Valentynsdagkompetisie: Skryf ’n liefdesbrief aan ’n verlore of anonieme geliefde

  • 11

Smag jy na liefde? Bly jou soeke onbeantwoord? Gaan jy waarskynlik die komende Valentynsdag saam met jou kat voor die televisie deurbring? Vergeet van trane en stort eerder jou hart op papier uit!

Let wel: Hierdie kompetisie het reeds gesluit.

Valentynsdagkompetisie: Finaliste en wenner aangekondig

Skryf ’n brief aan ’n verlore of anonieme geliefde en kom in aanmerking om ’n boekpakkie met liefdesverhale te wen!

Reëls:

  • Slegs een inskrywing per persoon.
  • Jou inskrywing moet in die vorm van ’n brief wees (geen gedigte nie).
  • Oorspronklike titels word aangemoedig.
  • Die vyf beste briewe sal op LitNet gepubliseer word.
  • Deur in te skryf stem jy daartoe in dat jou inskrywing op LitNet en LitNet se sosialemediaplatforms gepubliseer mag word, alhoewel LitNet die reg voorbehou om nie alle inskrywings te publiseer nie.
  • Jou inskrywing moet jou eie oorspronklike werk wees en mag nog nie voorheen elders verskyn het nie, insluitend op sosiale media.
  • Jou inskrywing moet in Afrikaans wees.
  • Inskrywings mag nie 600 woorde oorskry nie.
  • Die beoordelaars se besluit is finaal en daar sal geen korrespondensie oor die uitslae gevoer word nie.
  • Die sluitingsdatum is 12 Februarie 2020.

Hoe om in te skryf:

Stuur ’n e-pos met die onderwerp “Liefdesbrief” na liefde@litnet.co.za wat die volgende bevat:

  • Jou naam en van
  • Jou posadres en telefoonnommer
  • Jou skryfstuk (in die e-pos self of in ’n afsonderlike Word-dokument aangeheg).

Prys

Die wenner sal ’n boekpakkie met die volgende boeke ontvang:

  • Keur 19 deur Ena Murray (Tafelberg, ISBN 9780624087953)
  • Ultrasatyn 3 deur Lucille du Toit en Elsa Winckler (Tafelberg, ISBN 9780624083559)
  • Satyn Omnibus 8 deur Ettie Bierman, Anita du Preez en Lizet Engelbrecht (Tafelberg, ISBN 9780624087038)
  • Tweede keur deur Helena Hugo (Tafelberg, ISBN 9780624087991)
  • Keur 5 deur Eleanor Baker as Christine le Roux (Human & Rousseau, ISBN 9780798177627)
  • Op liefde se drumpel deur Elza Rademeyer (Tafelberg, ISBN 9780624087106)
  • Operasie droomvrou deur Jade Mc Menamin (Tafelberg, ISBN 9780624085270)
  • Fransi en die filmster deur Anita du Preez (Tafelberg, ISBN 9780624087380)
  • Droomberig deur Luné Olivier (Tafelberg, ISBN 9780624086642)

Die boekpakkie is deur NB-Uitgewers geborg.

LitNet behou die reg voor om geen wenner aan te wys nie.

  • 11

Kommentaar

  • Ek gaan deelneem. Skryf gereeld aan my enigste liefde briefies. Briefies wat hy nie kan lees nie want hy is reeds by Liewe Jesus.

  • Doreen Keyser

    Gaan 'n ou enetjie uitgrawe wat ek lankal bêre - vir die spesiale, verlore liefde so baie geskryf, elke hap uit my hart in ink vir hom gegee...

  • Marietjie Warrington

    'n Goue en blink geleentheid om hulde te bring aan dit wat tussen die grys jare stil verdwyn het.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top