar nie?
    As jy beweer dat God nie bewys hoef te word nie dan kan ek dieselfde van die evolusieteorie sê. Al verskil is, die evolusieteorie is alreeds oor en oor bewys. Jou god is nog onbewese.
    Groete,
    Angus

    • Kobus de Klerk

      Jy gorrel onophoudelik. Waar kom jy aan die goed wat jy kwytraak oor die sogenaamde 'grotbewoners'? Het jy hulle geskiedenis nagevors? Waar is hulle bronne opgeteken wat jy kon raadpleeg. Watter absolute snert. Maar so gaan jy aan met sulke snert en later glo jy jouself.

      Wat weet jy van God se Stem en hoe dit klink? Hoe sou dit klink vir iemand wat almagtige God se stem gehoor het wanneer HY met hoorbare stem gepraat het? Dit is immers verduidelik deur mense wie God se Stem gehoor het.

      God kommunikeer nie meer op daardie wyse met mense nie. Sedert die HERE Jesus Christus - geïnkarneerde Woord van God - se bediening op aarde en die uitstorting van die Heilige Gees, kommunikeer God via SY Woord en die Heilige Gees. Maar daarvan sal jy as ateïs absoluut niks begryp nie.

  • Beste Kobus,
    Net omdat ek sê Hitler was ʼn Christen, nou vertolk jy dit as sou ek ʼn groot bekoring vir hom het. Vir my is ʼn Christen ʼn geslepe persoon en boonop ly hy aan hallusinasies. Ek sal dus nie verbaas wees as Hitler net vir die skyn van eerlikheid en opregtheid voorgegee het hy is Christen nie. As iemand soos hy voorgee hy is ʼn Christen, dan weet ek sommer hy is skynheilig.
    Jou aanhaling bewys nie dat Hitler ʼn ateïs was nie. Dit is maar bespiegeling en nie wat sy eie mening was nie. My aanhaling kom direk van Hitler af in sy boek Mein Kampf. Daar is ʼn verskil.
    Lees weer mooi. Ek het nie gesê ek weet hoe god se stem klink nie. Ek het gesê die grotbewoners het gedink die donderweer is god se stem. Christene dink vandag nog so, en buitendien staan dit in die Bybel ook so opgeteken. In die Bybel praat god mos ook met so ʼn donderstem.
    Groete,
    Angus

  • Voordat ek die blog verlaat, net 'n woord van dank aan almal se deelnames, ook van die godvrate. Om hierdie sentiment van my te belig, die volgende verhaal ter illustrasie:
    Dit speel af in die Wilde Weste toe Indiane 'n koets wou stop voordat dit die naaste dorp bereik.
    Terwyl die koetsier sy perde aanjaag om hul beste te gee vra hy telkemale vir sy mede-koetsier: Hoe ver is hulle (Indiane) nou? Kom die antwoord: Hulle is nou so groot en dui 3cm tussen wysvinger en duim aan. Dan gaan ons die dorp betyds haal sê die koetsier. Hy klap sy sweep en moedig die perde aan om vinniger te hardloop. Hoe ver is hulle nou? vra die koetsier later. Hulle is nou so groot en dui ongeveer 'n halwe meter aan. Dan is ons nog veilig sê die koetsier en hits sy perde aan. Nog later vra hy hoe ver is hulle nou? Hulle is nou so groot sê hy met groot oë en dui met sy arms 'n meter en 'n half aan. Maar skiet die donders roep die koetsier benoud uit! Nog nooit kom die antwoord – ek ken hulle al vandat hulle só groot is en dui 3cm hoog aan.
    Dus, hoop ek die godvrate het darem iets "gegroei" in hul primitiewe geloofsoortuigings.
    Tot wederom!
    Johann

  • Kobus,
    Ek sien jy het dit kastig teen die enkel sin uit Hitler se Mein Kampf.

    As iemand sou sê: "Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde," sou jy dan nog vir hom sê dat enkelsinnetjies geen bewys is dat hy nie 'n ateïs is nie?

    Groete,
    Angus

    • Kobus de Klerk

      As jy 'n Hitler was met 'n uitgebreide indoktrinasie- en propaganda-veldtog soos hy wel gehad het, en jy wou duisende gelowige mense mislei om jou te ondersteun, sou jy as ateïs - nes Hitler - nie geskroom het om dit kwyt te raak nie. 'n Ateïs heg mos absoluut geen Spirituele waarde aan daardie woorde nie, jy weet mos self ...

      • Beste Kobus,
        As jy 'n Christen is, maak jy ook maar vroom praatjies sodat jy almal kan mislei.'n Christen kruip mos maar weg agter die Bybel, sy skynheiligheid en sy spirituele intelligensie ...
        Groete,
        Angus

        • Kobus de Klerk

          Power poging Angus. Maar natuurlik sal jy as ateïs nie kan agterkom wanneer iemand anders werklik Christen is of nie. Vir jou maak niks daarvan sin nie, die dat jy so maklik deur die Hitler-tipes geflous word.
          Kortom, 'n Christen word aan sy werke en die vrugte daarvan geken, al is hy nie perfek nie - dit skrei skril teen die liefdelose werke en vrugte van die Hitlers van hierdie lewe. Maar ek dink nie jy sal die verskil agterkom nie - jy het nie die insig nie - en daarvoor benodig jy ten minste Spirituele intelligensie. Hoe sê Jakobus, die apostel? Geloof sonder werke is dood. Woorde is leeg of selfs gevaarlik in die afwesigheid van liefdeswerke wat dit onderskraag.

  • Beste FC Boot,
    So met die vinnige terugblaai, merk ek dat jy vra of daar enige rede is waarom God nie deur evolusie geskep het nie. (Jammer ek het dit nie raakgesien nie.)

    Natuurlik is daar 'n rede. Die ou Bybelvertaling sê elke dier is na sy soort geskape. Die nuwe vertaling sê elke dier is na sy aard geskape: die wilde diere, sowel as die mak diere. Die evolusieleer weerspreek dit, en daarom is die Christen hewig gekant daarteen en beveg hierdie teorie hand en tand.

    Groete,
    Angus

    • Kobus de Klerk

      Natuurlik staan daar in die Woord hoe God geskape het, al is dit nie in detail nie. Dit wys op die aard en orde van die skepping.
      Vir die eerste keer sê hierdie ateïs, Angus, ook iets wat die sogenaamde 'gelowige' Boot oor sy eie veronderstelde geloof behoort leersaam te vind. Nou is daar al twee ateïste op hierdie forum wat daardie 'gelowige' Boot iets leer omtrent sy veronderstelde 'geloof', naamlik, hoe dit veronderstel is om te wees.
      Skandelik as ateïste jou al moet wys op wat jy behoort te glo as gelowige ... skandelik.

      • De Klerk
        Wanneer gaan jy ophou op mense te mislei met jou kastige spiritualisme? Jy het vasgeval in die tyd toe mense veroordeel is wat bevind het dat die aarde nie die middelpunt is nie.
        Jy bly vashaak by 'n kitsskepping en weier om toe te laat dat 'n tydlose Skepper daaruit ontsnap. As jy saamstem met wat ateïste oor die Bybel sê is jy die grootste geloofskwaksalwer op hierdie forum en sal dan ook eendag moet rekenskap gee waarom jy lesers van die wal af in die sloot gehelp het.
        Word wakker!

  • Beste Angus
    Jy is verkeerd
    Jy kan nie die Bybel gebruik om die evolusieteorie as onwaar te bewys nie. Dit gaan nooit in die skeppingsverhale oor die HOE nie maar wel oor die WIE.
    Dit is die WIE ,wat die proses aan die gang gesit het waarvan jy en alle ander 'n gevolg of sê maar produk van is, wat jy verwerp wat die OORSAAK waardeur alles tot stand gekom het.
    Gaan lees maar gerus die persverklaring wat die RK-kerk reeds in 2004 vrygestel het.
    Jy raak al meer soos 'n vasgekeerde kat wat benoude spronge maak omdat die aanvaarding van die evolusieteorie as die bes moontlike verklaring vir die ontstaan van verskillende spesies, 'n belangrike wapen en argument uit jou hande ruk en kaal laat staan.
    Groete

  • Beste FC Boot,
    Natuurlik kan die Bybel nie die evolusieteorie onwaar bewys nie, ek stem saam. Moet dit egter nie vir die Christen Kreasioniste sê nie. Vir jare al probeer hulle naarstiglik om die evolusieteorie af te kraak, want dit bots met die skeppingsverhaal in die Bybel. Lees Michael Denton se boek Evolution: A Theory in Crisis wat die Kreasionis se tweede Bybel is.

    Dit is eenvoudig onwetenskaplik om sommer net te sê WIE die proses aan die gang gesit het sonder bewyse. Ek verwerp nie die OORSAAK nie, ek vra net bewyse daarvoor. 'n Mens kan nie sommer net aanvaar en glo nie, dis onwetenskaplik. Daar moet bewyse voor wees voordat iets aanvaar word.

    Ek dink die vasgekeerde kat-storie is op jou van toepassing. Die evolusieteorie is nie sommer maar net sonder bewyse aanvaar nie. Alle navorsing tot dusver bewys dat dit plaasgevind het, en voor ons oë nog plaasvind. Dit is die werkswyse van die wetenskap. Die wetenskap gebruik nie meer die Bybel as werkswyse nie. Dit beantwoord nie aan die doel nie.

    So terloops, dit baat jou nie om my sleg te sê en uit te maak as onnosel nie. Dit doen net afbreek aan jou argumente.
    Groete,
    Angus

    • Kobus de Klerk

      Dit is nie net die sogenaamde 'kreasioniste' wat sê dat die darwinistiese tipe evolusieteorie ongegrond is nie - alle ware gelowiges sê en weet dit (Boot is nie een nie, hy vertoon veel eerder die duidelike simptome van 'n agnostikus wat noodwendig tot die besef gekom het van God se bestaan, maar op sy eie terme, vandaar dat hy die Woord so minagtend behandel en het hy dus dikwels meer in gemeen met die ander ongelowiges as met ware gelowiges).
      Wat beweerde bewyse van die darwinistiese evolusieteorie aanbetref, is dit nie so nie. Wat julle as bewyse beskou, kan maklik weerlê word met die ander meer logiese en waarskynlike opsies, naamlik Goddelike skepping. Hierdie opsie word deur julle verwerp enkel en alleen op sterkte daarvan dat julle geen (wetenskaplike) metode ontwikkel het om vir die bestaan van die Goddelike skepping te toets nie. Die probleem lê dus vierkantig by julle gebrekkige wetenskaplike metodes en nie by die Goddelike skepping-opsie nie. Julle beweerde bewyse is dus verkry op sterkte van besonder eensydige en onvolledige wetenskaplike metodes wat slegs kan toets vir die geringe en uiters beperkte spektrum van goedjies waarvoor julle wil hê dit moet 'n resultaat oplewer.
      Dit voldoen dus nie aan die vereistes van bewysmateriaal nie, omdat die logiese ander opsie en die vervangende effek wat daardie opsie het, geheel en al buite rekening gelaat word.
      Daarbenewens is daar immers direkte getuienis van die Skepper daarvan Self (in die Woord) wat nie geïgnoreer kan word nie. Om geldiglik te mag ignoreer, moet die antagonis kan bewys die Skepper bestaan nie om te kan skep nie. Om soos Angus, te probeer voorgee dat die Skepper slegs 'n mitologiese figuur in Bybelse literatuur is, is gewoon onwetenskaplik en verwerplik. Hierdie wilde nosie van die Angus-tipes word weerlê deur die feit dat honderde duisende indien nie miljoene ware gelowiges, persoonlik ervaring, in voeling en in kontak is met die Godheid, die Skepper, Wie Homself aan alle ware gelowiges openbaar. Agnostici, wat ateïste insluit, wat in die minuskule minderheid hier op aarde is, kan eenvoudig met sulke getuienis geldiglik verskil nie want hulle het eenvoudig geen Spirituele vermoëns wat ontwikkel genoeg is om die ervarings te kan deel nie. Daar is dus fout met hulle, nie met die biljoene mense wie in die Godheid glo nie. Nie net miljoene moderne, geleerde en gesofistikeerde mense nie, maar selfs ongeletterde, sogenaamde onontwikkelde mense soos oerwoudbewoners ens, is bewus van die Godheid want selfs hulle beleef SY inspirasie en dien Hom op hulle eie vreemde maniere – wat net weereens bewys hoe ingrypend sterk die Goddelike Spiritualiteit is en hoe uiters gebrekkig en onderontwikkeld die ateïs se spirituele vermoëns werklik is.
      Nou ja, die darwinistiese evolusieleer is juis die reuse 'gap-filler' vir hierdie Spirituele onvermoë want dit poog doelbewus om enigiets Goddelik uit te skakel, selfs tot op die punt van fabelagtige hipotese van 'n intelligensielose, ongerigte, beplanninglose lukrake skeppergod wat die evolusieproses dryf wat van toeval en toevallige mutasies gebruik maak om die mees komplekse en ingewikkelde resultate te bereik – dit vat talle geleerde wetenskaplikes kollektief met peperduur toerusting jare der jare om selfs die eenvoudige te probeer reproduseer of simuleer - en dan presies weet wanneer om op te hou wanneer als goed werk. Meer belaglik en onwetenskaplike kry mens beswaarlik.

  • Beste Angus
    Slegsê Angus, is iets waarin sommige ateïste floreer. Een het op 'n tyd selfs hom daarop beroem dat daar 'n tyd op LitNet was waar jy Christene kon slegsê.
    Die Bybel is 'n geloofsboek en geloof is 'n vaste vertroue dat die beloftes vervat in die Bybel 'n werklikheid sal word.

  • My God het geen begin nie. Is daar wetenskaplike bewys dat lewe kan ontstaan sonder 'n bonatuurlike wonder? Sou dit nie die beste bewys ooit wees dat daar 'n God moet wees nie? Sien die dokumenter "one strange rock" wat nou op netflix te siene is oor hoe ongelooflik spesiaal die aarde is.

  • Beste Barend
    Jy het die kat aan die stert beet en slinger die arme dier in 'n klein vertrekkie rond, waar jy dit gaan doodslaan.

    Abiogenese is 'n teorie (voorlopige verklaring) oor die onstaan van lewe.
    Biogenese is 'n teorie van, lewe uit lewe-sel uit sel.
    Evolusie die ontwikkelling van lewe van een vorm tot 'n ander met natuurlike seksie en omgewingsfaktore as dryfvere.

    Die genesisverhale handel nie oor dit nie-dit gaan oor WIE dit prosesse aan die gang gesit het.Iets wat ewig is het geen begin of einde.Wat die Bybel leer is dat
    daar 'n OORSAAK moet wees wat altyd in 'n oneindigheid bestaan het.

    Omdat ons mense is -'n produk van die prosesse-reken of dink ons dat die WIE ook menslik moet wees. Die Bybel leer ons dat dit verkeerd is-want niemand kan dit aanskou en bly lewe nie.

    Sien dit so, die dag wanneer 'n selfoon-tablet-rekenenaar- begin vertel hoe 'n gemors ons van dit gemaak het en nie weet wat ons doen nie, gryp ek my voorhamer en bliksem dit stukkend.

    Gelukkig het ons 'WIE' en dit leer ons uit die Bybel 'n bietjie meer geduld met ons en kry ons deur Christus-(wat Angus sê nie bestaan het nie) 'n tweede kans.

  • Beste Barend'
    Webvoet het my versoek om die sin:'Evolusie die ontwikkelling van lewe van een vorm tot 'n ander met natuurlike seksie en omgewingsfaktore as dryfvere.'
    te wysig om te lees:

    "Evolusie die ontwikkelling van lewe van een vorm tot 'n ander met natuurlike seleksie en omgewingsfaktore as dryfvere" nie raak gesien of van die hand gewys..

  • Barend van der Merwe

    Ek is moeg vir die Bybel. God se boek wat net chaos saai. Interessant die nie-letterlike interpretasie van een deel van die Christendom van die Bybel. Dit beteken dus Jesus is dood weens 'n simboliese "sondeval"...

  • Barend, God het tyd geskape. Ons kan net dink itv tyd. God het nie begin lewe nie. Hy was daar voordat tyd daar was. Moenie probeer om als te verstaan nie, dit gaan jou laat struikel. Ons hoef mos nie als te verstaan nie. Eendag in die hemel sal ons als verstaan. Bid tot God en vra of hy jou geloof sal skenk

  • Beste Barend

    Jy kan nie noual moeg raak nie, die chaos is ‘n verwarring in jou en ander se verstand en dit lei tot chaos in die wêreld.Ongelukkig vir ons werk ons breine dag en nag soms meer ander tye minder –as dit nie meer werk nie,is ons dood.

    Nee Barend Christus het nie vir simboliese sondeval gesterf nie.Christus het gesterf omdat die mens vanweë sy natuur in Die Heidelbergse Kategismus taal nie tot die volgende instaat is:

    Vraag 4: Wat eis die wet van God van ons?
    Antwoord: Dit leer Christus ons samevattend in Matteus 22:37-40: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelyk staan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete (a).
    (a)Deut 6:5; Lev 19:18; Mark 12:30; Luk 10:27
    Vraag 5: Kan jy dit alles ten volle nakom?
    Antwoord: Nee (a), want ek is van nature geneig om God en my naaste te haat (b).
    (a)Rom 3:10, 20, 23;1 Joh 1:8, 10. (b) Rom 8:7; 2:3; Tit 3:3; Gen 6:5; 8:21; Jer 17:9; Rom 7:23. "

    Hierdie natuur waarvan gepraat word hou nou verband met ons biologiese oorsprong en ontwikkeling tot wat ons vandag is.In die verband het die Rooms Katolieke kerk op 10 Augustus 2004 soos volg verklaar:

    "Concerning biological evolution, the Church does not have an official position on whether various life forms developed over the course of time. However, it says that, if they did develop, then they did so under the impetus and guidance of God, and their ultimate creation must be ascribed to him.

    Concerning human evolution, the Church has a more definite teaching. It allows for the possibility that man’s body developed from previous biological forms, under God’s guidance, but it insists on the special creation of his soul. Pope Pius XII declared that “the teaching authority of the Church does not forbid that, in conformity with the present state of human sciences and sacred theology, research and discussions . . . take place with regard to the doctrine of evolution, in as far as it inquires into the origin of the human body as coming from pre-existent and living matter—[but] the Catholic faith obliges us to hold that souls are immediately created by God” (Pius XII, Humani Generis 36). So whether the human body was specially created or developed, we are required to hold as a matter of Catholic faith that the human soul is specially created; it did not evolve, and it is not inherited from our parents, as our bodies are."

    Dit het natuurlik gelei tot die gesegde ‘Buig die boompie as hy nog jonk is’ en spaar die roede nie.

    Ons lewe vandag in een van misdadigste samelewings in die wêreld. Suid Afrika word derde gelys op https://www.numbeo.com/crime/rankings_by_country.jsp?title=2020&displayColumn=0

    Moorde onder vorige regering 7 000 per jaar,tans so hoog as 21 000.
    Iemand sal seker eendag ‘n studie doen oor die faktore wat daartoe bygedra het.Persoonlik dink ek die regering se slapgat houding teenoor misdaad, korrupsie,afskaffing van lyfstraf en moontlik afwatering van godsdiens in skole ‘n bydraende rol kon gespeel het.

    Wat dit ook al is misdaad in watter vorm ookal ontstaan in die mens se gedagtes en dra omgewingsfaktore by tot die oorgaan van die daad.Dit is waarom Jesus sê die ‘Denker is netso skuldig soos die dader’.

    Sterkte en moenie nou al tou opgooi nie.

  • Daar is dinge wat ons brein nooit sal verstaan nie. Hoe kan daar nie 'n einde aan die heelal wees nie? Waar kom materie vandaan? Wetenskaplikes reken hulle gaan oor 10 jaar dit regkry om lewe te skep in self vervaardigde selle. Ek twyfel. Ag Here, skenk geloof aan Barend. Hy wil nie bid nie, so ek bid namens hom. Amen.

  • Beste Barend
    Jy sal teen die tyd opgemerk het,dat ek afgewyk het van die normale patroon van dinge gewoonlik gedoen word. Hipoteses kom uit die Grieke en is voorlopige veronderstellings terwyl teorie in die wetenskap 'n verduideliking van dinge is ondersteun deur data.

    Teorieë kan egter soos nuwe data na vore kom verwerp of aanvaar word, of nuwe teorieë gevorm word alhoewel die basiese data dieselfde kan bly.

  • Beste FC Boot,
    Ek wou jou skrywes hier al beantwoord het, maar dis so 'n gegorrel dat g'n mens kan verstaan wat jy nou eintlik wil sê nie. Ek skommel hulle rond en dan lyk dit vir my daar kom so vae gedagtetjie by party deur. Al wat sin maak is die aanhalings uit die Bybel en ander bronne. Kom ek help jou so bietjie.
    Abiogenese is nie 'n teorie nie. Dit is die wetenskaplike naam vir die "oorsprong van lewe". Hiervoor is daar natuurlik heelwat hipoteses.
    Evolusie is 'n teorie, want dit is bewysbaar. Evolusie is die verandering van organismes se oorerfbare eienskappe. Natuurlike seleksie en mutasie is die dryfvere daarvan.
    Die res van jou skrywe kan ek nie ontleed nie, behalwe aan die einde lyk dit my of jy my naam ydellik gebruik. Nêrens het ek ooit beweer dat Christus nie bestaan nie. Hy bestaan duidelik en lewensgroot as karakter in die Nuwe Testament. Hierdie karakter kan selfs miskien gebaseer wees op 'n werklike persoon wat in die verlede geleef het, maar daarvoor is daar geen bewys nie.
    Vra jou vrou om jou met jou taal te help sodat jou wyshede verstaanbaar is.

  • Beste Angus
    Wat se twak praat jy nou.'n Hipotese is 'n voorlopige verklaring waaruit deur herhaaldelike toetsing wat elke keer dieselfde resultate oplewer 'n teorie gevorm word.
    Om iets 'n wetenskaplike naam te gee,maak dit nie 'n teorie nie.Hier is die erkende
    definisie van biologiese evolusie.(met erkenning aan
    University of California, Berkeley

    An introduction to evolution
    Short-term change w/o inheritance Long-term change w/o inheritance
    Leaves on trees change color and fall over several weeks. Mountain ranges erode over millions of years.
    Short-term change w/ inheritance Long-term change w/ inheritance
    A genealogy illustrates change with inheritance over a small number of years. Over a large number of years, evolution produces tremendous diversity in forms of life.
    The definition
    "Biological evolution, simply put, is descent with modification. This definition encompasses small-scale evolution (changes in gene — or more precisely and technically, allele — frequency in a population from one generation to the next) and large-scale evolution (the descent of different species from a common ancestor over many generations). Evolution helps us to understand the history of life.
    The explanation
    Biological evolution is not simply a matter of change over time. Lots of things change over time: trees lose their leaves, mountain ranges rise and erode, but they aren't examples of biological evolution because they don't involve descent through genetic inheritance.
    The central idea of biological evolution is that all life on Earth shares a common ancestor, just as you and your cousins share a common grandmother.
    Through the process of descent with modification, the common ancestor of life on Earth gave rise to the fantastic diversity that we see documented in the fossil record and around us today. Evolution means that we're all distant cousins: humans and oak trees, hummingbirds and whales."
    Hier is die meganismes:
    Mechanisms: the processes of evolution
    Evolution is the process by which modern organisms have descended from ancient ancestors. Evolution is responsible for both the remarkable similarities we see across all life and the amazing diversity of that life — but exactly how does it work?
    Fundamental to the process is genetic variation upon which selective forces can act in order for evolution to occur. This section examines the mechanisms of evolution focusing on:
    Descent and the genetic differences that are heritable and passed on to the next generation;
    Mutation, migration (gene flow), genetic drift, and natural selection as mechanisms of change;
    The importance of genetic variation;
    The random nature of genetic drift and the effects of a reduction in genetic variation;
    How variation, differential reproduction, and heredity result in evolution by natural selection; and
    How different species can affect each other's evolution through coevolution"
    Dit kan dus progressief en regressief wees en speel omgewingsfaktore 'n rol.
    Al wat jy moet rondskommel is jou verwarde gedagtes en dan sal wat ek skryf vir jou sin maak.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top